Nou het ons nog net nodig dat iemand ook hulle gewig kom gooi agter Pumba se "recoil analise vir barrel time teorie".
Lynx LX3 5-30
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Ek sal bietjie gaan kyk oor die naweek of dit vir my enigsins 'n verskil gaan maak. Indien dit wel doen skuld ek vir Pumba 'n verskoning.
Nou het ons nog net nodig dat iemand ook hulle gewig kom gooi agter Pumba se "recoil analise vir barrel time teorie".
Nou het ons nog net nodig dat iemand ook hulle gewig kom gooi agter Pumba se "recoil analise vir barrel time teorie".
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Hein, hierdie tegniek is van toepassing op teleskope wat nie oor parallaks verstelling beskik nie, tipies jou 3-9x klas.Hein22 wrote:Hercules, ons het al hierdie gesprek gehad maar miskien kan jy dit beter as Pumba verduidelik.
Hoekom sal die tegniek wat jy bo beskryf enigsins die scope se afmerkings beter laat werk? Die oogstuk van die scope is tog net 'n "vergrootglas" op die kruishaar en word slegs gebruik om die kruishaar in fokus vir jou oog te bring. Dis tog hoekom meeste vervaardigers aanbeveel om na 'n wit voorwerp te kyk (soos bv 'n papier of blou lig) wanneer jy die kruishaar vir jou oog fokus. Vandaar gebruik jy die paralaks om die kruishaar en voorwerp op dieseflde "plain" of as mens dit nou so wil noem, in fokus te bring.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Hein om op te som:
* Die knop op die linkerkant is die parallaks verstelling en dit moet op dieselfde plek wees op 'n spesifieke afstand ongeag of die skut bysiende, swaksiende, skerpsiende of versiende is. Slegs afstand beïnvloed die verstelling en oë speel geen rol in waar dit verstel moet word nie.
* Die verstelling op die oogstuk is die fokus en dit word verskillend verstel afhangende van die skut se oë. Verstellings hier pas die teleskoop aan by die persoon se oog.
* Parallaks altyd eerste vir die afstand, en dan verstellings van die oogstuk om die fokus vir die spesifieke oog reg te kry.

So as ek jou reg verstaan, stel jy gereeld aan die oogstuk om die beeld en kruishaar in fokus te bring? Se bv op 200m sal jy die scope paralaks vry stel (die knop aan die linkerkant ne?
) en dan oogstuk fokus en weer die proses herhaal om 350m te skiet?
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Hercules,Hercules Louw wrote:Hein, hierdie tegniek is van toepassing op teleskope wat nie oor parallaks verstelling beskik nie, tipies jou 3-9x klas.Hein22 wrote:Hercules, ons het al hierdie gesprek gehad maar miskien kan jy dit beter as Pumba verduidelik.
Hoekom sal die tegniek wat jy bo beskryf enigsins die scope se afmerkings beter laat werk? Die oogstuk van die scope is tog net 'n "vergrootglas" op die kruishaar en word slegs gebruik om die kruishaar in fokus vir jou oog te bring. Dis tog hoekom meeste vervaardigers aanbeveel om na 'n wit voorwerp te kyk (soos bv 'n papier of blou lig) wanneer jy die kruishaar vir jou oog fokus. Vandaar gebruik jy die paralaks om die kruishaar en voorwerp op dieseflde "plain" of as mens dit nou so wil noem, in fokus te bring.
Ek verskil van jou hieroor.
Die okulêre lensverstelling verander die fokus(brandpuntafstand) tussen jou oog en kruishaar. Dit geskied onafhanklik van paralaks. Hierdie verstelling gee jou die kans om die teleskoop vir jou oog se akkomodasievermoeë te stel. Die rede hoekom vervaardigers voorstel dat jy na n wit agtergrond/blou lug kyk, is om jou oë so ontspanne as moontlik te he, juis sodat jy nie oog se lens hoef te vervorm om die kruishaar in fokus te kry nie. Aangesien jy nie op 'n beeld fokus nie, maak paralaksverstelling geen verskil hieraan nie.
