Goeiemôre,
Ek het verlede week, na 'n lank gewag my Nosler M48 375 Ruger gekry en 'n pak 250gr GS Customs HV gekoop om te toets.
Ek het nog nie voorheen GS Customs gelaai nie en die herlaai metode op hul webtuiste gevolg.
Ek het 2 rondtes gelaai om die gewenste spoed te kry (Tpl 84.02):
74gr S355 - 2671 / 2691
75gr S355 - 2705 / 2717
76gr S355 - 2777 / 2760
Ek besluit toe om die 76gr te laai met verskillende TPL'e soos voorgeskryf op GS Customs se webtuiste.
Terselfde tyd het ek Quickload gekalibreer met die bogenoemde spoed soos voorgeskryf deur oom Cassie se Quickload DVD.
Koeël: GS Custom 250gr
Dop: Hornady (Splinternuut)
Primer: Federal 215 (Large Rifle Magnum)
S355
Looplengte: 557mm
Dopvolume: 100,3gr
Doplengte: 2,570"
Koeël dravlak: 0.360"
Tpl: 84.02mm
Maks TPL is 86mm
Volgens my berekeninge op QL moet ek 75.1gr laai om op 'n node te wees en ek laai 3 rondtes so.
Resultate:
QL lading van 75.1gr (84mm TPL) 2751 / 2744 / 2746 - Groepering ongeveer 0.985"
76gr TPL 84mm: 2760 / 2782 / 2780 - Groepering ongeveer 0.855" ( Sien foto aangeheg - Beste groep van die lot)
76gr TPL 85mm: 2794 / 2804/ 2793 - Groepering groter as 'n duim
76gr TPL 86mm: 2801 / 2804/ 2804 - Groepering nog groter as bo
Ek gaan skiet to weer die volgende dag die volgende:
QL Lading van 75.1 TPL 84mm: 2755 / 2773 / 2748 (groepering net-net onder duim)
76gr TPL 84mm: 2785 / 2776 / 2800 - Groepering weer soos bo (pas amper presies op die vorige dag se groep)
Nou my vraag is aan die ervare GS Custom herlaaiers of ek die groep nog kleiner kan kry en moet ek nog speel met kleiner inkremente TPL en ladings of moet ek tevrede wees met die groep vir 'n 375 Ruger.
Enige raad in die verband sal waardeer word.
Groete
Lading: GS Custom 250gr HV - Nosler 375 Ruger
-
arno
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Wed Jan 28, 2015 11:28 am
Lading: GS Custom 250gr HV - Nosler 375 Ruger
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Lading: GS Custom 250gr HV - Nosler 375 Ruger
Ek dink +/- 0,75 MOA akkuraatheid is seker nie te onaardig op 'n geweer wat nie eintlik langafstand skyfskiet aspirasies het nie? Die groep hierbo is seker nie 'n geldige rede vir klagtes of 'n waarborg eis nie.
Toetse met ander koeëls sal aandui of die geweer tot beter in staat is, of nie.
Uiteidelik moet jy self bepaal waarmee jy tevrede gaan wees, vir die doel waarvoor jy die geweer gaan gebruik. As bg. akkuraatheid nie voldoende is nie, kan jy probeer verder ontwikkel. Ek dink dis skaflik vir 'n 375.

Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Lading: GS Custom 250gr HV - Nosler 375 Ruger
Dis nou nie 'n 270 nie so mens moet tevrede wees.
Arno dit gaan beslis die biltong huis toe bring in die Bosveld. Jy noem dis 'n nuwe geweer. Jy gaan dus nog moet vetroud raak met die geweer - verkieslik met goedkoper pille. Dalk wys dit ook die inherente akkuraatheid van jou geweer as jy oefen patrone uitskiet. Jy gaan egter nie gereeld 20+ skote wil skiet nie, so oefen is relatief.
Vir watter doel wil jy die 375 aanwend?
En nog 'n vraag, ek glo jy verstel jou TPL van lank na kort, want jou volgorde bo is van kort na lank. Dis gevaarlik.
Vir watter doel wil jy die 375 aanwend?
En nog 'n vraag, ek glo jy verstel jou TPL van lank na kort, want jou volgorde bo is van kort na lank. Dis gevaarlik.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- JohanvanZyl
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am
Re: Lading: GS Custom 250gr HV - Nosler 375 Ruger
Dis nou nie 'n 270 nie
So maand gelede met n vriend se 375 ruger geskiet. Hy skiet sommer nou nou snyers met 200gr GS Customs en teen 'n spoed wat 'n 270 sal laat skrik. Dink ook jy moet nog speel maar speel met GS Customs kan duur raak

Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lading: GS Custom 250gr HV - Nosler 375 Ruger
GS Custom HV koele is nie ontwerp vir kopskote nie en is uit en uit jagkoele.
Ek sou vir nou volstaan met die' akkuraatheid. Jy gaan verseker tot op 300m en selfs verder die biltong huis toe kan bring.
'n 250gr koeël teen 2800vps is baie goeie jagmedisyne.
Ek sou vir nou volstaan met die' akkuraatheid. Jy gaan verseker tot op 300m en selfs verder die biltong huis toe kan bring.
'n 250gr koeël teen 2800vps is baie goeie jagmedisyne.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Lading: GS Custom 250gr HV - Nosler 375 Ruger
Baie geluk met die nuwe geweer.
EK het al redelik met my .375 Ruger gespeel. EK het die 20" Alskan en het dus nie dielsefde spoed as die 24" lope nie. EK het gesukkel om die GS customs destyds te kry om te groepeer. Toe hulle begin werk was dit besonders en ek het die 200gr HV net onder die 3000fps geskiet. Ek het hulle op Kudu en Varke gebruik met helse sukses. Ongelukkig was dit beskikbaarheid en wag tydperk wat my toe na ander produkte gelei het.
As "jagroer" is jou propering goed genoeg. EK kry baie dieselfde met my Barnes 270gr lading op 100m en het nog die paar bokke wat ek gejag het maklik huistoe gebring.
Vir oefen kan jy Impala of Kriek Koeëls koop wat albei goedkoper koeëls maak wat jou gewoond kan maak aan die roer teen minder koste per skoot.
Geniet die roer en pasop die oogbank.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.