Eland jag buite Ficksburg

FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Eland jag buite Ficksburg

Post by FCLoretz »

Ek het hierdie jaar die geleentheid gehad om n Eland bul te jag. Ek deel graag my storie met julle.

Ons het Vrydag oggend, 2 September 2016, vroeg rigting gevat Ficksburg toe. Ons het rustig gery. Ons het 10:35 op die plaas aangekom en het die pad na die jagters hut aan gepak.

Die pad kan nie met gewone karre gery word nie en n voertuig met high ground clearance en diff lock is die minimum vereiste om die 1,6km pad aan te durf!

Bo by die hut het ons afgepak en al die bagasie, kos, beddegoed en jag toerusting op hulle regmatige plekke gesit. Daarna het ons water bottels vol gemaak en die verkykers gegryp, ons het op n 4,7km stap gegaan om die elande te soek. Ons is deur die droee rivier beddens en op teen die hang van een berg om n uitkyk punt te kry en n groot area met die verkykers te besigtig.

Ons het die elande vinnig opgespoor en begin soek na die spesifieke bul wat ons wou jag die naweek.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160905/ce72880b59afa6d30a4403f849d3591c.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Omnia »

Pragtige Eland daai , mooi horings ok !!!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by FCLoretz »

Terwyl ons met die verkykers die bulle uit die trop uit identifiseer kry ons ook 'n skouspel op dieselfde tyd.

Die bul wat ons wil jag is 'n uitskop bul wat nie deel van die trop is nie, maar wat wil in kom. Die bul waarna ons soek is 'n bul wat se regter agterbeen erens seer gekry het en hy loop redelik mank. Hy het amper geen krag in die been nie.

Een van die baie jonger bulle besluit om die ouer bul in 'n skouspel van dominansie aan te vat. Die jonger bul domineer maklik met sy kleiner lyf, maar bloot omdat die ouer bul se een agter been van amper geen waarde aan hom is nie. Ons laat die elande in vrede en beweeg terug met die berg af terug na die jagters kamp. Ons sien ook swartwillebeeste, blesbokke, zebras en rooibokke oppad terug kamp toe.

Terug by die kamp groet die vrouens ons met 'n lekker koue glas coke en 'n warm glimlag en hulle luister aandagtig na die stories van die "groot" ekspidisie. Na die glas coke vat ons gou die geweer en beweeg af na die plaas se skietbaan om te gaan seker maak oor die geweer se skoot impak. 2x skote oor 'n honderd meter en ek is gelukkig met die posisie van die skote omdat dit presies dieselfde was as wat ek dit gelos het toe ek laas geskiet het.

Die vrydag aand het ons rustig gebraai en sommer vroeg vroeg van al die kwale en probleme wat die stad se daaglikse gejaag ons gee vergeet, die helder blou, maanlose sterrelig en weg was die griep medisyne vir die siel. Saam met die gloeiende kole en die denke van wat more gaan bring het ons die aand omgekuier en vroeg in die kooi geklim. Met die sang van die jakkals koor het ons vinnig in droom land in weg geval.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Supacow »

Omnia dit is dan n koei. Sien jy nie die kloof?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by FCLoretz »

Vroeg saterdag oggend is ons weer uit om die elande te gaan soek.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160905/a987eacd54be9993bb93d00681f3297a.jpg
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by FCLoretz »

Ons het die elande in dieselfde area gekry waar ons hulle die vorige middag gelos het. En het terug gedraai kamp toe om te gaan ontbyt eet en vir die ons "Gids" te wag. By die kamp terug gekom kom ons met 'n skok agter die baba formule het deur die aand spoorloos verdwyn. Vergeet heeltemal van ontbyt en maak planne om in die dorp te kom, sodat ek 'n plaasvervanger kan koop en seker maak die klein mensie is tevrede, want dan is mamma tevrede.

Net na 8 uur maak ek weer my verskyning op die plaas, en een tevrede mamma en baba later kan ek weer op die eland fokus.

Ons "Gids" maak sy opwagting, so begin ons planne beraam en deel ons al die informasie wat ons het. Die jagters en kykers spring almal in die een bakkie en ons vaar die berge in. Plan A flop soos tant sannie se chocolat koek en ons beweeg oor na plan B.

Die Elande is onder in die berge ons is bo. Daar is 'n konstante wind van 15-20km/h wat direk vanuit die weste uit kom. Ons stap in 'n noordelike rigting na waar ons die elande laas gesien het. Die twee kykers bly agter op 'n uitkyk punt terwyl ek en die "Gids" die laaste 300-400m alleen bekruip.

