250 Savage kruit vir herlaai?
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
250 Savage kruit vir herlaai?
my skoonpa, was n groot jagter in sy jong dae. ek dink n paar dinge het hom gatvol gemaak vir jag. dinge soos die nuwe wet en pryse wat hy moet betaal vir goed wat waarskeinlik vroer as alleman se goed gesien is. sy jagstories laat my sprakeloos. stories oor plekke soos Rhodesia, Zim, Botsawana en natuurlik sy groot gunsteling: SWA waar hy vroer n plaas gehad het.
vandag is hy afgetree en het nie werklik oormaat geld vir goed soos ammo en jag nie. ek vat hom gereeld saam op my jagte, maar omdat hy nie sy eie geweer saam vat nie, het hy my al gese hy voel soos n 5 de wiel aan die wa.
hy het nog n 250 savage wat prins Charles se oupa aan my skoonpa se pa geskenk het nadat die koninklike jaggeselskap gereeld gejag het op my skoonpa se oupa se plaas in Betsoeanaland(Botswana). my skoonpa was self op die jagte.
ek is bly om te se deur my jagbeheptheid, het my skoonpa weer begin belangstelling toon in jag. nou wil ek vir die 250 savage van hom n scope op sit, en wil ek vir die geweer begin herlaai. so my plan is om vir skoonpa se verjaarsdag: einde januarie n stel dies te koop.
nou om n lang storie kort te maak wil ek 2 goed weet: 1- waar kan ek n stel dies kry vir die kaliber; en 2- watter somchem kruit is geskik vir die kaliber en vir watter kombinasie van punte?
dankie tog!

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Jagbehep.... ek het n 250 savage gehaad. ek het dies en n paar goeie ladings met s341,s335.s365 en ek glo s355 sal ook baie goed werk in die geweer! wees net baie versigtig as dit n leveraction is! die aksie is aansienlik swakker as die bolt action! as ek na die 7de terug is by die huis sal ek vir jou die laai data e-pos en jy kan my Lee die VERNIET kry( posgeld is vir jou). ek het ladings vir die hornady 87gr sp ladings wat onder n duim in my mod 99 lever action geskiet het!! die dies het klein bietjie roes op maar hulle werk nog bakgat!! ek het omtrent 8 boksies winchester factory ammo aan classic arms verkoop! pm my met jou details dan stuur ek sommer vir jou die artikel wat ek geskryf het wat so ruk terug in die magnum was!
groete
nico
groete
nico
Last edited by Nico Harris on Sun Jan 02, 2011 9:20 pm, edited 1 time in total.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Jagbehep
Ek het lank terug vir iemand n lading uitgewerk, met 100gr Sierra punte en S365 kruit, maar luister na Nico, hy het baie ondervinding. Let veral op wat hy se ivm die leveraksie.
Mooi loop
Francois
Ek het lank terug vir iemand n lading uitgewerk, met 100gr Sierra punte en S365 kruit, maar luister na Nico, hy het baie ondervinding. Let veral op wat hy se ivm die leveraksie.
Mooi loop
Francois
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
ek se sommer baie dankie. dit is n lever aksie. maar ek gaan nie juis vreeslik warm laai vir hom nie. goeie groeppe gaan eerder die ding wees.
Harris, ek hoop om jou eendag te ontmoet, ek sal my skoonpa vertel van jou gebaar. hy geniet juis sulke stories.
ek kan onthou van n 250 artikel, iewers in die onlangse verlede in die Magnum.
hoe sit n mens scope mounts op daardie model 99?

