Stokkie se goose
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Stokkie se goose
Ek het n Jack Russel, die oukie is nou n jaar oud en sy naam is Stokkie. Terloops – die naam het my dogtertjie hom gegee omdat hy van 6 weke af net eenvoudig enige stok nie kon uitlos nie – besem stok, takke, braaivleishout – noem dit maar, daar issie n stokkie wat hy nie opfokki.
Stokkie – soos enige hond wat alleen saam sy baas grootword – dink dat ek al sy beskerming nodig het – en hy is my skaduwee – ek kan wragtig nie in die oggende troon toe gaan nie dan sit stokkie langs my. As ek shower le hy voor die shower, waar ek ry is hy in die bakkie - julle kry die idée.
Nou ek is n maplotter – so 15 Km buite Tsumeb tuis op plot – natuurlik n hemel vir Stokkie so buite die dorp. Vanoggend 05:30 am hoor ek n rumoer daar by die ganse – ons het jakke asook n paar wilde katte (wat ek probeer kry) wat oes onder die ganskuikens – so ek gryp toe die 22 en ek en Stokkie is uit ganse toe. 2 van die die ganse broei in n bamboes bos. Ek en stokkie betree die bamboesbos versigtig – ek op uitkyk vir kat of slang of watookal hulle so ongelukkig het.
Een mannetjie gans kom kop laag al blasende uit die bos en Stokkie sien dit as n bedreiging vir my en hy storm die gans en spring terug en storm weer en spring terug soos die gans hom storm / blaas en staan en so si-saw die twee met mekaar – net buite raak afstand. Terwyl Stokkie nou so besig is met die blaas-gansbedreiging voor hom, merk hy nie n ander gans wat agter om die bamboesbos uitkom nie, dit kliek ook nie by my dadelik wat hier besig is om te gebeur nie – n gans hinderlaag in wording.
Terwyl die hinderlaag begin vorm aanneem in my gedagtes is Stokkie op daai oomblik weer in n vinnige terugvallende posissie, en met die beweging spring hy binne die blasende gans agter hom vas wat hom intussen bekruip het. Nou mense … ek het al jare agter die rug met allerhande honde en hulle gevreets-uitdrukkings en geluide wat hulle maak is bekend aan my, maar ek sweer – ek het nog nooit enige hond in piering-oog paniek gesien of hoor gil nie…
Met die retereer in die hinderlaag gans vas het Stokkie in een beweging soort van in die lug omgedraai en sy gesigsuitdrukking verander van aggressief na…al hoe ek dit kan uitdruk is n ooooFOOOK! Terselftertyd het sy grommende blaffery verander na n gil of skree eerder – iets wat net uit die donkerste dieptes van n hondehel kan kom. Terselftertyd hap die gans na hom wat nou in die lug probeer rigting verander en afstand maak, en kry daai gans hom beet in die sagte vleisies tussen die pistool en die binneboud, en sy onaardse skree / gil dryf so 4 oktawe opwaarts terwyl hy nog probeer afstand maak terwyl hy airborne is.
Toe hy grondvat het hy so breukdeel van n sekonde regtig gestaan en spin voordat hy so 30 meter verder gaan omdraai en die vreeslikste lawaai wat mens net kan verduidelik as n gillende-blaffende-skreeuende geluid staan en maak, rughare penregop van sy nek tot sy stertpunt en hy vloek daai gans in sy ma in met ernstige gepeperde hondetaal!
Ek…wel ek het gaan sit en skree soos ek lag – tot my asem op is en weer en weer terwyl die affere oor en oor in my brein afspeel. Na so rukkie het ek krag gehad om op te staan, my hond – onsedelik aangerand en ernstig geviolate wat gewoonlik agter of langs my stap is los voor – beeline reguit huis se deur toe.
Nadat hy bedaar het en ek bietjie getroos het en gekyk het dat die gans darem nie vel gebreek het daar by die rollie area nie – het die hare op die rug ook begin sak. So 10 minute daarna hoor ek weer die ganse buite – Stokkie trek soos n pyl uit n boog kombuisdeur toe en gooi n blaf tantrum daarso wat vir niks skrik nie, hare weer penregop – eternal enemies was born this morning.
Dink nie ek sal ooit weer so lag soos vanoggend nie!

