Hallo almal.
Kan ek asseblief weer bietjie raad vra?
Ek kyk na FNB Connect as selfoon diensverskaffer. Hulle werk blykbaar op Vodacom se netwerk.
Iemand hier dalk al met hulle besigheid gedoen? Toe ek hulle kontak sentrum bel, is die eerste ding wat ek hoor, hulle verskoning vir bundles wat nog nie deur is nie en eers oor 48 uur beskikbaar sal wees. Nodeloos om te sê flikker daar nou allerhande rooi liggies. Enige eerstehandse ervaring sal opreg waardeer word.
FNB Connect?
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: FNB Connect?
Ek het 3 kontrakte by hulle. Ek het oor die algemeen geen drama nie maar ek kry wel dat al 3 die kontrakte se data soms net DOOD is. Dit is soms vir 10 min ander kere sommer vir 'n uur. Hulle piggy back op beide Vodacom en Cell C.
Ek kan nie sê hulle is probleem vry nie maar kan ook nie së dat hulle my meer grys hare gee as Vodacom nie. Met die praat deel het ek egter geen probleme in die laaste 6 maande gehad nie. As ek wil bel loop hy mooi. Ek moet bysê dat ek meestal maar in die stads gebiede beweeg.

-
Johann Marais
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
Re: FNB Connect?
Pvdw, hoe is hulle opvangs in die landelike areas? Platteland? Plase? Ek oorweeg hulle ook.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: FNB Connect?
Johann daai kan ek nie help nie. Ek was al so paar plekke buite Pretoria maar nie op daai plekke waar my ou Vodacom nie wou werk nie. Potch/Fochville area het hy mooi geloop.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 931
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: FNB Connect?
Hallo almal
Net so bietjie terugvoer. Ek het toe maar oë toegeknyp en gespring. Dis nog baie vroë dae, maar ek is sovêr tevrede. Solank jy die "data roaming" op jou foon aanskakel, spring die foon na Vodacom se netwerk toe wanneer die FNB netwerk nie beskikbaar is nie. Ek het nou ontvangs op plekke op die plaas wat vantevore dooie kolle was.

Groetnis
Philip
Philip