Luiperd skade voorkoming
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Luiperd skade voorkoming
Ons het hierdie week 'n groot koedoekalf gekry wat aan die keel gebyt is en geëet is in die boude. Die byt aan die keel is heelwat meer skade as die van rooikatte wat ek al gesien het. Die karkas is ook 'n goeie 30m gesleep. Die karkas is omtrent so groot soos 'n groot rooibok ram. Ek twyfel of 'n rooikat hom so ver kon sleep. Die pens was gladnie geëet nie. Ongelukkig het ek nie my foon gehad vir fotos nie en toe ek die volgende dag terug gaan het die 2 bruin hiënas die koedoe opgevreet. Daar was laasjaar 2 luiperds op buurplase gevang en hervestig.
My eintlike vraag is:
1. Sal die luiperd ons brahaman kalwers vang? (Dies wat in daai kamp loop is almal speenkalwers 150-200kg)
2. Hoe voorkom ek dat die luiperd ons kalwers vang? (Natuurbewaring het geen luiperd permitte vir die jaar uitgereik nie)
Groete
My eintlike vraag is:
1. Sal die luiperd ons brahaman kalwers vang? (Dies wat in daai kamp loop is almal speenkalwers 150-200kg)
2. Hoe voorkom ek dat die luiperd ons kalwers vang? (Natuurbewaring het geen luiperd permitte vir die jaar uitgereik nie)
Groete
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
Eduard,
1- Ja luiperd vang maklik daai tipe kallers
2- As dit enigsins moontlik is kraal jou beeste elke aand
1- Ja luiperd vang maklik daai tipe kallers
2- As dit enigsins moontlik is kraal jou beeste elke aand
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
Dankie kallie. Dit kan seker werk maar is nie regtig prakties in ons geval nie (naweekboer)
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Luiperd skade voorkoming
Ek het n paar jaar terug n groot rooikat op n koedoe kalf geskiet wat hy teen n draad gevang het en toe in die bosse gesleep het. Rooi katte is baie sterker as wat n mens dink.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
As dit luiperd was sou hy heelwaarskynlik boom op gegaan het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
Ek sal baie bly wees as dit 'n rooikat is en nie 'n luiperd nie! Sal die hokke bietjie moet stel
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Luiperd skade voorkoming
Kyk vir spore. Luiperd is baie lief om in rivier lope of paaie te loop.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
tripodmvr wrote:As dit luiperd was sou hy heelwaarskynlik boom op gegaan het.
Nie altyd nie. Daar waar min ander groot roofdiere is, sal hulle op die grond ook vreet.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
What ever the culprit is, Kill it, that is the only way to stop it doing more damage.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
+1 by my in Alldays eet hulle net so op die grond. dis net gevlekte hyena en leeus wat hulle boom toe jaag.Geno wrote:Nie altyd nie. Daar waar min ander groot roofdiere is, sal hulle op die grond ook vreet.tripodmvr wrote:As dit luiperd was sou hy heelwaarskynlik boom op gegaan het.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
sss.... 
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Luiperd skade voorkoming
Luiperd vang graag kallers....Of hy nou n voltydse of n naweek-luiperd is. As hy eers begin het en gesien het dis makliker prooi as bobbejaan of tarentaal, is jou moeilikheid geboek. Minder beweging op jou plaas (naweekboer) kan maak dat hy meer gereeld een gaan vang. Daai dier is vrek aanpasbaar en kan gebiedsgebonde wees...veral as daar makliker prooi is. Menige arme Afrikanerkoeie (wat haar kalf 'n dag of so bietjie wegsteek) was al baie teleurgesteld as sy by haar wegsteekplek aankom en haar kalf is weg.
Luiperd laat homself nie maklik skiet nie, hy kan ordentlik wegkruip en hy kan jag...dag of nag. My voorstel sal wees om 'n ervare man uit die omgewing te kry om vir hom n hok te stel. As ta in daai hok is (as die hok ordentlik gebou is) ...wel, besluit dan wat is ta se toekoms.
Alles hierbo is my eie opinies.
Luiperd laat homself nie maklik skiet nie, hy kan ordentlik wegkruip en hy kan jag...dag of nag. My voorstel sal wees om 'n ervare man uit die omgewing te kry om vir hom n hok te stel. As ta in daai hok is (as die hok ordentlik gebou is) ...wel, besluit dan wat is ta se toekoms.
Alles hierbo is my eie opinies.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
Dankie hansieslim. Dit lyk my maar hok is die beste opsie.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
Ek weet van 'n luiperd wat heerlik op 300Ha gebly het-dalk wyer geloop. Elke Tsessebe en Gemsbok kalf vir die seisoen opgevreet het, die goeie lewe. Hulle kan jou baie skade bring.
Om nou skade permit by Limpopo Fauna en Flora te kry is 'n ander storie.
Om nou skade permit by Limpopo Fauna en Flora te kry is 'n ander storie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
Ons het al menigmale met hulle oor die foon gepraat maar "die luiperds was eerste hier" en hulle sou al een of ander hond vir ons gebring het wat die luiperd sou weghou maar dit het ook nooit gebeur nieCarl wrote:Om nou skade permit by Limpopo Fauna en Flora te kry is 'n ander storie.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
Ek dink nogal al hond wat 'n luiperd werklik weg hou is een wie se naam VMax is.
Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13628
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
Hond hou hom net vir so paar dae weg tot die Luiperd honger raak vir die volgende hond
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
Ja nee kyk dis Bool en sy trawante wat vertel 'n hond werk. Naweek boer plaas en hond
Die hond wat werk is 6 Blue ticks+bloedhond met paar lang been J-R wat op sy spoor is en hom in die boom hou.
Die hond wat werk is 6 Blue ticks+bloedhond met paar lang been J-R wat op sy spoor is en hom in die boom hou.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Luiperd skade voorkoming
EduardEduard Venter wrote:Dankie hansieslim. Dit lyk my maar hok is die beste opsie.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Daai is maar die beste opsie. Onthou net dat daar wel regulasies is wat gevolg moet word vanaf natuurbewaring met die gebruik van n hok vir wat dit mag werd wees. Ons het werklik n plaag van luiperds sowel as jagluiperds by ons. Jy is welkom om my te kontak as jy verder raad of hulp soek. Ons plaasbestuurder is werklik op die bol met die kolkatte en sal jou verseker kan help met jou probleem.
Groetnis
Wouter

