Nuwe verskieter - watter scope?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

More manne,

Ek wil by die vêrskietsport betrokke raak. Het reeds my Ruger RPR in 6.5Cr gekoop (moet hierdie week lisensieaansoek inhandig).

My vraag: waarna kyk mens wanneer 'n ou n scope wil koop vir verskiet (sê maar tot op 1000m)?

Watter vergroting, kruishaar, turrets, MOA, MRAD , en hoekom?

Sover die opsies: Burris Veracity, XTRII, Vortex PST, Athlone, (almal in FFP).

Budget <R20K

Ek wil nie, nadat ek n scope gekoop het, hoor ek moes eerder dit of dat gekoop het nie.

Thanks vir die advies.

Hennie
Last edited by Hennie van der Merwe on Mon Jul 18, 2016 3:30 pm, edited 1 time in total.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by joe rocket »

Ek sal vir die sightron S 3 6x24x50mm moa kruishaar ffp gaan in jou prysklas. Ian verkoop die scopes. Die Burris xtr is ook n bull scope, twinhunter kom in! Die xtr gaan nou al oor die R 20 000 kos.
Last edited by joe rocket on Mon Jul 18, 2016 9:21 am, edited 1 time in total.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

Thanks Joe, het vergeet om hom ook as n opsie te noem.

Wat ek eintlik wil weet, is waarna om te kyk: bv wat beteken dit as jy 1/4 ipv 1/8 MOA verstellings het, en dan die verskillende kruishare ens.

Ek benodig so bietjie opvoeding.
marco

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by marco »

Hennie daar gaan vreeslik baie opsies na vore kom met jou vraag...
Vir my is die volgende belangrik..
Scope meot jy kan verstaan
bv. moa vs m rad... ek verstaan moa beter en dis vir my ook ons algemene skiet taal.. bv my geweer skiet 1 moa laag en links...
So ek kyk altyd dat my scope se verstelling en ook sy kruishaar in die selfde eenhede werk... moa en moa of dan mrad en mrad..
Dis belangrik wanneer n mens skiet en dan n korreksie wil maak.. Dan is dit eenvoudig om te meet met die kruis en dan te stel...
Ek self het die vortex viper 6-24×50pst ebr1 moa .
Ook sie sightron s3 soos bo genoem is self n bitter lekker scope.

kyk ook na n lekker fyn kruishaar met die kleinste indelings dit maak skiet op afstand en meet die maklikste..

Beide die scopes is meganies goed en glas is helder. Prys is binne jou budget.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

Dankie Marco.

Wat is die mees algemene scope wat die verskieters gebruik?
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by joe rocket »

1/8 MOA is kleiner as 1/4 MOA, so jy gaan fyner kan stel, jou somme gaan ook moeliker wees om 1/8MOA na MOA toe terug te werk. Heinz het n skakel geplaas van:" understanding minute of angle" wat alles baie mooi verduidelik. Millrad is weer groter as Moa so jy stel vinniger en jou somme is weer anders as Moa.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by joe rocket »

Hennie van der Merwe wrote:Dankie Marco.

Wat is die mees algemene scope wat die verskieters gebruik?

Seker maar Night Force
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

Thanks manne,

Sal so bietjie gaan kou aan al die advies.
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Jaco v Zyl »

Zero stop funksie sou ek as vereiste stel vir my inelkgeval
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

Thanks Jaco,
Watter van bogenoemde opsies het nie n zero stop nie?
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by THOMAST »

Hennie, wat ook belangrik is is die hoeveelheid wat die teleskoop kan stel: 'n 34mm buis hoort meer verstelling te hê as 30mm buis, wat op sy beurt weer meer hoort te verstel as 'n 25mm(1duim) buis.
Nog 'n punt: die teleskoop moet konstant kan stel: as jy van jou 100zero opgaan na sê 600m en jy dan weer terugkom na jou 100m zero, moet hy presies daar wees.
Asjy gaan vir 1/8"MOA verstelling teenoor 1/4MOA verstellings, gaan jy fyner kan verstel, maar jy gaan minder hoogteverstelling hê.
Elke teleskoop sal vir jou 'n aanduiding gee van die verstelwaarde, bv 4clicks is 1duim op 100jaarts, maar baie van die teleskope se verstellings stel nie soos hulle hoort nie. Ek het 'n teleskoop gehad wat, soos jy 4duim verstel, het hy werklik 6duim verstel. So moenie net aanvaar wat gestel word nie, meet self.
Hoër gehalte teleskope is geneig om minder wisselvallig te wees.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Williel »

Ek vind die inligting handig om seker konsepte te verduidelik.

http://precisionrifleblog.com/2013/03/0 ... -look-for/
Groete, Willie
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Jaco v Zyl »

Hallo Hennie.
Eks nie seker watter het nie, sekere modelle binne n vervaardiger het zs en ander modelle het nie.
Groete
Jaco
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

Dankie manne
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Capt. Yoda »