Na skaars 50m begin die elande direk op teen die berg beweeg in ons rigting, al wat ek kan dink is: "How lucky can I get". Maar die gedagte verander vinnig in teleurstelling in toe iets die voorste koei laat skrik en die hele trop omdraai en terug af hardloop teen die berg. Die volgende 300m gaan pynvol stadig. Ons skuif op ons boude teen die sloop van die berg af en moet konstant die trop dophou voor ons beweeg, omdat die hele trop in ons rigting staan en kyk.

Ons beweeg stadig en kom tot op 'n afstand van 133m (met range finder gemeet), nou soek ons die seerbeen bul, maar almal staan baie stil. Na sowat 2 min beweeg die 3 bulle, ons kry vir seerbeen en ek begin aanle en regmaak. Hy beweeg so effe vorentoe kyk in 'n suid oostelike rigting en bied 'n broadside skoot. Op daai stadium raak die wind stil, alles is stil. Ek kies my plek deur die teleskoop en die kras klap van die 30-06 verbreuk die stilte.

Die 180gr Interbond laat sak seerbeen se agterbene in sy spore, sy voorlyf wil agter die trop aan maar hy sak inmekaar en val om. Die adrenalien pomp sterk deur my en ek bewe om 'n patroon in die Ruger No.1 se aksie te kry, vir as daar 'n opvolg skoot nodig is. Die opvolg skoot is nie nodig nie. My "Gids" gimlag net so groot soos ek en ons skud blad en se geluk en dank wense.

Ek maak my wapen veilig en ons beweeg roep die kykers en bakkies om te kom bok laai.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by FCLoretz »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160905/cc716bfc6547924b8d72e46f3d552a11.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160905/b00f9b4d4650e4918e887887428722da.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by ruaanb »

Baie geluk ek het lekker saam gelees en terug verlang na ons jagtog.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by FCLoretz »

Dankie Ruaan.

Woorde kan nie regtig die jag beskryf nie, maar hierdie was defnitief my tweede gunsteling jag.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by JuanVE »

Frederick, dankie dat jy dit met ons deel. Baie geluk, jy is bevoorreg. Dis pitkos vir die oudag!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Chevvy SS »

Mooi storie met 'n gelukkige einde!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13650
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Capt. Yoda »

Mooi bul en mooi vertel Frederick, baie geluk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Hennie van der Merwe »

Mooi bul Frederick, baie geluk.

Hoekom skryf jy telkens "gids" in aanhalingstekens? Wat steek daaragter?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by FCLoretz »

Hennie van der Merwe wrote:Mooi bul Frederick, baie geluk.

Hoekom skryf jy telkens "gids" in aanhalingstekens? Wat steek daaragter?
Want daar is nie eintlik gidse op die plaas waar ons was nie. Die Oom wat my gehelp het is 1 van 5 lede wat die plaas besit.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Hennie van der Merwe »

Lekker so.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Reggie Gerber »

Well Done Fred
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by tripodmvr »

Daardie klein windbuksie van 'n Ruger No. 1A is net die regte medisyne vir 'n eland. Baie geluk.

My Ruger het ook al eland omgedop - net met 150TSX.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Broadbandboer

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Broadbandboer »

Geluk Fred!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Carl »

Lekker Frederick, nou is die yskas vol. Dankie vir die storie ek het lekker saam gejag.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Flip Nel »

Baie Geluk, het jy hom geweeg
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Pappabeer »

Geluk met jou eland.

Nog n rede om te borsvoed... Dit meng nie met jagtyd in nie
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by FCLoretz »

Flip nel wrote:Baie Geluk, het jy hom geweeg
Hi Flip,

Ja ons het hom geweeg. Het 167kg uitgeslag volgens die plaas se skaal en 170 volgens die slagter s'n.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by win270 »

Netjies, Frederick. Dit laat mens goed voel om vooraf te sweet met die bekruipery en dan na slegs een skoot die bok plat te trek. Geniet die vleiseet dae wat voorlê... en uitsien na die vlg jagseisoen.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by Stefan764 »

Wat het hy gemeet? Daai punte lyk lekker lank
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Eland jag buite Ficksburg

Post by FCLoretz »

Stefan764 wrote:Wat het hy gemeet? Daai punte lyk lekker lank
Dit weet ek nog nie. Sal in die week uitvind en die lengtes hier plaas sodra ek weet.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Post Reply