.303 Modifikasie

User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Jagtersdok »

madako wrote: Die feit dat hy met 'n sekere hoek gesny word, is bloot om die "rand" te beskerm teen seer kry.
Nee madako, dit gaan lyk my orr die turbulensie as die koeel die tromp verlaat, dit is bai tegniese aspekte die manne. Ek weet nie hoe jy dit gaan meet nie, weet net as jou gunsmih goed is kan hy dit sny.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by DawieKotze »

Dok - dankie!

Sal die turbulensie dan verskil tussen ho?r en laer ladings en swaarder en ligter koe?ls? Indien so - dan maak dit mos sin dat baie gewere net een goeie kombinasie van lading en gewig koe?l het! Gooi hierby nog die loop se ossilasie, die tipe koe?l wat gebruik word ens ens ens en dan kan ek sien hoekom Koos Barnard se Pa vir hom ges? hy weet te veel van skiet, maar skiet te min  ;D

Dit raak 'n doolhof van feite en inligting vir ons gewone biltongjagters!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Hugo »

Image

Nou is die een gesny of nie?
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
Biltongjagter

Re: .303 Modifikasie

Post by Biltongjagter »

madako, soos jy s?
Dit raak 'n doolhof van feite en inligting vir ons gewone biltongjagters!
En ' ... if it ain't broken, don't fix it!'

Maar tog is dit goed om te weet die dag as jy dit moet laat 'fix', om dan behoorlik ingelig te wees en te weet wat is die beste en wat presies gedoen moet word.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Jagtersdok »

Man Madako daar is so iets soos die ultimate Koeel kryt geweer kombinasie.

Hier kom al die goedjies soos twist gewig lengte ontbranding en 100 ander goed in. Ja jou geweer bv se ultimate combo mag dalk so lyk

30 06
Twist 1-10
Hornady 165gr SST koeel
S355 kryt Jump 0.7 mm

Maar dit beteken nie dat jou geweer nie sal werk met 150gr og 180gr koele nie, die resultate sal dalk beter as aanvaarbaar wees en vir ander ouens perfek, maar jy sal weet die roer se beste is met daai combo.

Party gewer skiet flatbase rondtes en ander Bowtails en as jy try omswaai werk dit nie, die ding groepeer net nie, Hoekom dit gebeur weet ek nog nie, ek soek nog na die wetenskaplike antwoord, maar dit is so en dis 'n feit! En dit wil voorkom dit gaan oor die dinamika wat iewers verander met daai eerste 200 skote wat deur die loop gaan. Klink soos vet ou vrou storie ek het ook gedink dit pot snot tpt ek dit self beleef het.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Gerhard »

saimportsuplies wrote: jy moet nie jou geweer epps vir die spoed nie, maar net vir groeperings en doppies wat langer hou en die bonis is jy kry 2800fps met n 150 gr so dit help. moet nie vir jou dies koop nie, wanneer jy jou roer laat epps vat jy jou ou full length die saam en kevin sny met selfde reamer sommer jou dies dan het jy sommer neck sizing dies. hoop dit help

ps. moet asb cc200 gebruik en s355 want dit bring kamer druk baie af..
cheers
Gee bietjie jou ladings vir die S 355 vir jou 303.

Ek wil begin speel met ladings vir S355 en 215gr Rhino punte...

Praat jy van CCI primers?

Large rifle or Large rifle magnum primers?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Pvdw »

Manne ek het nou vandag vir eers aan die einde van die pad gekom met die modifikasie/mooimaak/speel van my .303 Enfield ;D ;D ;D 8)

Was vandag by SAHARA arms in Pta. Wes. Skiet so paar skote op 50m maar dinge lyk nie te lekker nie. 4 skote gee so 30mm. groep ??? ??? Vriendelikke man wat daar werk loer so deur die scope en s? dit gaan beter gaan op 100m. want paralaks in scope is baie. My moed is maar laag soos ek daar sit :P :P

Wel maak toe so en skiuf oor na 100m. baan. Ek loer toe so deur die scope en soos die man s?, paralaks is weg. Skiet  toe so 4 skote na die rooibok se kop met verskillende ladings en almal tref mooi in die kop so 30/40mm. uitmekaar. Vat toe 'n blaaskaans en besluit om na die krius op die bord te skiet. Die keer 3 met dieselfde lading. 3 skote later sit ek met 'n +- 18-20mm groep so 12mm hoog van die kruis. My eerste sub MOA groep met die ou yster ;D ;D ;D

Gaan oor so week of 2 weer SAHARA toe om die 30-30 deur sy passies te vat op die 100m baan en wil dan weer die 303 skiet net om seker te maak.

