Goeie middag,
Ek wil hoor of daar dalk van julle is wat van die GPS tipe trip meters gebruik vir logbook doeleindes. Ek het gehoor dat m mens van die units kry wat jy net as jy in die voertuig klim n knoppie druk vir privaat en n ander knoppie vir besigheids kilometers? dan het ek ook weer verneem dat van die units se geheu so klein is dat mens dit mid week moet aflaai op die rekenaar?
Ek kyk sterk na so iets maar sal graag uit ander se ondervinding wil leer voor ek n klomp geld spandeer.
Julle hulp sal opreg waardeer word!!
Groetnis,
Frikkie

