Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by Lourens »

More Kerels!

Ek is nuut hier op die forum, en het besluit om hier te kom anklop vir hulp.

EK het my aansoek om 'n nuwe geweerlisensie ingedien in pretoria op 23/07/2010 en dit is op 18/03/2011 goedgekeur deur die CFR. Dit het weel 8 maande geneem maar ek is dankbaar, dit kon baie langer gewees het.
Die probleem is nou soos volg: Toe ek my DFO kantoor bel om te hoor hoe vorder die druk van my kaartjie is daar net vir my gese dat die drukkers baie agter is en dat dit to soveel as 3 - 5 maande kan neem om my kaartjie
gedruk en by die stasie te kry. Van daar het ek die call centre gebel, maar by almal kry jy net dieselfde antwoord en niemand is bereid om jou te help nie.

Nou manne, ek weet nie van julle nie, maar ek het R11000 vir daai roer betaal, en as die lisensie dan goedgekeur is sal ek hom so gou as moontlik wil gebruik, mens het mos betaal daarvoor, dis jou eiendom en jy is nou boonop nog die wettige lisensie-houer daarvan. Dis mos nou net absoluut belaglik dat ek nou nog 3-5 maande moet wag vir 'n kaartjie.

Ek het gister die wereld warm gebel, ek het ook met die mense by my DFO gepraat, almal is uiters ongeskik en uiters onbehulpsaam en se baie vinnig vir jou dat jy hulle nie moet kom voorskryf hoe om hulle werk te doen nie. Ek het ook by hulle navraag gedoen oor 'n moontlike section21 maar blykbaar is dit nie moontlik nie omdat die wapen reeds op my naam is. Ek het nie 'n probleem om my beurt af te wag nie, ons almal in hierdie land is
gelyk en ek het geen voorkeur bo enige ander een nie, maar dan verwag ek dat hulle darm lisensies binne 2 na 3 weke kan druk en by die stasie h? soos in die verlede die geval was. 3-5 maande is absoluut onaanvaarbaar!!

Kan enige iemand dalk vir my s? met wie ek kan praat of wie my dalk behulpsaam kan wees. Kan mens nie net 'n wettige tydelike bewys (nie 'n stelsel uitdruk nie) kry dat jou lisensie wel goedgekeur is nie? Ek weet dit klink belaglik maar ekt al gewonder of ek nie'n SAP539 stoorpermit vir my eie wapen kan kry nie, die wapen is mos nou reeds op my naam en ek is die wettige eienaar daarvan? Ekt ook gister self met die DFO van die wyk waarin my wapenhandelaar is gepraat en gevra of ek nie 'n gestempelde stelsel uitdruk kan kry en dit gebruik nie, maar hy het my baie duidelik laat verstaan dat dit glad nie sy goedkeuring wegdra nie.

Die jag en sportskiet is my passie, ek is ook 'n toegewyde jagter by die SAJWV en ek besit reeds 3 ander jaggewere, 'n handwapen, 'n swartkruit jaggeweer en bevoegtheid vir jaggeweer, handwapen en haelgeweer. Ek het 'n trip wat opkom vroeg Junie en daar is nog baie om gereed te kry wat die wapen betref, ek moet nog ladingontwikkeling doen, teleskoop monteer, loop inskiet ens. Ek is rerig raadop en ek wil nie soos 'n klakous klink nie, maar enige hulp sal waardeer word!!

Dankie manne,

Rooijakkals
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by Hugo »

dis vreemnd, my een is goed gekeur mid maart en ekt hom laas week gan haal. hul het my gese so 2-3 weke vir druk.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by baboonstalker »

Daar is 'n par drukkers in die land en ek neem aan sekeres is besiger (lees verder agter) as ander. Ek wag ook al 5 maande vir my kaartjies om gedruk te word na dit goedgekeur is, my DFO het my egter 'n uitdruk gegee wat s? dat my nuwe aansoeke goedgekeur is en ges? ek kan so ry. Jy is reeds die lisensie houer van die betrokke wapen, hulle het nog net nie jou kaart gedruk nie.

