6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Emile Scholtz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Jul 18, 2016 8:09 pm

6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Emile Scholtz »

Dag Manne.
Ek besig om vir my so kaliber te bou met 1:9 twist 26 duim loop.

Gaan met 87gr punt fireform en as die doppe klaar gefireform is gaan ek sierra 95gr matchkings skiet.

Watse kruit moet ek gebruik met 87 vir fireforming en watse kruit daarna vir 95gr punt?
Waar is begin en max ladings met die 2 verskilende punte?

Enige hulp asb!!!! Nie baie inligting oor die kaliber nie.

Emile
User avatar
stoffelpantoffel
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Mon Aug 18, 2014 12:44 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by stoffelpantoffel »

Emile. Dit lyk my nie daar is baie manne wat al kennis dra van die kaliber nie. Hy sekker nuwe wildcat wat nog sal vlam vat. Hoop jy kom reg. Groete

Sent from my SM-A310F using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Gawie(13mm) »

Is dit 'n "gat jeuk" projek? ;D
Ek sien hy val mooi tussen die Dasher en die 6mm XC.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/ea58ce2d36491122d919ee3b6cdade06.jpg
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by tripodmvr »

6x47 Remington | Shooters' Forum
forum.accurateshooter.com › ... › 6PPC, 6-6.5x47, 6XC, 6 Rem, 243
Jan 2, 2016 - I'm mildly intrested in the old 6x47 Remington , The original one based on the 222 REM ... You could call it a "6x47 Rem Improved 30 degree" off the shelf dies, ...
6x47 L Improved - 6 Long Dasher fireforming questions ... 3 Jan 2016
6x47 Lapua improved? Maybe the next project. 31 Dec 2015
More results from forum.accurateshooter.com

Searches related to 6x47 remington improved
6x47 remington load data


Is daar 2 weergawes - die van Lapua en Remington?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Emile Scholtz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Jul 18, 2016 8:09 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Emile Scholtz »

Die 6x47 remington en 6x47 swiss match is baie naby aan mekaar en gebruik standard primers.

Die 6x47 lapua gebruik small primers.

Die geweer wat ek laat bou is n 6x47 lapua met 40 skouer. Lyk soos 6mm Dasher wat bietjie gerek is.

Daar nie baie inligting oor 6x47 lapua Ackley nie.

As iemand dalk kan help met gewone 6x47 lapua ladings vir 87gr en 95gr punte en watse kruit om te gebruik kan ek van daar af werk om fireform lading en 6x47 lapua Ackley lading uit te werk.

ASB!!!
DANKIE
Emile Scholtz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Jul 18, 2016 8:09 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Emile Scholtz »

Naand.
Kon iemand nog nie vir my gekyk het wat sal die beste kruit wees om in die kaliber te skiet nie asb
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Arnold »

Emile Scholtz wrote:Dag Manne.
Ek besig om vir my so kaliber te bou met 1:9 twist 26 duim loop.

Gaan met 87gr punt fireform en as die doppe klaar gefireform is gaan ek sierra 95gr matchkings skiet.

Watse kruit moet ek gebruik met 87 vir fireforming en watse kruit daarna vir 95gr punt?
Waar is begin en max ladings met die 2 verskilende punte?

Enige hulp asb!!!! Nie baie inligting oor die kaliber nie.

Emile
Met die 95gr sou ek mik vir iewers om 3125 fps, ek sou begin laai by 34gr S355
Met die 87gr sou ek mik vir iewers om 3330 fps, ek sou begin laai by 35gr S355

In QL word die kaliber gegee as die 6 x 47 - Lapua - 6mm HOT. Vra dalk 'n paar manne wat 6 Dashers skiet en begin by hulle ladings, die 6 XC ladings gaan bietjie te veel wees.
Emile Scholtz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Jul 18, 2016 8:09 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Emile Scholtz »

Baie dankie sal hom so probeer
Emile Scholtz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Jul 18, 2016 8:09 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Emile Scholtz »

As ek klaar gefireform het met 87gr punt en 355, sal dit nie better wees om die 95gr punt met 365 te skiet nie? Sal 355 nie te warm wees vir 95 punt
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Nico Harris »

As jy so kaliber skiet, hoe is jy so swak ingelig? Doen jy nie jou huiswerk nie??
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by joe rocket »

Emile Scholtz wrote:As ek klaar gefireform het met 87gr punt en 355, sal dit nie better wees om die 95gr punt met 365 te skiet nie? Sal 355 nie te warm wees vir 95 punt

Jy skiet juis die swaar koele met 355 ek sou van die begin af my fire forming met 95 gr koele gedoen het.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Emile Scholtz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Jul 18, 2016 8:09 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Emile Scholtz »

Nico ek skiet nie so kaliber nie. Nog besig om hom te laat bou. Soek n begin punt. Het huiswerk gedoen maar daar nie inligting oor kaliber in suid afrika nie. Alles in amerika maar ons kruit nie die selfde nie.
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Henna308 »

Emile ek dink oom Flippie van Tonder het so geweer, hy het een dag so iets genoem.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by WillemS »

Emile

S365 gaan die beste werk.

Praat met Andre Volschenk, hy skiet n 6x47, dalk kan hy help.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Gian_dP »

joe rocket wrote:
Emile Scholtz wrote:As ek klaar gefireform het met 87gr punt en 355, sal dit nie better wees om die 95gr punt met 365 te skiet nie? Sal 355 nie te warm wees vir 95 punt

Jy skiet juis die swaar koele met 355 ek sou van die begin af my fire forming met 95 gr koele gedoen het.
Ek vermoed die 6x47 improved sal genoeg dopvolume hr om s365 met swaarder koeels te skiet. Gaan ook afhang van jou vryboor/max tpl.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Wouter Roets »

Manne

Het iemand die afmetings van die rondte sowel as die dopkapasiteit?

Groetnis
Wouter
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Arnold »

Arnold wrote: In QL word die kaliber gegee as die 6 x 47 - Lapua - 6mm HOT.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Geno »

Arnold wrote:
Arnold wrote: In QL word die kaliber gegee as die 6 x 47 - Lapua - 6mm HOT.
Daardie een het 30º skouers.
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Wouter Roets »

Dankie Arnold

Ek het dit ongelukkig misgelees in jou vorige skrywe. Ek sien wel die 6x47 6mm Hot het 30 grade skouers en nie 40 grade soos n Ackley ontwerpe asook die Dasher nie. So dopkapasiteit is nog steeds relavant indien dit 40 grade skouers het.

Groetnis
Wouter

Ps Geno daar wen jy my!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Arnold »

Skuus, ek het bietjie soos my gat gelees en nie die ackley gesien nie.
Die begin ladings sou egter steeds werk.

Dopkapasiteit gaan seker net onder 48gr wees.
http://bulletin.accurateshooter.com/200 ... -improved/

Met die swaarder 105gr koeëls sou ek S365 voorstel maar met die 95gr sou ek eerder S355 gebruik.
Die kaliber gaan basies doen wat die 6XC doen met 'n sterker dop.
Emile Scholtz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Jul 18, 2016 8:09 pm

Re: 6x47 Ackley of ander naam Tall Dasher

Post by Emile Scholtz »

Dankie vir die inligting!!!

Sal altwee kruit gebruik en jul laat weet wat was die uitkoms!!
Post Reply