TBR met rangefinder en Strelok.

Post Reply
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

TBR met rangefinder en Strelok.

Post by Morne Van Der Merwe »

Middag almal,

Kan iemand met so bietjie meer info gee asb. My rangefinder het die true ballistic range funksie, wat dit tans op gestel is. Nou wil ek weet, sê bv die bok staan hoog teen die berg, bv 30 grade heiling, en ek range die bok, en dit gee vir my n afstand van 200m, kan ek daardie afstand net so in strelok in lees, met 'n zero hoek (omdat die rangefinder klaar die TBR uitgewerk het), of moet ek 30 grade ook inlees in Strelok? Bv op 300m is dit vir my geweer 3.5moa vertikale verstelling en as ek heiling bysit is dit .9 moa oor 300m met 30grade heiling.
Ek het " cheatsheet" wat ek maak voor in die veld gaan om my moa te stil op verskillende afstande. En so bietjie na Strelok gekyk dit maak nogal n groot verskil as jy die heiling grade insit of nie.

Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: TBR met rangefinder en Strelok.

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê Morne.
Jy het te veel veranderlikes maat. Hou dit eenvoudig. Tot op 300m gebruik jy die TBR afstand wat jou rangefinder jou gee saam met jou cheatsheet.
Wanneet jy verder wil skiet raak dit belangrik om die "vlug-tyd" van die koeël in ag te neem en dan sit jy die werklike afstand en die hoek in Strelok in dat hy die somme pomp.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: TBR met rangefinder en Strelok.

Post by Smitstertjies »

Luister maar wat Gawie se hierbo. Ek het presies dieselfde vraag as jy gevra so paar maande terug en hy het my bas gered met sy antwoord. Die week daarna kon ons n paar bokke omdop op 700m plus. Almal het teen hellings gestaan wat ons net so in Strelok ingevoer het. As jy die helling uithaal en die rangefinder se aangepaste afstand insit in Strelok verskil sy berekeninge dramaties (verkeerd) op die langer afstande
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: TBR met rangefinder en Strelok.

Post by Morne Van Der Merwe »

Hello Gawie,

Baie dankie vir daardie info, sal dit so doen. Jaracal is beter as Google.
Lekker skiet manne

Ja nee Martin, ek sal verseker na Gawie se raad luister.
Lekker aand almal,

Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Post Reply