Remington VTR

User avatar
Jeagermeister
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Wed Jul 14, 2010 5:14 pm

Re: Remington VTR

Post by Jeagermeister »

Sam22-250 wrote: [img width=195 height=480]http://i1132.photobucket.com/albums/m57 ... 22-250.jpg[/img]

Hier is my eerste poging om 'n foto aan te heg. Beide groeperings is met die VTR 22-250 op 100m.  ;D

Dit lyk nou of my smilies wel werk?
Sam Trip2,

Ek is nou nie 'n 22-250 man nie, besit nie een nie, en laai ook nie vir een nie, maar is 3380ft/sec nie bietjie stadig op 'n 55gr puntjie nie? Ek kan wel sien hy skiet 'n fyn kolletjie teen daai spoed, maar dis darem bietjie die punt mis in my oge...

Sien die manne praat so van 3680 ft/sec...

Fm het die naweek vir my 'n paar ladings met my 243 met 80gr puntjies / koele / projektiele geskiet en die het oor die 3400 fp/sec geloop..

Net my opinie, wil nou nie he jy moet ju geweer loop oorlaai en opblaas nie, maar dalk met 'n bietjie meer navorsing gaan jy jou roer kry om lekker te loop en nogsteeds 'n fyn kolletjie te kan skiet..

Groete

JM
.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na  "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: Remington VTR

Post by Sam Kelbrick »

JM

Ek stem saam, maar ek dink die 22" loop en die S335 werk nie so lekker saam nie. Ek het al warmer ladings probeer, maar nie regtig die spoed op gekry nie. My goeperings is ook nie so goed met warmer ladings nie.

My plan is om met kruit wat viniger brand te eksperimenteer. Ek dink die S335 brand nog nadat dit die loop verlaat.
Value has a value only if its value is valued
Post Reply