Last edited by James Wilson on Mon Jan 03, 2011 12:01 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Jagbehep my gun het weaver dove tails op gehaad. maar enige goeie wapensmit sal vir jou kan mounts opsit! ek het op n stadium n 6-25x50 teleskoop op my 250 gehaad en hy het n hond uit n bos geskiet! vir n lever action was myne baie akuraat! is joune n savage mod99? die savage geweertjies is baie goeie kwaliteit!
groete
Nico
groete
Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Ja-nee kyk, as een man 'n 250 ken, is dit Nico, ek het jou artikel in die Magnum baie geniet!
Groete,
Eugene
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Thanx Geno! dit was maar my eerste geweertjie! mens leer maar om te piepie met die tottie wat jy het 
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
dit IS die model 99 lever action
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Lekker gun daai! n vriend van my se pa het een in n bolt action! dis nou n lekker geweer!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
ek wil darrem net terugvoer gee. die wat dalk hier gelees het sal die volgende geniet. Nico het toe net soos hy belowe het vir my die stel dies verniet gestuur, en hy het geweier dat ek die posgeld betaal!! ek soek al lank so n stel dies, en hier kry toe so n skaars artikel heeltemal verniet!!!. my skoonpa verjaar vandag en het ek nou net vir hom die dies,Nico se artikel in die magnum en 100 100grn Hornady's gegee. hy was baie bly en was veral bly toe hy hoor van Nico wat die dies geskenk het. skoonpa is nog een van daai manne wat so iets meer wardeer as n duur geskenk wat niks "karakter" het nie. ek en Nico het nou al n keer of wat vir mekaar pm's gestuur en selfs oor die foon gepraat, maar wil ek graag hier op die openbare forum waar almal kan sien vir Nico weer bedank. ek weet nie wanneer ek, indien ooit, op so n stel skaars dies sou af kom nie wat nog van verniet!!!!
Nico nogamaals dankie, en ek se weer ek sal jou graag eendag wil ontmoet. dit is seker omtrent net in die jagters en herlaai stokperdjie waar n mens sulke gebare teekom.
n.s nou om vir daardie geweer mounts op te sit, ek sien dit gaan n storie wees.
Nico nogamaals dankie, en ek se weer ek sal jou graag eendag wil ontmoet. dit is seker omtrent net in die jagters en herlaai stokperdjie waar n mens sulke gebare teekom.
n.s nou om vir daardie geweer mounts op te sit, ek sien dit gaan n storie wees.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
300Winmag
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Dit was nou lekker storie om te lees, nou moet die laaste hoofstuk
die jag se fotos insluit!
die jag se fotos insluit!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
James ek stem saam met 300winmag! nou kort ons net die jagfotos en groot smiles dan is alles bakgat!
Groete
Nico
Groete
Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
sal dit gee, ek belowe. maar soos ek se nou is dit eers die saak om die scope op te kry. dit lyk na n groot uitdaging.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
die eerste lading wat ek toets en dit is die resultate: 7,5mm. geweersmit het mounts gemaak en ek het vir skoonpa n 3-9 x 40 Redfield gekoop.
dit is 100grn Hornadys
[img width=560 height=420]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C00331.jpg[/img]
dit is 100grn Hornadys
[img width=560 height=420]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C00331.jpg[/img]
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Magtig maar daardie roertjie gooi mooi! Gemaak vir kopskote.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Jagbehep - dit lyk sommer netjies.
Nico, ek haal my hoed vir jou af - as dit nou nie karakter is nie weet ek nie. Netjies man.
Songdaug
Nico, ek haal my hoed vir jou af - as dit nou nie karakter is nie weet ek nie. Netjies man.
Songdaug
Dont tell me, show me......
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Nico het nie net sy dies vir my geskenk en verniet gepos nie, hy het ook vir my n raad gegee oor die ladings.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
jAGBEHEP
Is jy seker jy gaan daai roertjie nog vir die skoonpa gee, as ek jy is vertel ek hom daai geweer groepeer glad nie (hy sal jou vergewe hy weet mos hoe)
Hy kan eerder n ander roer kry? lag lag lag
Groete
Jacques

Shoot straight and tell the truth!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
ek wil nie weer hoor chat lever action is nie akuraat nie!!!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 250 Savage kruit vir herlaai?
Nico, ek het 'n 30-30 gahad waarmee ek darem self clovers kon skiet.
Die Mod 94 Winchesters se snellers was net 'n nagmerrie!
Die Mod 94 Winchesters se snellers was net 'n nagmerrie!
Dont tell me, show me......