Hennie as jy ver skiet gaan jy nie jou scope se ret gebruik om afstand te skat nie jy gaan n ordentlike range finder gebruik maar waar jy wel jou reticle gebruik as as jy vir iemand spot of as jy self sien hoe ver jy mis skiet dan kan jy jou reticle gebruik om die afstand in MOA of MRAD te meet en dan vir jou maat te gee of dan self te gebruik. As jy en jou maat saam skiet en jy gebruik n scope wat se strepies/spasies in MOA meet en hy gebruik een wat in MRAD meet help die nie, kruis word ook natuurlik gebruik om vir wind te hou as die wind swaai en jy nie jou turret draai nie so ek sou ook nie regtig na n scope kyk wat se windage strepies meer as 2MOA uit mekaar is nie

Om met n 6.5C tot by n 1000m met n 140gr Hybrid te kom gaan jy in die omgewing van 30MOA moet kan op stel, meeste scope met 60 of meer MOA interne verstelling sal jou daar kan kry, onthou jy zero nie op 100y op 0MOA wat jou dan al jou interne verstelling los om ver te kan skiet nie.

MOA of MRAD verkies ek maar MOA maar hier is dit n persoonlike ding.
1/4 of 1/8 is up to you, met 1/8 sal jy kleiner verstellings kan maak op enige afstand maar jy gaan meer moet draai (8 clicks nou vir n duim verstelling op 100y pleks van 4 clicks op 100y vir n duim met n scope met 1/4 verstelling) maar dit maak nie regtig saak nie want as jy net wil sukkel gaan jy sit en clicks tel pleks van in MOA of MRAD stel.

Begin by scopes met zero stop/set en werk van daar af dit maak dit net baie makliker veral as jy op verskillinde afstande skiet
FFP of SFP is jou keuse maar ek sien nie regtig die doel van n FFP scope as jy op n 1000m staal skiet nie, persoonlik soek ek n baie fyn floating dot om me te mik as ek ver wil skiet

Maak net seker die scope wat jy koop se kruis en turrets werk dieslelfde laat jy nie dalk n kruis het wat se merkies in MIL gespasier is en die turrets stel in MOA nie, ek het ook al n scope gesien wat die elevation in 1/8 stel en windage in 1/4 wat seker kan werk maar dit is n resep vir deurmekaar raak.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

Dankie Kaptein.

OK, so watter scope van bg sal jy voor gaan ( sonder in agneming van vendors op die forum ens) - ek soek 'n scope wat ek nie na 3 maande wil vervang omdat ek die verkeerde een gekies het nie.

Ek wil met minste moeite van 100m na 300m, na 600m na 1000m kan skiet na gongs, en weer terug, en dan nou en dan 'n blesbokkie op 300m net om my skill te "toets" en n vleisie op die tafel te sit :-)
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Gerhardu »

SIII 6-24x50 moa
Second Focal plane
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Gian_dP »

gerhardu wrote:SIII 6-24x50 moa
Second Focal plane
Sekondeer, alhoewel myne ffp is. Genoeg interne verstellings, kruis met floating dot, turrets stel baie noukeurig en presies, glas vir my baie goed. En onder R20000 budget.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Capt. Yoda »

Sightron se 6-24 met iets soos hul LRMOA reticle, ek is nie seker of hy zero stop het nie hoor dalk net by Ian maar as hy nie n ingeboude een het nie kan jy altyd n plan met n DIY stop maak.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

Thanks,

Nou wil ek weet: as daar so baie ouens op die forum verander van SFP na FFP, hoekom reken julle SFP vir my?

Watter een is dan nou die hoed vir Sannie?
LDV
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by LDV »

Sightron s3 het nie zero stop nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Capt. Yoda »

Hennie van der Merwe wrote:Thanks,

Nou wil ek weet: as daar so baie ouens op die forum verander van SFP na FFP, hoekom reken julle SFP vir my?

Watter een is dan nou die hoed vir Sannie?

Wat doen die ouens? Skiet hul uit n le posisie na gonge op 600, 800, 1000, 1400 en 1600y + wat hul met n range finder kan meet of skiet hul veldskiet na gonge wat se grotes hul weet maar die afstand moet skat/bepaal?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

Nee gits, ek weet nie :-)

Ek gaan eersgenoemde doen.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Capt. Yoda »

Die FFP scope het verseker n voordeel as jy die reticle gebruik om die afstand na die gong toe te bepaal, dit is tog hoekom ouens FFP scopes koop. Kyk maar na die manne wat veldskiet doen en jy kan natuurlik jou FFP scope op gonge gebruik as jy die afstand weet daar is geen nadeel nie maar die FFP scope kos aansienlik meer as n SFP scope so vir my wat 99% van my tyd na staal skiet waar ek die afstand self bepaal met n RF of waar die afstand vir my gegee word en dalk 1% veldskiet doen is die SFP scope nog voldoende. Niks keer jou om n FFP scope te koop en dan best off both worlds te he nie dit hang net af hoeveel geld jy wil spandeer.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Post by Hennie van der Merwe »

Thanks, dit maak nou baie sin.

Ek reken dan die SFP is vir my. Dit gee my nou baie meer opsies.

Baie dankie
Post Reply