Volkswagen se advertensie

Post Reply
tafjak

Volkswagen se advertensie

Post by tafjak »

Manne

Hier is 'n ding wat kop uitsteek en dit lyk nie goed vir Volkswagen SA nie. Nou sal ons sien of Volkswagen sonder die boere kan klaarkom.
Ek reken dat boere wat kleinvee boer, of vir die matter alle boere, nie deur 'n Instansie wat eintlik deur kli?nte daar gestel is kan hiet en gebied nie.

Sal nou sien of die kli?nt tog nog maar altyd reg is nie. Ek sal nooit, nooit ooit weer 'n sent spandeer op van hulle produkte nie. Alle Volkswagen dele of produkte sal nou nie meer welkom op ons grond wees nie. Ek dink in elk geval dat hulle produkte maar eina is. Wat s? julle?

Groete

Taffie
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Ja3 »

Taffie
Van wat se ene praat jy, die jagluiperd een?, wat beter af sou gewees het met 'n 6mm?
grte
Ja3
tafjak

Re: Volkswagen se advertensie

Post by tafjak »

Ja3

Die einste en ek ruik Bool in dit. En dit sal vir hom 'n les wees, hy sal dit gou-gou sien.

Taffie
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Janjak »

Taffie,
ek stem, dis sommer Booool.
Maar daai klein bojaantjie wat help kar ry, dis mos n rigting wat ons nognie aan gedink het nie. Ons kan daai outjies gebruik. Dalk sal hy nog n .22H ook kan dryf vir die jakke wat naby inkom. Ons sal net vir Sallie (Porcus) moet weghou want hy sal hom heeltyd n V-max oppie ribbetjies wil gee. ;D
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Ja3 »

:D :D :D :D damn, dis snaaks
Janjak wrote: Taffie,
ek stem, dis sommer Booool.
Maar daai klein bojaantjie wat help kar ry, dis mos n rigting wat ons nognie aan gedink het nie. Ons kan daai outjies gebruik. Dalk sal hy nog n .22H ook kan dryf vir die jakke wat naby inkom. Ons sal net vir Sallie (Porcus) moet weghou want hy sal hom heeltyd n V-max oppie ribbetjies wil gee. ;D
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by LMB »

Wees positief.
Moenie vir volkswagen ondersteun nie, maar gebruik maar die slagysters, VW gee vir die goggas wiele as hul voete weg is!!!

Groete
Lukas
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Christo »

Taffie

Dit is hoe adverteerders se marknavorsing werk. Vir party is die kaaitjie met die kietsie iets wat iets wakker maak, en vir ander meer ingeligtes krap dit genoeg om om 'n bohaai daarvan te maak. En dit is presies wat hulle wil h? want dan adverteer jy en ek en die ou wat wens hy is kietsie ;) dit net nog meer soos wat ons nou hier op die forum maak.

As hulle ons kan stir is die doel bereik want dan neem ons deel aan hulle ad veltog sonder dat ons besef ons doen dit.

Kyk maar na die ad van die SPUR op die brug, waar sien jy dit gebeur? Ek moet nog die taxi ontmoet.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by MEERKAT »

Taffles

Miskien moet Landie en Toyota 'n enetjie maak wat die stukkende lammers bo van die berg af aanry.

Die Landie sal ongelukkig onder die berg moet wag net om die vrag by Toyota oor te laai.
Knou goggas af
MEERKAT
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by britsman »

Meerkat,
MEERKAT wrote: Die Landie sal ongelukkig onder die berg moet wag net om die vrag by Toyota oor te laai.

            Boet--- nou trap jy op dun ys!!!!. Miskien die "Tar Rovers", maar nie die "work horses" nie.
         
        britsman
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Christo »

Taffie

Ek praat vanoggend met my vrou oor die ad, toe sy my herinner dat die girl so tyd terug op Carte Blance was. Sy bly iewers is Namibia en is al lankal besig om vir die diere te sorg. Sy bly op die plaas waar die diere is en op die tv was haar kind ook tussen die bobbejane afgeneem waar die se ouma niks tevrede was daarmee nie.

Sy doen dalk iets goeds ?? ek weet nie of ons haar dadelik moet kruisig nie.

Miskien weet jy iets wat ek nie weet, dan moet jy my maar inlig dat ek ook weet.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by LMB »

As mens vandag se Rapport lees, sien jy dat die idee uit die Kaap kom. Die Argus het tyd gelede die afpoot foto gepubliseer. Volgens die berig is die mense gaande oor die arme dier. Daar moet nou net oor so `n maand of drie weer `n negatiewe artikel of berig wees oor die boere met hul slagysters en die publiek is gewen vir BS.

Groete
Lukas
tafjak

Re: Volkswagen se advertensie

Post by tafjak »

Christo

Ek is op die oomblik nie goeie geselskap nie, julle sal seker agterkom in die posts. Die hele advertensie het my nie opge"charge" nie, maar die deel van die slagyster het. Die girl is pragtig en ek is bly dat sy die cheetah versorg, maar moenie dit op so emosionele wyse doen nie, praat van die advertensie. Ek dink ook Volkswagen buit die situasie uit tot eie gewin en gee nie duit om wie wat s? nie.

