Bosvark jag

Post Reply
Tinus
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Tue Jan 29, 2013 9:31 am

Bosvark jag

Post by Tinus »

More almal
Ek het bosvarke by n voer plek van my maar ek probeer nou al 2 maande om hulle in n tyd te kry maar sonder sukses. Ek gooi karkasse en afval van die slagplek daar en het ook n feeder wat mielies gooi elke aand. Hulle kom nooit op die selfde tyd in nie en skip elke nou en dan n aand of 2. Kan iemand my dalk help asb? Dankie

East Cape Plains Game Safaris
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Bosvark jag

Post by Gawie(13mm) »

Die probleem met enige vark is at hul nes bobbejane, omnivore is en opportunistiese vreters is. Solank daar genoeg ander bronne van voedsel is, sal hulle nie noodwendig jou voerplekke besoek nie.

1. Maak net een voerplek.
2. Maak die voerplek naby of op 'n plek wat hul gereeld besoek. Nie op 'n plek wat vir jou geskik is nie.
3. Stel jou feeder dat hy net twee maal per dag aas uitgooi. Sê, net voor son-op en weer net voor son-onder. Dit gaan lank vat om hul in 'n roetine te kry, maar geduld is die wagwoord.
4. Dit is makliker om 'n voerplek in droë tye te vestig wanneer natuurlike voedsel skaars is.
5.Stel kameras om te bepaal of jou voerplek wel besoek word en op watter tye.
Sterkte.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Bosvark jag

Post by Boesman10 »

Gawie se punt 5 is baie belangrik. Om net na spore te kyk of te kyk of die kos versteur is gaan jou nie akuraate inligting gee nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Tinus
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Tue Jan 29, 2013 9:31 am

Re: Bosvark jag

Post by Tinus »

My feeder gooi net een keer per dag, 7uur elke aand. Ek het n kamera op wat email stuur ook op so ek kan hle goed monitor. My probleem is hle is ongereeld. Ek het ander feeders ook op op ander plase en daar het ek nie dieselfde probleem nie.

East Cape Plains Game Safaris
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Bosvark jag

Post by Thunderhead »

Ek sal dink die varke het ander bronne van kos of daar is versteering by die voer plek vat hulle huwerig maak om in te kom. Of daadie groep het baie jag druk ervaar.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Bosvark jag

Post by DWB »

Is dit nie dalk oor jy karkasse uitsit ook nie? Dus weet hulle daar is enige tyd kos.

Voer hulle net met die feeder dat hulle leer daar is 'n vaste tyd.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Tinus
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Tue Jan 29, 2013 9:31 am

Re: Bosvark jag

Post by Tinus »

Thunderhead dis een van die dinge wat ek nie verstaan nie want daar is nog nooit op hulle geskiet nie en dis op n afgelee plek op die plaas.
DWB dankie ek het dieselfde gedink. Ek het n week laas karkasse uitgesit wil nou kyk wat gebeur as daar net mielies is.

East Cape Plains Game Safaris
Post Reply