Maar ou rooijakkals, as jy hulp op die forum wil h? gaan jy jou naam moet verander, die ouens gaan jou skiet met 'n naam soos daai! :police:
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by iceman1982 »

Ek het gehoor hulle se , van nou af wag jy so 6 maande vir n lisensie. Dis nie sleg nie. Het verlede week vir twee nuwes aansoek gedoen, so kom ons kyk hoe lank vat dit. Toe laat hulle my sommer weet my eerste hernuwing vir die .308 is in Maart goedgekeur....ek het aansoek in 2006 gedoen...
Beteken dit dat hy al verval het voordat ek hom gekry het...lol
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by Lourens »

In orde baboonstalker, sal 'n plan maak...  ;D Ek is soos die engelsman s? op 'n rampage vandag, ek kan dit nie vestaan nie, daar is geen bestendigheid by hierdie mense nie, die een gee jou 'n uitdruk en s? jy mag daarmee jou wapen afhaal en ry, die ander weier om jou 'n uitdruk te gee en s? dis teen die wet om uitdrukke uit te gee en jy kan nie daarmee ry nie. My DFO is een van hulle... Sommige kaartjies neem 2 weke ander neem 5 maande, dis mos nie hoe dit werk nie!? Dis onaanvaarbaar, dis my wapen en ek is die lisensie houer, dus wil ek hom soos in laasweek al h?!!!
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by 243Songdaug »

KEK het sopas die nuus ontvang dat my skoonpa se lisensie op 'n nuwe 243 na net vyf jaar goedgekeur is!!!  Hy is besig om sy bevoegtheid te hernu toe die nuus deurkom dat sy lisensie goedgekeur is - daar is dus lig in die tonnel.

Die arme man brand om sy roer by Gerrie te gaan haal! 
Dont tell me, show me......
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by baboonstalker »

Wat is die ergste wat kan gebeur as jy nou met daardie wapen ry en hulle trek jou af?
As hulle op die stelsel kyk is jy mos die wettige lisensiehouer van die wapen???
Wat gebeur as ek met een van my wapens, waarvoor ek 'n geldige lisensie het ry, hulle trek my af en ek het nie die lisensie by my nie? dit is tog een en dieselfde ding of hoe?

Dit sal interresant wees om te weet wat die wet hieroor s
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by Arnold »

Ja dit is nie die regte ding om te doen nie en jou DFO is reg om nie die forum vir jou te gee nie. {Ek het dit ook al gekry en my wapen met die vorm gaan haal by die verkoper}

Hier in die kaap gee ons provinsiale kantoor wel 'n magtiigings vorm wat geldig is vir 30 dae indien jy die wapen dringend nodig het vir sportskiet of so iets. {Hierdie paatjie het ek ook al gestap terwyl ek vir 'n lisensie wag om gedruk te word}

Tans wag ek van Januarie af vir 'n kaartjie om gedruk te word vir 'n nuwe speelding
http://www.gunblast.com/SW-MP45.htm
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by Shindzela (Pierre) »

Ek het net n print out by die DFO gekry wat sy gestempel het en my roer by die handelaar gaan optel, wag ook steeds van Januarie af vir die kaartjie.
Life's a journey, enjoy the ride!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by Lourens »

Shindzela waar/wie is jou DFO? Wie was die handelaar gewees waar jy gekoop het? PM my sommer as jy wil. My copshop weier om vir my een te gee, hulle reken hulle mag dit nie doen nie.Ek kan geen rede daarvoor insien nie, ek is die wettige eienaar en wetlike lisensiehouer van die wapen. Dis onaanvaarbaar.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by Monrique (SJ) »

Rooijakkals

Bel jou provinsiale kantoor en vra hulle vir n magtigings vorm, en dat jy n jag het en die wapen nodig het om sekere dinge nog te laat doen voor dan.  Ek het ook al van die vorms by my provinsiale kantoor gekry en die dame het so 2maande terug vir my gese die vorms is nou 60dae geldig en nie meer 30 dae soos in die verlede.

Jou DFO is net vol en aspris. Gaan na die stasie bevelvoerder toe en bring dit onder sy aandag!!!

Sterkte.

Groetnis
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?

Post by blaser »

rooijakkals

onder watter stasie val jy
Post Reply