Nuwe Doppe gee spoed variasies

Post Reply
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Nuwe Doppe gee spoed variasies

Post by pietjacobs »

Naand almal,

Ek het nou vir my WInchester doppe gaan koop en is ook my eerste keer dat ek nuwe doppe koop. Het eers die wat ek gehad het klaar gebruik. Nou ek het gesien die doppe is maar vol duike ens en het gelees mens moet hulle almal maar fullsize die eerste keer, is dit reg?

Ek het toe almal gesize, gelaai en baan toe. Die spoed is 'n nagmerrie:

130gr Sierra Gameking:
52.2gr => 2969fps 2932fps
52.5gr => 2991fps 2941fps
52.8gr => 2957fps 2946fps
53.4gr => 2980fps 2982fps

140gr Nosler Accubond
50.5gr => 2884fps 2871fps
50.8gr => 2856fps 2853fps
51.1gr => 2887fps 2867fps
51.4gr => 2871fps 2893fps
51.7gr => 2873fps 2868fps

Soos  julle kan sien, "All over the show"

So toe Necksize ek die doppe wat ek op die toets geskiet het en gaan terug baan toe. Ek het net die Nosler gelaai:

51,1gr => 2943fps, 2951fps, 2948fps, 2940fps. Fantasties !!!!! , maar ek het wel opgelet dat ek +-80fps meer sped nou kry.

Wat is julle opinie? Moet ek nou eers die nuwe doppe gaan uitskiet of wat gaan aan hierso?

Baie dankie,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nuwe Doppe gee spoed variasies

Post by Jagtersdok »

Okay paar goedjies.
1) Jy gaan altyd 'n beter konstante spoed kry met doppe wat "snug" in die kamer pas, maw fireformed doppe en stywe kamers. Dis maar net omdat die doppe nie so baie hoef uit te sit en die dimensies nie so erg hoef te verander nie en die energie hoofsaaklik gebruik word om die projektiel aan te dryf en nie verlore gaan met die "shaping" van die dop nie.

2)Verskillende dryfmiddels gee verskillende spreads, party meer as ander.

3)Dop volume en hoe die dryfmidel in die dop l? gee verskil in brandtempo en ontsteking wat jou spread sal beinvloed.( dit is hoekom mens streef dat die dop na die voller kant is om meer konstante en egalige ontsteking en ontbranding te bevorder)

Soos jy se die doppe wat geduik is gaan ander volumes he en so ook as jy nie die doppe geklas het volgens gewig nie gaan jy groter spread he

4) verskillende ladings sal vir jou spread gee. "n optimale lading behoort nice konstanteid te wys waar 'n warra warra load baie keer weie spread h?.( dit is wel baie keer nie die geval nie)

ag dan is daar nog hele paar goed wat konstantheid van spoed beinvloed.

Jy kan relax. Daie doppe is madotta hulle werk goed. Ek stel voor gaan fireform hulle en werk dan jou loads uit.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Nuwe Doppe gee spoed variasies

Post by pietjacobs »

Dankie dok vir al daai inligting. 'n Mens dink jy begin nou die proses onder die knieg kry dan kom daar nuwe uitdagings, lol.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Nuwe Doppe gee spoed variasies

Post by THOMAST »

Ek het met 'n bekende benchrest skut gepraat oor doppe. Hy het die term "shooting the stupid out of the cases" gebruik. Ek het aangeneem dat hy bedoel dat nuwe doppe meer konsekwent sal werk nadat hulle die tweede keer herlaai is.
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Nuwe Doppe gee spoed variasies

Post by Flip Fouche »

Dok

Baie goeie kommentaar!

Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nuwe Doppe gee spoed variasies

Post by Jagtersdok »

Ag dankie oom Flip. Hoe loop dinge nog daar in dir Wes Tvl?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Post Reply