So klompie jare gelede het ons besluit om die lammer kampe te elektrifiseer en probeer om jakkals se loop areas te beperk. Die verliese was baie laag hoofsaaklik n kat wat net eenvoudig oor die kragdrade sou spring n lam of twee sou vang alvorens ons lammers gecollar het. So 2 maande gelede het ons redelik reentjies gekry met die gevolg het krag probleme gegee en met ander verpligtinge kon ons nie by kortsluiting en so meer uitkom. Vir die voorafgaande 10 maande was hier nie n jakkals spoor binne die kragblokke nie. Binne week na krag af was tel ons eerste jakkals spore op en skiet broeipaar of altans reun en teef , was nie 3 dae toe skiet ons volgende stel en so het dit aangehou tot ons 14 oor die laaste 9 weke geskiet het, ek moet toegee ek was verbaas en het geglo na elke stel dit sal die laaste wees en dit het eenvoudig aangehou totdat ons weer krag reggemaak het. Op die stadium is hier n los jakkals vermoedelik n teef wat se spore ons gereeld teen krag drade optel , jammerlik om te se die jakkals is paar aande gelede misgeskiet teen kragdrade en nou is sy baie versigtig. 'n Groot gedeelte van die jakkalse wat geskiet is was 4 jaar plus oue jakkalse en almal is met nagsig geskiet.
Dit wil voorkom asof die teorie van skep n vakuum vir jakkalse al meer neig om waar te word en na hoeveel jakkalse nog sou die instroming dan gestop het.
Die getal jakkalse is die meeste jakkalse wat ons ooit in die kortste tyd in amper 30 jaar op die plaas geskiet het.
Sal graag wil hoor by die jakkals kenners wat hul verklaring hiervoor is.
Groetnis
MEERKAT
Elektriese drade en jakkals vakuum.
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
-
F.L.A.S.H
- Hero Member

- Posts: 854
- Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am
Re: Elektriese drade en jakkals vakuum.
Blaksam Meerkat maar dit is betjie rof.
In watse werld is julle?
In watse werld is julle?
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Elektriese drade en jakkals vakuum.
Wys net ou jakkie stel nie teleur nie!
My skoonpa boer naby Prieska en het ook krag. Ons kry dit gereeld dat as die krag af is kom hulle in. Maar die krag is nooit langer as n dag of twee af nie. Hy word maar daagliks getoets. En as hy binne is en die krag is weer aan dan bly hy net daar tot ons hom skiet of vang. Dis asof hulle op n manier agterkom die krag is af. Ek hou altyd n hond dop wat nie krag ken nie. Hy choke net een keer dan is hy klaar bangerig vir die draad. Sal n slim jakkals maar gereeld die draad toets tot hy voel hy byt nie meer nie? Ek wonder dit sommer altyd.
Die deel binne die krag word mos nie deur jakkalse gemerk nie. Dalk die rede vir die instroming.
Ek luister verder saam.

- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Elektriese drade en jakkals vakuum.
Hoe groot is grond of die area waar die stelle heeltyd ingekom het? het hulle versprei of elke slag net n seker area in gegebly?. Hier is n boer tussen Riversdal en Albertinia, hy het 2 jaar terug 200 lammers verloor. Sy heinings is toe daarna geelektrifiseer en al die jakkalse uitgeskiet ens. hy het 2 maande terug die eerste 3 lammers verloor na n jaar en n half wat hy geen verliese gehad het nie. As dit nat is, earth die drade plek plek uit en een jakkals het ingkom en vinnig 3 lammers geeet,maar sy brieke is al aangedraai. Hier by ons is redelik bosvark en ek vermoed hulle maak maar n jakkals se pad oop veral as drade nat is of uitshort.
-
Cebo
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Wed Apr 05, 2017 9:26 am
Re: Elektriese drade en jakkals vakuum.
Daar is nie n oplossing vir hierdie probleem nie, net n onderhoud routiene. ek weet dis nou n paar jaar wat jy ge-pos het, maar dis nou eers wat ek lees. Jy het seker al jou eie oplossing al uitgewerk, maar hier is wat ek geleer het. (krag kampe van 2000 al)
a. Die teel seisoen van die jakkals. As die jong jakkals weg van die nes gejaag word, soek hulle eie gebied, slaan die krag-draad vir die eerste keer en as hulle deur is, sal hulle nie weer gou die draad aandurf.
Reen was klappe oop; maak weer toe en kyk vir spore.
Jy hou die jakkals uit oor n goeie tydperk, en die reserwes bou op anderkant jou draad. As bure saamwerk, skiet sy jakkals by hom, dit gaan jou baat. Die dag wat jou draad oop is, staan hulle tou om "take aways" te vat.
Nou het jy jakkals in die kamp. Hy leer gou die vee bewerking routiene, en is gewoonlik die verste punt in die kamp van die "mense". Om daar te kom, gebruik hy skuiling, bome, sloote om uit sig te bly. As jy hom wil skiet, verander die routine, maak vee verkeerde kant toe bymekaar, en sorg jy staan in die sloot, bome of skuiling wat hy gebruik om te beweeg. Nie naby nie, "in". Enige breek in routiene sit druk op hom, en hy gaan n vout maak as jy aanhou. Water punte kan jy gebruik om oor te le, as hulle (water punte) nie te veel is nie. Sit jaste of sakke ens oor punte jy wil he hy moet nie gebruik nie. Isoleer hom tot hy uitkom waar jy hom wil he. Om hom te roep in die dag is redelik eenvoudig, jy moet oprig soos in die aand, met n Caller, maar sonder dat hy agterkom jy is daar. Ry in met die bakkie, rig uit jou skiet plek, (in n bos of hide) caller uit ens (wind baie belangrik) alles word gedoen op jou gemak met geen wegsteekery tot jy reg is; en le doodstil in posiesie. Dan..... loop die drywer op sy gemak bakkie toe, en met gewone metode, uit die kamp en weer huis-toe. Die jakkals sal binne 15min kom kyk daar waar die bakkie was, as nie, gee so een geluid (kort) met caller en wag. Jy sal jou tyd nie mors nie. n Jakkals is rerig hans as hy dink jys uit die kamp uit; en hy kan nie tel nie.
Laaste punt is as jy enkel kampe apart toe gemaak het, volg ek die volgende procedure. 1. werk draad dat die krag werk. 2. loop kamp deur met volk en maak alle gate toe met #^&#gene (pille vir kewers in silo) 3. Maak bekende jakkals 'nes-gate' wat jy kan maklik werk, na twee dae weer oop. (dit gee die volgende indringer n wegsteek plek sodat jy nie weer van vooraf moet soek nie) Pasop net om die pille se gas nie te inasem nie, ek gebruik n kort stuk pyp om die pellets "in te blaas" Gewoonlik is dit stil daarna, as jakkie onder druk plaas, gaan hy gate toe meestal. Die pil is in; stop hom met n alwyn of klip wat handig is en seel met grond. As dit n nes is, stel slagyster by hoof ingang om teef te vang as sy oopgrawe. Die reun sal later kom as jy wil wag. Solank hulle dink jys uit die kamp, kom hulle gou. Hulle sal ver weg sit en kyk hoe werk jy met die gate.
hoop dit help jou.