My lading vir die rontes is as volg.

Dop: PMP
S/D: PMP
Koe?l: PMP 174SP
Dryfmiddel: S335-38.5gr
Dop lengte:56.0mm.
TPL:77.5mm.
Tromp snelheid: +-2380ft/s
Sprong na groewwe: weet nog nie ??? ???

Sal nou begin speel met lading vir S341. Altyd lekker om te speel ;) ;)

Peet
Last edited by Pvdw on Wed Apr 20, 2011 8:20 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Gerhard »

Lekke Peet!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by tripodmvr »

Vir so ou kaliber darem baie belangstelling. Het self met 303 begin jag in middel 80 en het nog steeds een wat ek baie voor omgee. Is deesdae vol fiemies met nuwe loop en hou net van sekere ladings. Een daarvan is 140 GSC HV wat 15mm groep op 100m gee. 'n Koedoe en rooibok het verlede jaar voor die' kombinasie geval. Albei nekskote op naby afstand.

Tripod
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Pvdw »

[quote="tripodmvr"]
Vir so ou kaliber darem baie belangstelling.



Ja lyk my hulle is maar soos 'n goeie ou wyn, hoe ouer hoe beter ;)



Tripod wat is jou ladings op daai GSC's. Ek wil hulle probeer as die jagseisoen oor is?? weet jy dalk wat die tromp snelheid is??

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Gerhard »

Peet,

Ek het n klompie jare terug ladings getoets op die 140gr GS Custom in my 303.

Bevestig hierdie is my ladings en dit mag dalk nie dieselfde in jou geweer wees nie.

kyk maar op GS Custom se web blad vir min en max ladings

S335 - 42gr
Winchester Doppe
Winchester Large Rifle Doppe

Die 10 skote wat ek geskiet het het vir my n gemiddeld van 2740fps gegee.

Ek het net klompie punte bestel daai tyd vir lading ontwikkeling en het nooit gejag met hulle nie...

Ek het ook die 150gr en die 170gr punte gelaai en getoets.

Was baie beindruk met die groepe van die 170gr en kon 3 punte uit die stop walk krap van die 170gr en hulle het amper geen gewig verloor nie.

Ek verstaan GS Custom maak hulle nie meer nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by tripodmvr »

Pvdw wrote:
tripodmvr wrote: Vir so ou kaliber darem baie belangstelling.



Ja lyk my hulle is maar soos 'n goeie ou wyn, hoe ouer hoe beter ;)



Tripod wat is jou ladings op daai GSC's. Ek wil hulle probeer as die jagseisoen oor is?? weet jy dalk wat die tromp snelheid is??

Peet
,
Ek het die volgende gebruik - dop en primer = PMP, COL 71.8mm
S335=41gr, Spoed= 2811vps
Groep=7mm
Toe beter as wat ek uit my geheue opgediep het.

Tripod
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Hugo »

Ek was gisteraand by Oom piet daar in Flowerstraat, hy het my al die kolwe gewys en wat hy kan doen en wat als, sy pryse is rerig billik, sy shoppie is nie moerse indrukwekend nie mar dis , workshop nie 'n china shop nie.

Die kolwe bou hy uit Amerikaanse Okeerneut uit, is dit goeie hout? Hy het aanbeveel ek sit 'n nuwe sneller op van Thor Engineering, en dan se hy ek hoef nie die kroon te sny nie.

Ek weet nie wat gan vir wat nie dus vra ek, help!
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Gerhard »

Ek het n Thor sneller op my 303 en hy werk baie mooi.

