Lynx LX3 5-30

User avatar
EbenSmit
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by EbenSmit »

Ons word geleer.....! lekker om met mense tepraat wat kennis het dankie H wardeer......

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hercules Louw »

Sangoma (IAN) wrote:++>: Hercu, lyk my die manne maak jou klaar!
:P Dis darem nie so erg nie
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by LoopSoosStroop »

Hercules Louw wrote:Ek het na die advertensie gaan kyk, dit is reg soos ek hiebo gesê het, die MOA@20 verwys na die reticle.
Dan het ek nou ook die turret van die spesifieke model 5-20x50 van onder na bo gedraai en die verstelling is 51 MOA.
Eish Hercules, ek en jy lees darem baie verskillend?

------->
WP_20160721_001.jpg
Maar dit nou daar gelaat, ek is bly hy het wel 51 MOA vertikale verstelling. Dink as ek nou 'n scope nuut moet koop mag dit maklik een van hierdie twee wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Diesel Dog »

LoopSoosStroop wrote:
Hercules Louw wrote:Ek het na die advertensie gaan kyk, dit is reg soos ek hiebo gesê het, die MOA@20 verwys na die reticle.
Dan het ek nou ook die turret van die spesifieke model 5-20x50 van onder na bo gedraai en die verstelling is 51 MOA.
Eish Hercules, ek en jy lees darem baie verskillend?

------->
WP_20160721_001.jpg
Maar dit nou daar gelaat, ek is bly hy het wel 51 MOA vertikale verstelling. Dink as ek nou 'n scope nuut moet koop mag dit maklik een van hierdie twee wees.
Ek wonder of dit iets met vertaling te doen het ,want ek sien die parallaks verstel (40-beyond infinity),nou wonder ek hoe kom jy( beyond infinity),die ouens ken seker n kortpad!

DD
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hercules Louw »

LoopSoosStroop wrote:
Hercules Louw wrote:Ek het na die advertensie gaan kyk, dit is reg soos ek hiebo gesê het, die MOA@20 verwys na die reticle.
Dan het ek nou ook die turret van die spesifieke model 5-20x50 van onder na bo gedraai en die verstelling is 51 MOA.
Eish Hercules, ek en jy lees darem baie verskillend?
Ons lees nie verskillend nie, ons lees verskillende advertensies. Die advertensie op bl 13 in die Julie weergawe in die SA Jagter waarna ek gekyk het vir dieselfde scope verwys na 40moa verstelling. Duidelik was daar 'n fout in die Magnum advertensie wat later reggestel is in die SA Jagter.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hercules Louw »

Diesel Dog wrote:
Ek wonder of dit iets met vertaling te doen het ,want ek sien die parallaks verstel (40-beyond infinity),nou wonder ek hoe kom jy( beyond infinity),die ouens ken seker n kortpad!

DD
Dit het niks met vertaling te doen nie. Ervaring en kommentaar van gebruikers het gewys dat baie skuts daarvan hou om verby die fokus punt te stel en dan heen en weer te verstel om die skerpste beeld wat totaal parallaks vry is te verkry. Scopes waarvan die parallaks verstelling te gou stop pla baie skuts.

'n Ander waarneming wat ek ook al met verskeie scopes gemaak het is dat 'n mens hier in die binneland die situasie het dat jy gewoonlik verder as die werklike afstand parallaks moet stel as wat die scopes se afstandskaal aantoon. Ek het dit met Michael van Lynx bespreek en genoem dat ek vermoed dat die meeste vervaardigers naby seevlak is, en dat die scopes daar onder druk met stikstof gevul word. Kom jy nou hier in die binneland by ons 5000ft bo seevlak en dan kan dit nog baie warm ook wees, dan het jy die situasie dat die relatiewe druk binne die scope nou hoër is as toe die scope vervaardig is. Dit kan die lense marginaal na buite druk en dus jou parallaks verstelling beïnvloed, soveel so dat sommige scopes nie ver genoeg in die oneindige rigting kan verstel vir fokus op langer afstande nie. Daarom het Lynx die besluit geneem om al hulle scopes te spesifiseer om tydens vervaardiging verby die normale oneindige posisie te kan verstel.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Diesel Dog »

Hercules Louw wrote:

Dankie Hercules die verduideliking los nou die misverstand ad infinitum op

DD
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by LoopSoosStroop »

Kan mens hierdie outjies (5-20 en/of 5-30) se turrets "zero" op jou lading? Maw hom so stel dat windage en elevation 0 wys as jou geweer by 100 m of waarokal ingestel is?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Nico Harris »

Ja.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by LoopSoosStroop »

Nico Harris wrote:Ja.
Great.