Jy moet dit wel paar keer herhaal om seker te maak jou oë was ontspan. As jou okkulêre lens korrek gestel is, behoort jy in die bloute in te kan staar en geweer "mount" met kruishaar dadelik gefokus.
Die paralaksverstelling fokus slegs die teikenbeeld in dieselfde vlak as die kruishaar. Wanneer die twee in dieselfde vlak is, sal daar nie beweging tussen kruishaar en teiken wees nie. As jy paralaksvry is en kruishaar is nie in fokus nie, kan jy dit met okkulêre verstelling regmaak, maar dan was dit van die begin af nie reg ingestel nie.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Yip, as jy wil raak skiet moet die teleskoop parallaks vry wees. Ek gaan deur die proses ten minste een keer op verskeie afstande en merk dan die linkerkantste knop
indien die teleskoop se afstandskaal nie reg is nie of daar nie een is nie soos by NX teleskope. 'n Mens is nie altyd tydens 'n kompetisie of in die veld stabiel genoeg om seker van die parallaks te maak nie, daarom merk ek die afstande. 'n Mens se oë kan nogal van dag tot dag verskil afhangende of jy moeg is, min geslaap het, te veel suiker ingekry het ens. As die beeld nie reg is nie met die parallaks op die regte plek, verstel dan slegs die oogstuk.
-
tonyj
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Tue Feb 11, 2014 1:31 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Thanks for the info, but I tend to agree with Hein, the reticle is clear and focused, even when the side focus is used and you eventually get it set, the reticle is clear, but the operation to get it mechanically clear is not good, I had a Vortex on the same rifle before and the side focus was a 100% better in operation and feel, and the distance was almost 100% spot on. I feel the mechanical movement of whatever moves in the tube is not 100% , the knob also tends to turn very stiff, not a smooth turn, it feels hard to turn and becomes easier to turn once in motion....hard to explain...someone with the same scope might feel the same, or maybe mine has a problem.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Jy beskryf die werking reg, maar meeste mense en veral jonger persone se oë is egter in staat om oor 'n redelike verstelling van die oogstuk steeds die beeld of kruis presies te fokus. Die parallaks is egter baie meer krities en beïnvloed die akkuraatheid, daarom moet dit reg verstel word, en om net na die fokus van die beeld te kyk verseker nie dat die teleskoop parallaksvry is nie. As die parallaks reg is sal jy raak skiet al is die beeld vir jou uit fokus. As die parallaks verkeerd is en alles is pragtig in fokus sal jy maklik mis skiet as jou oog nie presies in die senter van die teleskoop is nie. Parallaksvry eerste en daarna fokus vir jou oog.Gian_dP wrote:
Ek verskil van jou hieroor.
Die okulêre lensverstelling verander die fokus(brandpuntafstand) tussen jou oog en kruishaar. Dit geskied onafhanklik van paralaks. Hierdie verstelling gee jou die kans om die teleskoop vir jou oog se akkomodasievermoeë te stel. Die rede hoekom vervaardigers voorstel dat jy na n wit agtergrond/blou lug kyk, is om jou oë so ontspanne as moontlik te he, juis sodat jy nie oog se lens hoef te vervorm om die kruishaar in fokus te kry nie. Aangesien jy nie op 'n beeld fokus nie, maak paralaksverstelling geen verskil hieraan nie.
Jy moet dit wel paar keer herhaal om seker te maak jou oë was ontspan. As jou okkulêre lens korrek gestel is, behoort jy in die bloute in te kan staar en geweer "mount" met kruishaar dadelik gefokus.
Die paralaksverstelling fokus slegs die teikenbeeld in dieselfde vlak as die kruishaar. Wanneer die twee in dieselfde vlak is, sal daar nie beweging tussen kruishaar en teiken wees nie. As jy paralaksvry is en kruishaar is nie in fokus nie, kan jy dit met okkulêre verstelling regmaak, maar dan was dit van die begin af nie reg ingestel nie.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Tony, please do the parallax test next time you are on a range and report back on what you found. If the real parallax setting is way off compared to the scale Lynx will correct it for you.tonyj wrote:Thanks for the info, but I tend to agree with Hein, the reticle is clear and focused, even when the side focus is used and you eventually get it set, the reticle is clear, but the operation to get it mechanically clear is not good, I had a Vortex on the same rifle before and the side focus was a 100% better in operation and feel, and the distance was almost 100% spot on. I feel the mechanical movement of whatever moves in the tube is not 100% , the knob also tends to turn very stiff, not a smooth turn, it feels hard to turn and becomes easier to turn once in motion....hard to explain...someone with the same scope might feel the same, or maybe mine has a problem.
Where do you stay?
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Dankie Hercules, my bedoeling was nie om die draad te skaak nie. Wat jy skryf itv oe wat verskil van dag tot dag maak tog sin in 'n mate alhoewel dit teenstrydig is met meeste verduidelikings van paralaks en fokus wat ek al gelees het.
Voordat ek verder enige opinie lig of stry
wil ek eers gaan probeer wat jy hier bo geskryf het.
Dankie & Groete,
Hein
Voordat ek verder enige opinie lig of stry
Dankie & Groete,
Hein
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Soos wat ek dit verstaan is daar drie dinge hier tersprake naamlik: parallaks, beeld fokus en kruishaar fokus.
Ek het al baie gelees dat party teleskope se beeld fokus en parallaks nie op dieselfde verstelling is nie. Dan soos ek dit verstaan is die kruishaar se fokus 'n aparte verstelling.
As ek reg verstaan Hercules is wat jy voorstel soos volg: stel die parallaks korrek, stel dan die beeld se fokus korrek deur die oculêre lens verstelling (uit jou skrywe neem jy dan aan dat die kruishaar ook in fokus is en as dit nie is nie moet jy maar daarmee saam leef?)
Die metode wat jy voorstel is egter teenstrydig met baie teleskoop handleidings waar daar gestel word dat die kruishaar eers gefokus moet word, soos Hein beskryf, en dan stel jy die parallaks (nêrens stel mens vir beeld helderheid nie alhoewel baie mense dink dit is waarvoor die parallaks verstelling is.)
Sit ek die pot mis?
Ek het al baie gelees dat party teleskope se beeld fokus en parallaks nie op dieselfde verstelling is nie. Dan soos ek dit verstaan is die kruishaar se fokus 'n aparte verstelling.
As ek reg verstaan Hercules is wat jy voorstel soos volg: stel die parallaks korrek, stel dan die beeld se fokus korrek deur die oculêre lens verstelling (uit jou skrywe neem jy dan aan dat die kruishaar ook in fokus is en as dit nie is nie moet jy maar daarmee saam leef?)
Die metode wat jy voorstel is egter teenstrydig met baie teleskoop handleidings waar daar gestel word dat die kruishaar eers gefokus moet word, soos Hein beskryf, en dan stel jy die parallaks (nêrens stel mens vir beeld helderheid nie alhoewel baie mense dink dit is waarvoor die parallaks verstelling is.)
Sit ek die pot mis?
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Arnold, as die teleskoop parallaksvry is beteken dit dat die beeld presies op die kruis gefokus is. As jy dan die oogstuk op die parallaksvrye beeld fokus moet die kruis wat presies saam met die beeld is ook in fokus wees.Arnold wrote:Soos wat ek dit verstaan is daar drie dinge hier tersprake naamlik: parallaks, beeld fokus en kruishaar fokus.
Ek het al baie gelees dat party teleskope se beeld fokus en parallaks nie op dieselfde verstelling is nie. Dan soos ek dit verstaan is die kruishaar se fokus 'n aparte verstelling.
As ek reg verstaan Hercules is wat jy voorstel soos volg: stel die parallaks korrek, stel dan die beeld se fokus korrek deur die oculêre lens verstelling (uit jou skrywe neem jy dan aan dat die kruishaar ook in fokus is en as dit nie is nie moet jy maar daarmee saam leef?)
Die metode wat jy voorstel is egter teenstrydig met baie teleskoop handleidings waar daar gestel word dat die kruishaar eers gefokus moet word, soos Hein beskryf, en dan stel jy die parallaks (nêrens stel mens vir beeld helderheid nie alhoewel baie mense dink dit is waarvoor die parallaks verstelling is.)
Sit ek die pot mis?
Jy kan die metode in die handleiding volg as jy wil solank jy verseker dat die teleskoop parallaksvry is, en dit is hier waar die probleem inkom want baie skuts stel die "linkerkantse kontrole" net vir beeldhelderheid en kyk nie of die parallaks reg is nie. Met die handleiding se metode mag jy vind dat wanneer die teleskoop nou parallaksvry is dat die fokus nie meer vir jou reg voel nie en dan stel jy maar weer aan die oogstuk tot dit vir jou reg is. Jy kan nie aan die linkerkantse kontrole draai om die beeld gemaklik vir jou oog te kry as dit op die parallaksvrye posisie is nie, jy kan slegs die oogstuk verstel. Nou waarom sal jy die oogstuk voor die tyd pragtig reg wil kry as jy dit in elk geval weer moet verstel om die parallaksvrye beeld aan te pas by jou oog?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Jy fokus dus die beeld op die kruishaar om parallaks te verwyder (met die knop langs die kant).
Hoekom sal die beeld dan nou nie duidelik wees as jy die oogstuk op die kruis fokus nie (als is dan nou in een vlak)? As jy nou die beeld duidelik moet fokus met die oogstuk gaan die kruis nie meer gefokus bly nie ...
Hoekom sal die beeld dan nou nie duidelik wees as jy die oogstuk op die kruis fokus nie (als is dan nou in een vlak)? As jy nou die beeld duidelik moet fokus met die oogstuk gaan die kruis nie meer gefokus bly nie ...
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Gaan doen die toets, die kruis bly gefokus binne 'n redelik wye verstelling van die oogstuk as jy teen die blou lug net na die kruis kyk. Wanneer daar egter 'n beeld bykom dan is jou gekose posisie nie noodwendig meer vir jou die gemaklikste/ beste posisie nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Ek het al baie die fokus van kruishaar ingestel en ek stem nie met jou saam nie.
Jou oog kan wel die kruishaar in fokus bring as jy lank genoeg daarop konsentreer maar dit is sekerlik nie die aangewese ding om te doen nie.
Jou oog kan wel die kruishaar in fokus bring as jy lank genoeg daarop konsentreer maar dit is sekerlik nie die aangewese ding om te doen nie.
- EbenSmit
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm
Re: Lynx LX3 5-30
naweek op krokspruit vlieg geklap met my lynx 308 kombenasie.....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Daardie was 'n skrams kwesskoot.
Mooi geskiet!!!!!
Mooi geskiet!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- EbenSmit
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Heheh.dankie
Amper mis is beter as amper raak
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Amper mis is beter as amper raak
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Daar is nou al 'n paar naweke verby sedert die gesprekke oor die parallaks en fokus hierbo en daar was 'n paar manne wat sou gaan eksperimenteer het. Is daar enige terugvoer?
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Hercules, ek het dit inderdaad gaan probeer en ek het regtig moeite gedoen om dit te probeer maak werk maar vind die metode werk nie vir my soos jy dit beskryf nie. My kruishaar word BAIE vinnig onduidelik wanneer ek aan die oogstuk begin stel. As dit werk vir jou, great, maar dit werk nie vir my nie.
Ek het ook aspris my paralaks uit gestel en die beeld probeer fokus met die oogstuk - no luck. Ek het toe probeer kyk hoeveel my kruishaar beweeg as my paralaks uit stel en my kop heen en weer beweeg op 'n teiken 150m weg maar dit was moeilik om te se hoeveel hy van kant to kant beweeg. Ek het maar toe op die internet gaan soek en gekry waar Leupold 'n video gemaak het oor juis dit, met paralaks gestel op 150m en jy skiet op 300m teiken, beweeg die kruis van die "extreme" links na die "extreme" regs maar 44mm as ek reg onthou (met 44mm objective) - hou in gedagte dit is die maksimum fout wat jy kan maak en meeste skuts sal beslis nie so groot fout maak nie.
Ek kies dus enige dag 'n helder kruishaar oor 'n paralaks fout van miskien 50m. So 'n fout gaan my belis nie maak mis skiet nie.

Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2335
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Lynx LX3 5-30
As jou teiken 60m groot is sal jy nie mis skiet nie.Hein22 wrote:Hercules, ek het dit inderdaad gaan probeer en ek het regtig moeite gedoen om dit te probeer maak werk maar vind die metode werk nie vir my soos jy dit beskryf nie. My kruishaar word BAIE vinnig onduidelik wanneer ek aan die oogstuk begin stel. As dit werk vir jou, great, maar dit werk nie vir my nie.
Ek het ook aspris my paralaks uit gestel en die beeld probeer fokus met die oogstuk - no luck. Ek het toe probeer kyk hoeveel my kruishaar beweeg as my paralaks uit stel en my kop heen en weer beweeg op 'n teiken 150m weg maar dit was moeilik om te se hoeveel hy van kant to kant beweeg. Ek het maar toe op die internet gaan soek en gekry waar Leupold 'n video gemaak het oor juis dit, met paralaks gestel op 150m en jy skiet op 300m teiken, beweeg die kruis van die "extreme" links na die "extreme" regs maar 44mm as ek reg onthou (met 44mm objective) - hou in gedagte dit is die maksimum fout wat jy kan maak en meeste skuts sal beslis nie so groot fout maak nie.
Ek kies dus enige dag 'n helder kruishaar oor 'n paralaks fout van miskien 50m. So 'n fout gaan my belis nie maak mis skiet nie.
DD
-
Balljoint
- Jr. Member

- Posts: 93
- Joined: Sun May 08, 2016 9:54 am
Re: Lynx LX3 5-30
Sien die heer Barnard het die scope getoets in die nuutste S A Jagters tydskrif.
Hy klink beindruk.
Het self die scope in die hande gehad vandag, ek hou van die kruishaar maar nie van die syfers op die 'turrets' nie. Dit lyk te groot en goedkoop. Die lense lyk baie helder en ek dink dit vergelyk goed met my Leupolds s'n.
Wat my opgeval het was die gewig. Swaar meneertjie die.
Ek dink ek sal dit ernstig oorweeg om so een te kry. Ek is juis in die mark vir 'n scope vir my .243.

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Ek is heel beindruk met die LX3. Het vir my 1 gekoop en op my veldskiet wapen gesit. Hy stel soos hy moet en die glase is baie helder - hys defnitief meer paralux sensitief as die NXS, maar dis seker te wagte.
Hein22, dit was aangenaam om jou vandag tydens die Noordkaap ope te ontmoet.
Hein22, dit was aangenaam om jou vandag tydens die Noordkaap ope te ontmoet.
-
Balljoint
- Jr. Member

- Posts: 93
- Joined: Sun May 08, 2016 9:54 am
Re: Lynx LX3 5-30
Hoe vergelyk die Lynx met die Sightron S3 6-24x50 MOA-2, wat 'n FFP is, maar in dieselfde prysklas is?
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Lynx LX3 5-30
Baie lekker gewees en altyd lekker om 'n gesig by 'n naam te sit! Miskien sien ons julle by die NW ope....243Songdaug wrote:Hein22, dit was aangenaam om jou vandag tydens die Noordkaap ope te ontmoet.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.