Ek is Charlto Vorster van Roodepoort, Gauteng.
Ek is maar net 19 jaar van ouderdom nou, maar wil graag meer leer van die skietwereld.
Ek skiet kompeterend .22 teiken en het luggeweer geskiet.
Ek het begin met teikenskiet op die ouderdom van 11 jaar en het ook my eerste jagtog uitgeleef toe ek 10 jaar oud was.
Weens my kompeterende .22 teikenskiet is ek gelukkig om my toegewyde sportman status te ontvang het en onlangs my wapenbevoegtheid vir MOR's te voltooi het.
Ek skiet met my pa se gewere op die stadium maar gaan in die nabye toekoms my aansoek indien vir 'n 30-06 musgrave standard met 'n 1940 K98 aksie gebou deur Trevor Musgrave (verskoon as dit verkeerd is ek het eers onlangs geleer wat die proefmerke beteken)
Ek sien uit daarna om my kennis te verbreed oor die skiet-en jagwereld en ek is gaande oor die meer tegniese gesprekke wat die slim ooms uitvoer op die forum.
Baie dankie dat ek my "stuiwer in die armbeurs" kon gooi!


