Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Gedink ek is te veel op die Jaracal Forum dat ek dalk begin spoke sien maar aangeheg n foto van n Jakkals op die Bryanston Golfbaan in die hartjie van Jhb.
Ons kantore kyk uit op die golfbaan en ons het tarentale en fisante hier ens.
Nou die middag draf Jakkals se kind rustig hier by ons op en af. Boogafstand nogal.
Ek weet ons het jaar of twee terug Bruin Hyena in Blairegowrie gehad en Luiperd by Clearwater en Pta op N1, maar ons is darem baie diep in die stad in hier...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Cobus(Cobb) wrote:waar sal hy slapies innie aande??
Waterpyp, asblik, bunker hys van Afrika hy slaap enige plek en deur die dag tussen sy duiwe en hasies wat hy vang eet hy die tannie op die 12de gat se eukanuba wat sy vir hom uit sit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Dink ook stormwaterpyp of soortgelyk. Sal uitkyk vvir hom nou dat mens van hom weet. Wil een aand as ek laat werk hom inroep en sien of hy alleen is, dink hy sal viinig reageer aangesien hy seker nie baie jakkalse hoor nie?
Melckman ek sien ons dink die selfde ;-)
As jy Jakkals roepe hier van die Sasol Kantore se kant af hoor dis ek met my Jaracal CD, moenie skiet nie.
Die jakkals op my avatar profile foto is met die boog bokveld toe gestuur ;-)
Melckman wrote:Ek hou hierdie storie fyn dop - ek bly naby die golfbaan. Dit kan nogal 'n lekker uitstappie raak om hom/hulle met die boog te kap in die aand.
Daniel: ons moet dalk besigheid gesels. Ons kan geld maak as ons hulle getalle mooi "bestuur"
Middestad Boogjag Safari's..... Unieke boogjag varminting geleentheid in die hartjie van die goudstad..... Bespreek vinnig, gleentheid is beperk
Cobus(Cobb) wrote:waar sal hy slapies innie aande??
Cobus(Cobb) wrote:waar sal hy slapies innie aande??
Capt. Oblivious wrote:
Cobus(Cobb) wrote:waar sal hy slapies innie aande??
Waterpyp, asblik, bunker hys van Afrika hy slaap enige plek en deur die dag tussen sy duiwe en hasies wat hy vang eet hy die tannie op die 12de gat se eukanuba wat sy vir hom uit sit
Bedoelende....waars sy ouers gewees, is daar natuurlike veld naby...waarom sou hy stad deurloop golfbaan toe.
Ou Bool moet diegoed sien, vir ons dan vertel n jakkals is aant uitsterwe en daars genoeg kos vir hulle, hulle vang nie skapp etc..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Baie ver van enige natuurlike veld Cobus, lanseria seker doe naaste. Het al met opnames baie jare gelede jakkalse daar gekry waar Cosmo City nou is. Moes met spruitie opgekom het maar dis regtig ver. Een v d dae is ons knie-diep in die jakkalse selfs in die stad
Ek was in Londen vir so 6 jaar, daar is baie jakkalse in die woonbuurte slaap in die mense se agterplase. Het een aand inStratford van die pub af gekom en my gat af geskrik toe die ou amper in my vas hardloop,moes mooi kyk het gedink dis n alsation! Hulle is volop daar en dink pas vinnig aan by omstandighede. My buurman in Woodford het een van daai"opslaan"trampolines gehad in die winter het die jakkalse deur die dag(as daar son was)op die trampoline gele en slaap swart rubber trek mos hitte, 2 van hulle. Mar net soos hier in sa as hulle jou sien verdwyn hulle soos mis onder die son. Gan die fotos soek en post.
Leeuwkop is 8km weg. Daar is baie jakalse op die terrein asook by die gholfbaan.
Die vinigste wat ek nog gevat het om een in te roep is 3minute. Maar mag hulle nie skiet nie.