Last edited by FHM on Mon Jul 11, 2016 11:56 am, edited 7 times in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- TOKELOS
- Hero Member

- Posts: 555
- Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Re: Stokkie se goose
Baie pragtig! Het die sorie vreeslik geniet!!
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Stokkie se goose
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Stokkie se goose
Nou het ek ook lekker gelag Francois. Baie mooi beskryf - ek kon die hele affêre sien afspeel in my geestesoog.
My Jack russel tefie dink ek sal ook so iets doen, miskien nog vir daai gans haar mooi wit tandjies wys.
Sy is vol bravade as ek by is, laat my dink aan daai ou gesegde
"Hold me back!! I'm a tiger when I'm loose"

- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Stokkie se goose
Laat my dink aan Jan Spies se Waaksaam en leeu jag storie.
Hoyt Maxxis 31 DG 90# @ 28,5"
Bear Assault 70#
Musgrave .375 H&H
Hoyt Maxxis 31 DG 90# @ 28,5"
Bear Assault 70#
Musgrave .375 H&H
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 994
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Stokkie se goose
Mooi geskryf sou darm self lag kry vir hom
- Victor
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Thu Jul 19, 2012 9:33 am
Re: Stokkie se goose
Mooi beskryf !
Het ook in my verbeelding Jan Spies se Waaksaam herleef.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Stokkie se goose
As my blaas nie so sterk was nie, het ek plassies gemaak soos ek lag.
Storrieverteller van die eerste waters.
Storrieverteller van die eerste waters.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Stokkie se goose
Ek moes dit net deel - dankie manne. Stokkie kom saam my werk toe elke dag - gewoonlik is hy springlewendig en jaag die my drywers op hol hier by Transport. Sover die hele dag nog le hy doodstil in sy boks en loer my net so af en toe. Dink die gansdans van vanoggend spook nog n paar dae by hom. 
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- TOKELOS
- Hero Member

- Posts: 555
- Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Re: Stokkie se goose
FHM
Ja-nee kyk, die ou se ego is nou so biekie seer, veral omdat hy nie kan verstaan dat sy baas hom nie gewaarsku het het nie en nou nog boonop vir hom gestaan en lag het.
Jy sal maar vannaand ernstig moet bou aan die verhouding! Ek dink, saam op die bank sit voor die tv en n stukkie biltong so saam-saam kerf en eet kan dalk net die regte medisyne wees!

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Stokkie se goose
Ek glo ook dit is die lag wat die man se ego geknou het. Jy gaan maar saam met
hom daai ganse moet jag dat hy weer weet hy is die baas van die plaas.

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Stokkie se goose
Dit was nou lekker lees na harde Vrydag
Baie dankie. Dink die storie sal ook mooi rol in een van die jagters tydskrifte as kort storie
Baie dankie. Dink die storie sal ook mooi rol in een van die jagters tydskrifte as kort storie
- TOKELOS
- Hero Member

- Posts: 555
- Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Re: Stokkie se goose
En nou lees ek dit vir my wyfie en daaar loop die trane WEER soos ek lag!
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Stokkie se goose
Ja ek het my gat af gelag nou. Ekt al begin giggel toe die eerste gans uit die bos kom. Whahahaha. Dis vrek snaaks. Ek het self ñ Jack van 12 jaar en sy lewe lank staan hy vir niks terug nie en is nog vrek besig op sy ouderdom so ek kon in my verbeelding vir Stokkie sien die gans challenge al is hy net 1 jaar oud. Jack Russels het darem maar hart soos min!! Jis ek het lekker gelag. Baie goed geskryf!!!
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...