Hoe pas ek my lading aan???

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Hoe pas ek my lading aan???

Post by JJV »

Hallo
Ek het 'n load en spoed wat werk, maar dan raak my kruit op en ek moet nuwe batch koop, wat beteken somchem se nommers?? , sit ek by of trek my load af volgens hul %??


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Hoe pas ek my lading aan???

Post by musgrave270 »

JJV

Jy laai n nuwe lading, meet die spoed en pas dan aan om sodoende jou ou spoed weer te kry. Werk altyd na die spoed toe

Groete
Ruan
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Hoe pas ek my lading aan???

Post by JJV »

Kan ek my load aanpas sonder om spoed te meet? slegs te se + soeveel kruit of minder??


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoe pas ek my lading aan???

Post by tripodmvr »

Nee, dit wat ons sover ervaar het is dat Somchem se persentasie afwykings glad nie ooreenstem met dit wat werklik gevind word nie. Musgrave se resep is reg. Laai 2gr af as jy naby aan maksimum is en meet spoed oor die chrony. Deur van die spoed/lading metode gebruik te maak pas nou die lading aan om die ou spoed te ewenaar.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1520
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Hoe pas ek my lading aan???

Post by swc-tr »

tripodmvr wrote:Nee, dit wat ons sover ervaar het is dat Somchem se persentasie afwykings glad nie ooreenstem met dit wat werklik gevind word nie.
+1000!!

Onthou verder, dryfmiddel ontbranding is 'n dinamiese proses, wat deur verskeie veranderlikes beinvloed word. Dus is Somchem se persentasie afwykings wat hulle rapporteur slegs geldig vir hulle spesifieke loop en stel komponente wat hulle gebruik het. Dit mag wees dat in hulle geval die spesifieke lot dryfmiddel 'n negatiewe afwyking het, terwyl in 'n ander kaliber dieselfde lot dryfmiddel 'n posetiewe afwyking kan gee.

Daarom altyd die raad, wanneer enige komponent van 'n lading verander word, verminder die lading met ten minste 5%, meet die nuwe snelheid, dan weet jy waarheen.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
NicovanderMerwe
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm

Re: Hoe pas ek my lading aan???

Post by NicovanderMerwe »

Wil graag hierdie een dophou.
Post Reply