Taffie
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Ja3 »

Wat het die versorging van diere met die bekendstelling van die Volkswagen Golf 6 uit te waai? Stem saam met Taffie VW buit dit uit om die hartsnare van die publiek daar buite aan te raak. Dit lyk vir my meer na publisiteit van hierdie "fantastiese" vrou, en die meerderheid van die publiek sien haar as 'n rolmodel,.........wat die nuwe Golf 6 ry!!!

So klim in julle bakkies en gaan sien dadelik julle naaste VW agent.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Christo »

Ek stem saam oor die VW uitbuit gedeelte.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Ja3 »

Christo
Ek moet eintlik onverskoning vra vir almal op die forum. Dis eintlik nie reg van my om te veralgemeen rondom die meisie nie. Miskien bietjie vinnig in 'n kamp gesit...
So jammer julle ouens.
Laat ek vir eers 'n wag voor my mond sit..
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Christo »

Ja3

Geen manier dat jy die skuld moet dra nie, ek  :P en almal het lekker op die wa gespring sonder feite. Ek was behoorlik skaam toe my vrou(van almal) my teregwys. Daarna was ek eers vir VW die hel in.

Gelukkig is die forum 'n goeie plek om uiting te gee aan 'n man se gevoelens, bietjie stoom af te blaas. ;)

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Volkswagen se advertensie

Post by WillJak »

Taf, ek stem - die versorging van die dier is vir my wonderlik, maar VW buit dit definitief uit. Ek wens net ek kon hulle boikot, maar van dat ek al daai moeilikheid met een van hulle Golfs gehad het as student het ek nog nooit weer een van hulle produkte gekoop nie, en dis nou al amper 20 jaar later......
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Freek »

Kon nie verstaan waaroor die groot bohaai gaan nie... "Damn" ek sien nou eers die kar in die advertensie raak, het elke aand stiptelik voor die kassie gewag vir die mooi aantie... met al haar af vlerk duifies. Sy is 'n goeie voorbeeld van 'n vrou so reg na 'n boer se hart. Mooi persoonlikheid en alles... soos ek dit sien is die kar net die agter grond m.a.w die skaduwee, die kar laat die aantie net beter uit staan. Alhoewel my persoonlike opinie is dat sy veel beter voor of binne in 'n Cruiser, of 'n Hilux, of 'n Drifter, of 'n Ranger, of 'n Isuzu of selfs 'n Land Rover sou gelyk het.  ;D Ons almal weet tog TOYOTA, ISUZU, LANDROVER, FORD en MAZDA bou die plaas bakkies. Wie wil nou dooie jakalse in 'n GOLF rond ry  ??? Hel nee man ons boere het mos trots.



Net my 2 cent.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Volkswagen se advertensie

Post by tafjak »

Nou wonner ek oor daai slagyster in die prentjie. Sou mens nie eerder daai been in die enkel of die knie afgesit het nie. Nou wil dit al vir my lyk of daai Jagluiperd nie dalk raakgery is nie...... En ek wonner wat die maak van daai kar was? Miskien het iemand 'n skuldige gewete?

Tafjak
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Freek »

Ja wragtag Taffie, jy het 'n punt beet. Jy sien nou dat ons besig is om hierdie advertensie te ontleed is daar 'n hele ensiklopidie wat hier voor my oopval. Ek dink ons is vinnig besig om tot in die murg van die kwaad in te delf. Hoekom sit mens 'n hele been af as net die dier se klou beskadig is, dit maak mos nie prakties sin nie... Moontlik het cangarine in getree, wie weet. Maar ek sal volgende keer, as die advertensie weer wys, kyk of ek nie moontlik 'n VW badge op daai kat se agterwereld kan sien nie. Gaan moeilik wees om op die aantie en die kat te konsentreer, maar ek gaan traai. ::)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Volkswagen se advertensie

Post by tafjak »

Het sommer so bietjie probeer oplet hoeveel van die Fabrikaat ek op die paaie sien. Lyk nogal verdag, verbeel my ek sien minder van hulle as gewoonlik. Seker ook maar moeilik aan daardie kant.

Taffie
Hunter xxx

Re: Volkswagen se advertensie

Post by Hunter xxx »

Hallo julle

Ek ken die meisie ek dink sy het n baie mooi persoonlikheiden is lief vir diere. Haar Ma en Broer Schalk van der Merwe het die plaas Harnas naby Gobabis in Namibia. Hulle sien om na diere wat Boere nie meer wil he nie. Ek kom baie op die plaas en weet bietjie wat aan gaan. Moet my nie verkeerd  vestaan nie. Broer skiet n Jagluiperd en kom eers later agter sy het kleintjies dan word Harnas gebel om dit kom haal. Net so met die Bobejanne mens hou hulle aan as hulle klein is want dan is hulle oulik!!!!! wat van as hulle groot raak. Sorry ek is van die sorrie af!!!! Ek het n probleem met AD is hulle maak so baie geld uit daardie dier maar die dier kry niks.
Sy was op Harnas toe troue sy met n Dr. Van Vuuren en hulle het nou hul eie plaas. Sy maak net Filems oor die diere en neem Photosvan hulle. Die bobjane in Leon  se fliek kom ook van haar af.
Ek dink van die mense wat diere gebruik om ryk te word is nie reg nie.
Ek luister.
8)
Hunter xxx
Post Reply