Daar is nie meer voor trek nie en hy breek skoon soos glas al is hy bietjie hard.

Ek het ook n hout kolf op my 303 wat baie bakgat werk.

Maak net seker die kof wat jy opsit pas jou en dat die wang stuk hoog genoeg opkom om lekker deur die teleskoop te kyk.

Jy wil nie jou wangbeen van die wang stuk optel om deur die teleskoop te kyk nie.

Jy gaan jou loop moet laat terug sny na so 24 duim toe en dan gaan jy die loop moet laat her kroon in elk geval.

Hoop dit help.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Hugo »

Die kolf is anyway pas maak, hy meet jou voor die tyd, met so magafter wat hy daar teen die muur hang, die oom se pryse is baie billik.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Hugo »

Ok weet iemand of die Amerikaanse Okkerneut goeie hout is of hoe?
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
Biltongjagter

Re: .303 Modifikasie

Post by Biltongjagter »

Gerhard, hoekom steek jy vas by die aanvangslading van 42gr S335 as jy met GSCHV se 140gr koe?ls skiet?

Die volgende laaidata spel dit uit dat jy met 'n 24" loop die volgende uit 'n .303 geweer kan kry - dit is nou te s? as jy nie oormatige druktekens sien voordat jy die maksimum spoed bereik nie.

Calibre       Bullet          Twist    Powder Start gr  MAX FPS  FPS/Inch

303 British  311140HV083   10        S335   42 2850     24
                                                    S321      44      2925          26

So behoort jy met 'n 22" loop en S321 naby aan 2874vps te kom.

Onthou net altyd, GSCHV soek spoed - koe?ls breek nie op nie en gee beter terminale resultate as wanneer teen lae spoed met hulle geskiet word.

Die 150gr waarna jy verwys is GSCHP koe?ls - word steeds gemaak. Ongelukkig het hulle nie die dryfband tegnologie nie en is dus vanselfsprekend stadiger as die moderne GSCHV koe?ls.

Groete,
Koos.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Gerhard »

Biltongjagter wrote: Gerhard, hoekom steek jy vas by die aanvangslading van 42gr S335 as jy met GSCHV se 140gr koe?ls skiet?

Die volgende laaidata spel dit uit dat jy met 'n 24" loop die volgende uit 'n .303 geweer kan kry - dit is nou te s? as jy nie oormatige druktekens sien voordat jy die maksimum spoed bereik nie.

Calibre       Bullet           Twist     Powder Start gr  MAX FPS  FPS/Inch

303 British  311140HV083   10         S335    42 2850      24
                                                     S321       44       2925           26

So behoort jy met 'n 22" loop en S321 naby aan 2874vps te kom.

Onthou net altyd, GSCHV soek spoed - koe?ls breek nie op nie en gee beter terminale resultate as wanneer teen lae spoed met hulle geskiet word.

Die 150gr waarna jy verwys is GSCHP koe?ls - word steeds gemaak. Ongelukkig het hulle nie die dryfband tegnologie nie en is dus vanselfsprekend stadiger as die moderne GSCHV koe?ls.

Groete,
Koos.
Koos,

want ek het net n so 10 by Gerrit bestel van die 140gr die 150gr en die 170gr punte.

Het nie baie kaans gehaad vir ladings rond speel nie.

Ek praat van die 170gr punt waar mee ek baie beindruk was wat nie meer gemaak word nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Pvdw »

Hugo daai is goeie hout. BAIE gewere wereld wyd het Amerikaanse Okkerneut hout kolwe. Vra oom Piet jy wil 'n stuk Turkse Okkerneut h?, NIKS minder nie ;D ;D, Kyk wat s? hy 8)

Onthou net meeste soorte hou word in verskillende grade verkoop, dus kan jy gemors Amerikaanse Okkerneut koop of 'n puik stuk. Maar oor die algemeen is dit goeie hout.