Laaste vragie:

Hoekom het party telescope 12 MOA per omwenteling i.p.v. 10?

Ek het op my Nikon Monarch X baie van die 10 MOA per omwenteling gehou. Bv. om 35 MOA te "dial" draai mens hom drie draaie uit en tel dan nog net 5 MOA by. Baie vining.

Dis nie 'n deal breaker nie, ek wonder maar net daaroor.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
EbenSmit
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by EbenSmit »

Goeie dag manne

Ekt my scope gekry en ja nee kyk dit is n monster... baie baie baie helder. Ek dink regtig dit is nou waarde vir geld.....MO@20 is super. Kannie wag vir krokspruit se vlieg nie...

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Diesel Dog »

Ook myne gekry was nog 10h00hrs in Bloem gewees.
http://oi66.tinypic.com/zwdi6c.jpg
Aangenaam verras met die scope ,vir die prys punt tops.Zero stop meganiese eenvoud +10
Al wat ek sou anders wou he is die rigting indikasie vir elev en wind-age moet in die bo aansig en sy aansig onderskeidelik gedruk wees .Nou moet ek nog n geweer koop ek kan mos nie n PM11 S&B afhaal vir n Lynx nie

http://oi64.tinypic.com/2bcgsk.jpg

DD
Last edited by Diesel Dog on Fri Jul 22, 2016 8:11 pm, edited 1 time in total.
User avatar
EbenSmit
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by EbenSmit »

Eke nie ringe by gekry nie[PERSEVERING FACE]
Wasi deel vani deal ni.... ai

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Diesel Dog »

EbenSmit wrote:Eke nie ringe by gekry nie[PERSEVERING FACE]
Wasi deel vani deal ni.... ai

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Ek het 2 scopes gevat (economies of scale)
User avatar
EbenSmit
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by EbenSmit »

Ok is die nou n ander topick of wat..... watse ringe sal julle slim manne voorstel. k98 308 met n mauser piki rail op.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Fanie Nel »

Hello almal
Kom vertel bietjie vir ons hoe ondervind julle hierdie groot bul van lynx. Almal wat teleskope gekoop het.
Groete
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Sangoma (IAN) »

Ekt saterdag een in my hande gehad en sy turrets stel nog steeds baie mushie.
User avatar
EbenSmit
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by EbenSmit »

EbenSmit wrote:Ok is die nou n ander topick of wat..... watse ringe sal julle slim manne voorstel. k98 308 met n mauser piki rail op.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Ekt vandag vir my n stel ringe gekry[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016072 ... 0b4b7f.jpg[/IMG]

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by LoopSoosStroop »

Gister ene bevoel en bevat in 'n winkel. Ek deel nie Ian se sentiment met die turrets nie. Hy is wel baie groot en swaar, maar dit is nie 'n probleem met 'n baan geweer nie. Kruishaar lyk baie netjies en bruikbaar, en FOV is baie groot met die 56 mm voorste lens. Vergrotings "range" is ook fantasties.

Die ding is nou nie afgewerk soos 'n NF nie, maar steeds baie netjies.

Ek sal verseker ene koop as ek die geld gehad het.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Konrad308 »

Ek het een op my 300wsm Tikka T3 Varmint gesit. Ek wil nog een he. Die LX3 5-30 is awesome!
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
User avatar
EbenSmit
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by EbenSmit »

Eke moet se waarde vir geld.....

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Arnold »

Enige terugvoer oor die parallax? Iemand wat een het het gesê dit is nie so great nie en ek het nou ook nie verder uitgevra nie.

Klink of die mense tevrede is met die scope.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Nico Harris »

Beste waarde vir geld! Waar anders kry jy 100moa+ vir daai prys.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Arnold »

Nico Harris wrote:Beste waarde vir geld! Waar anders kry jy 100moa+ vir daai prys.
Die Lynx het 80 MOA vertikale verstelling.

Sightron SIII 6-24x50 SFP het 100 MOA en die 8-23 het 70 MOA waar die FFP 6-24 80 MOA het, ek glo hulle is in dieselfde prysklas met die SIII dalk bietjie goedkoper?
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by LoopSoosStroop »

Arnold, ek het gister die twee langs mekaar gehad. By die spesifieke winkel was die Sightron SFP R2k goedkoper.

Ek het nooit gedink FOV en buis grote maak 'n verskil nie, maar noudat ek 'n 4-16x42, 25 mm scope skiet teenoor voorheen 'n 4-16x50, 30 mm buis kan ek defnitief die verskil agterkom.

Dalk te bulky en nie die regte maak om "tacticool" te wees nie, maar ek dink die twee Lynx 20MOA kruishaar scopes is regtig goeie waarde vir geld en lekker baan scopes.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Post Reply