Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Kan sover stel vir LOP en hoogte en hoek van recoil pad. Wangstuk stel ook op en af. Gebruik enige AR tipe greep. Plate weerskante om alles toe te maak moet ek nog ontwerp.
Pyp onder kolf ontwerp om op sakkie te ry, en het 'n 10 grade hoek. Wat ek nie kan uitpluis nie is hoe die kolwe wat reguit is onder en agter reg werk met 'n sakkie? Hoe mik mens dan op en af sonder om die tweepoot te stel?
Ontwerp om in stukke gelasersny te word, sal dan aanmekaar sweis, bout etc.
Gewig is op die oomblik nie 'n beperking nie, ek hou nie van terugskop nie...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by LoopSoosStroop on Tue Nov 08, 2016 9:31 am, edited 2 times in total.
LoopSoosStroop wrote:
Pyp onder kolf ontwerp om op sakkie te ry, en het 'n 10 grade hoek. Wat ek nie kan uitpluis nie is hoe die kolwe wat reguit is onder en agter reg werk met 'n sakkie? Hoe mik mens dan op en af sonder om die tweepoot te stel?
Dit gaan afhang van wat jy beoog met die geweer en watter tipe bi-pod jy gaan gebruik. As jy 'n Harris tipe bi-pod gebruik, sal jou ontwerp met die 10 grade 100% werk. Die ouens wat se kolwe onder reguit is, gebruik F-klas tipe bi-pods, wat nie vasskop nie en "slee-tipe" pootjies het, sodat hulle free recoil kan gebruik en die geweer reguit terugkom. Hulle skiet heeldag op 'n teiken wat se hoogte nie verskil nie en gebruik 'n ekstra plankie onder die rear rest vir hoogte saam met die bi-pod se verstelling.
Anders gebruik mens 'n sagter gestopte sandsakkie en beheer jy die hoogte deur die sakkie stywer te druk met jou ander hand en verder te skuif soos wat jy beoog met jou kolf.
Ek dink die 7075 billet gaan so paar rand ekstra wees in vergelyking met die lasersny uit 'n plaat. Die milling self gaan ook duurder uitwerk as lasersny. Maar dit gaan lekker solied wees en moooose mooi lyk.
Kriek
LongWolf wrote:Hoekom laat cnc jy nie jou design nie?
Aircraft grade alo!
Want dit is nie 'n vliegtuig nie?
Aceofspads wrote:Ek dink die 7075 billet gaan so paar rand ekstra wees in vergelyking met die lasersny uit 'n plaat. Die milling self gaan ook duurder uitwerk as lasersny. Maar dit gaan lekker solied wees en moooose mooi lyk.
Kriek
Jip, ek maak dit vir myself, en ek wil kostes so laag as moontlik hou. Op die oomblik skat ek gaan hy my so R700-800 kos.
CNC milling en Alu is moer duur, en ek het geen ervaring daarmee nie. Lasersny is ek wel baie vertroud mee.

Ek hoor jou, en dit gaan maar altyd oor die sente in n man se sak, maar dit sal darm blikiesdam mooi wees.