Kom draai by my dan wys ek jou wat ek als met ny .303 gedoen het. Dit help jou om uit die duister te kom. Sms my sommer dan gee ek jou aanwysings. 082 920 3978

Peet
Work to live, don"t live to work
Biltongjagter

Re: .303 Modifikasie

Post by Biltongjagter »

Ek praat van die 170gr punt waar mee ek baie beindruk was wat nie meer gemaak word nie.
Dis swaar en stadig - hou links verby voor jy met sulke goed sukkel  :o

Doen dit ordentlik met die GSCHV 140gr (ladingontwikkeling is baie maklik en boonop vinnig om te doen) en kyk net hoe verander daai Majuba-kettie van jou in 'n pragtige platskiet geweer.

Groete,
Koos.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Gerhard »

Biltongjagter wrote:
Ek praat van die 170gr punt waar mee ek baie beindruk was wat nie meer gemaak word nie.
Dis swaar en stadig - hou links verby voor jy met sulke goed sukkel  :o

Doen dit ordentlik met die GSCHV 140gr (ladingontwikkeling is baie maklik en boonop vinnig om te doen) en kyk net hoe verander daai Majuba-kettie van jou in 'n pragtige platskiet geweer.

Groete,
Koos.
Koos,

Heel duidelik onthou jy nie ons vorige gesprek waar ek vir jou gese het ek verkies die 215gr, 180gr en 175gr punte in my 303.

Ek het meer as net een bok al oor die 200 meter geskiet met die 180gr en 175gr kombinasie wat vir meer as plat genoeg skiet vir my behoeftes.  ;)

Groete,
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Biltongjagter

Re: .303 Modifikasie

Post by Biltongjagter »

Gerhard,

Ek onthou, maar sukkel om te glo!

Jou keuse.

?The difference between perseverance and obstinacy is that one comes from a strong will, and the other from a strong won't.? -- Henry Ward Beecher.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Gerhard »

Biltongjagter wrote: Gerhard,

Ek onthou, maar sukkel om te glo!

Jou keuse.

?The difference between perseverance and obstinacy is that one comes from a strong will, and the other from a strong won't.? -- Henry Ward Beecher.
Koos,

Die ding staan so...

Ek geniet dit om met my geweer te jag en te skiet soos dit vir my werk.

Ek skiet bitter min bokke van n bakkie af so het nie nodig om regtig verder as 200 meter te skiet nie (bevestig ek se nie jy skiet van n bakkie af nie) ek doen dit wel soms as bokke af gehaal moet word maar hou nie daarvan nie.

Ek is lief om te jag met die geweer en vir hoe ek jag en my jag geniet is 100 meter meer as voldoende. Vir die afstand stel ek my geweer in om te skiet waar ek die kruis sit.

Ek het n lekke swaar punt wat n medium spoed hardloop en nie vir my baie vleis skade gaan gee sou ek groot been vang nie. Die selfde kombinasie is ook meer as genoeg om alles tot en met n eland bul te laat bakkie ry...

Vir my skiet die 303 plat genoeg met die huidige punte wat ek mee herlaai.

Sou ek vinniger ladings wil skiet sal ek vasbyt tot ek die 30 06 se lisensie het en 180gr punte teen 2600 tot 2700 fps skiet...

Alles van die beste.  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Biltongjagter

Re: .303 Modifikasie

Post by Biltongjagter »

Jy's heeltemal reg Gerhard, elke ou doen sy ding soos wat dit vir hom goed werk.

Onwillekeurig laat jy my dink aan ou prof. Venter - vir hom was selfs fietsry spoed met sy ou dikwiel vreesaanjaend!

Geniet jou jag.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .303 Modifikasie

Post by Gerhard »

Biltongjagter wrote: Jy's heeltemal reg Gerhard, elke ou doen sy ding soos wat dit vir hom goed werk.

Onwillekeurig laat jy my dink aan ou prof. Venter - vir hom was selfs fietsry spoed met sy ou dikwiel vreesaanjaend!

Geniet jou jag.
Dankie Koos...

Nee wat vir my gaan dit nie oor spoed nie. Het klaar my nek gebreek.

Vir my gaan dit meer oor die fisiese harde jag en die groot lekker as die planne uit werk en die bok is vinnig op die grond.

Geniet daai 140gr's  ;)

Geniet die Paasfees...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply