Dagsê lede
Ek is op soek na 'n ligte lading vir papier skiet met verminderde "recoil" op 'n .357 Magnum Revolver met 7 1/2 duim loop. Ek wil graag S265 gebruik. Ek sien Somchem wys 16gr (begin lading) S265 vir 126gr koeel teen 1237 ft/s. Ek het gedink om nie vinniger as 1000 ft/s te gaan nie, selfs laer. Maar met 180gr behoort ek 974 ft/s te haal met 13gr S265. Sal dit minder recoil he as die 126 gr koeel teen 1237 ft/s. Ek wag nog vir die lisensie so kan nog nie toets nie. Wil ook nie .38 Specials laai nie want is bang vir 'n ring in die silinder na baie skiet. Het ook net 357 doppies.
Wat se grain koeels sal julle voorstel? Juis vir minder recoil en minder stress op die wapen. Ek sal graag ook Frontier se CMJ gebruik. Ek sien hulle is beskikbaar in 125gr, 158gr en 180gr.
Enige voorstelle? Dankie!
.357 Magnum Revolver lading vir papier skiet
- Deon R
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Apr 05, 2012 8:38 am
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: .357 Magnum Revolver lading vir papier skiet
Deon. Jy sal sien dat verminderde ladings met S265 gaan vir jou baie onverbrande kruit los, in die loop en ook in al die rewolwer se werkende dele. Ek het al daarmee gesukkel...
Daarom sou ek voorstel jy gebruik eerder MP200. Gebruik 38 Spl se laaidata maar druk die koeëls dieper in die doppe in, om dieselfde TPL as 38 Spl te kry. Ek glo nie jy gaan nodig hê om die doppe te krimp nie.
Enige koeël sal seker kan werk met verminderde ladings. Ek verkies sommer gegote loodkoeëls vir die toepassing. Hulle gee ok die beste akkuraatheid, as die nodige aandag aan detail gegee word.
As jy 38 Spl doppe gebruik in 'n 357 Magnum silinder, gelaai met loodkoeëls, dan vorm daar 'n aanpaksel in die +/- 3mm kamer voor die dop se bek. Dit word maklik uitgeskraap met 'n gevuurde 357 dop. As daar 'n aanpaksel vorm, is dit onmoontlik vir die kamer om te erodeer. Ek vermoed dat die kamer wel sal korodeer (roes) as jy hom nie periodiek skoonmaak nie. Geplateerde koeëls mag wel ander resultate gee.

- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1847
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: .357 Magnum Revolver lading vir papier skiet
Jip, gebruik eerder MP200. S265 is baie duur en jy kry heelwat minder skote uit 'n blik. MP200 doen die werk net so goed, veral as jy nie absolute spoed jag nie.
Frontier se 158 gr is prima vir die .357 Mag. Enige iets van 4 gr tot 8 gr MP200 sal werk, hang maar af hoeveel woema jy wil he. Onthou dat 'n rollie nie nodig het om te "cycle" nie, so jy kan baie pap ladings skiet.
My aanbeveling is 6 gr MP200 agter 'n 158 gr koeël. Ek skiet tans 6,6 gr agter 'n 150 gr gegote koeël, amper dieselfde ding.

Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
zipp
- Full Member

- Posts: 117
- Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm
Re: .357 Magnum Revolver lading vir papier skiet
So 5 grein MP200 agter 158 Grein lood koel behoort jou so 800fps te gee uit n 4 duim loop.
- Deon R
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Apr 05, 2012 8:38 am
Re: .357 Magnum Revolver lading vir papier skiet
Baie dankie manne vir die goeie raad, ek gaan dit so probeer.