Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek sou ook n 61duim loop geweer veruil het vir iets ligters! Hy het seker bitter min geskop of was dit nog steeds te veel?
Ek skiet niu nie elke dag buffels nie, maar net op uitgesoekte geleenthede maar gebruik tog heelwat my 375 Ack op gewone wild. Weet nie of my brein besig is om te gaan nie maar dit voel net vir my gemakliker as ek blouwildebees met hom skiet teenoor die 30-06!
Groete
Wouter
Ja nee Wouter, sal lekker wees om 'n 61 duim loop te he, dan druk 'n man sommer die loop teen daai 300m gemsbok se kop :) Grap sommer Shindzela, ek's seker dit was 'n tikfout....? :)
Stem saam Wouter, voel ook veiliger om eerder 260gr deur 'n blouwildebees te jaag as 168/180gr.
Groete,
AM.
Last edited by ArnoldM on Wed Mar 16, 2011 6:25 pm, edited 1 time in total.
Nou wat van die wetgewing ding? Ek stem saam dat die 338 heeltemal in staat is om n olifant te dood maar dat dit marginaal vir die werk is, is seker nie debateerbaar nie. Ek dink die 375 sal verseker die beter keuse in die verband wees.
Baie goeie keuse met kaliber. Ek dink die meeste persone met baie ervaring waarmee ek al gepraat het of oor gelees het neig maar na iets in die 458 klas en groter met 480gr as die minimum. Dit is met olifant jag spesifiek waar Taylor se Knockdown Figures redelik goed na vore kom en die minimum wat hier gegee word as ek reg kan onthou is hier om en by 50. Die deursnee van die koeel kom juis hier baie na vore want dit is gewoonlik die bepalende faktor dat indien die olifant wat van voor geskiet word en die skoot mis die brein die brein deur die skok van die koeel nog steeds geaffekteer moet word. Vanwwar die Knock Down teorie.
Maar soos jy se dit help ook nie jy skiet met n kaliber wat jy so voor bang is dat jy nie eers die kop kan raakskiet nie! Daarom die populariteit van die 375,404,416,425.
Ek persoonlik skiet maar met 458 Lott maar spandeer genoeg tyd met hom om wel vertroud te wees.
wouter ja jong die ou wetgewing ding is mos maar altyd daar maar ek jy en meeste ouens op die forum weet dat die meeste olifante en buffels in die geskiedenis met .303's geskiet is so oor die 338 se vermo?e twyfel en glad nie as dit by olifantskiet kom nie ons ou voorsate het nou nie ons wye keuse van kalibers gehad nie so hulle mos maar die volgende beste ding doen en dit is om top skuts te word met die ou .303 wat hulle ook was. ek het verskeie videos al gesien waar hulle in die destydse rhodesia olifante uitskiet met gewone R1's so vir my en jou aanwending in ons "tax bracket" sal die .338 goed vaar vir alle grootwild tot by n eland en kameelperd want ek dink min van ons kan bekostig om n olifant te gaan jag. ek mag dalk vekeerd wees maar ek dink n .338 is n kaliber waroor min gepraat word en ek weet nie hoekom nie dis een van dis mees allround magnums wat daar is na die 300 H&H
dalk is daar nog ouens met n opinie hieroor. sal daarvan hou om bietjie te hoor
groete
pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
Ek stem! Ek besit self een(338) en is een van my geliefkooste kalibers. Ek besit ook n 375 Ackley Improved en dit is ook een van my geliefde Kalibers! Die wetgewing is ongelukkig daar en kan nie verby gekom word nie so dit maak seker ons gesprek oortollig. Dat die 338 met uitstekende penetrasie besit is juis. Hy hoef geensins terug te staan vir enigeen nie, inteendeel dit is die ander wat hulle skirts so bietjie sal moet optel om by hom uit te kom!
Hier by ons is die 338 nogal redelik gewild maar kan seker toegeskryf word aan n paar manne wat die kaliber nogal redelik promoveer en blootstel aan mense. Ek stem die 338 verdien defnetief meer aandag onder die Suid Afrikaanse skietpubliek!
Ons klink nou soos n klomp ja-broers maar ek stem weereens met jou saam! Die 338 is defentief nie vir iemand wat een keer n jaar n geweer optel nie! As mense na iets groters kyk settle hulle maar gewoonlik vir die 375 vanwee die wetgewing ding maar dit is eintlik maar bluf want bitter min mense kry daai geleentheid en dan daar waar die 375 wel gebruik word sou die 338 die beter keuse gewees het. Die ander probleem met die 338 ia dat die meeste vervaardigers hom te lig bou.
Ek val tans in die katogorie en gebruik n 223 totdat wind opkom of verder as 250m en dan kom die 270 uit. Skiet meestal by myself en familie. As ek nie eie grond gehad het nie sou ek seker 25-06 en 375 gebruik het. Slotsom ken jou en jou geweer se vermoe en eks seker enige keuse sal vir jou werk.
Die kuns is om die omie op die jagplaas om te praat om jou en jou roer te glo
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
Ek het 'n paar vriende wat gewere versamel
Vriend 1 ?50 gewere as hy gaan jag vat hy altyd sy 30-06
Vriend 2 ?25 308win
Vriend 3 ?20 7x64
Vriend 4 6 gewere 243
Ek kan aan nog 'n paar dink, die gewere wat hulle kies het almal iets gemeen. Dit was almal se eerste gewere. Hulle skiet almal baie goed en glo tot die dood aan daardie geweer.
So as ek net 2 mag kies my eerste geweer en die een wat ek nog wil laat bou??
Ek stem saam, dis nie met wat jy skiet nie, dis hoe jy skiet met wat jy het!
ek sal my 222 vir niks verruil nie, dien sy doel (ongediertes, en springbok in die nag)
Dai 222 het selfs al n koedoe laat omval
my 2de keuse sal n 270 of n .308 wees, omdat dit gewere is waarmee ek
groot geword het, en baie gemaklik mee is.
As ek 1 dag die lotto wen, en die groot 5 kan jag, dan sal dit met n 416 rigby
wees Hy trap net lekker vir n klein mannetjie soos ek
222 sako want goeie erfstuk en net reg vir wat ek in die dorp en rondom kan doen.
dan nog net 'n begeerte 308 sako 85 bavarain Carbine (kan verkeerd gespel)
dan kan ek alles skiet wat my budget toe laat
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
Ek hou maar net meer daarvan om groot goed te skiet as klein goed...... Met my .30-06 op 110gr skiet ek enigeiets kleins wat ver is............en met .30-06 220gr skiet ek enigeiets groots wat naby is en dan soek ek maar n .416 rigby vir die ekstra groot menere. No need for anything smaller.