Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Eckardt
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Tue Jun 14, 2016 8:27 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Eckardt »

Goeie dag julle,

Dankie vir die aanvaarding.

My Naam is Eckardt, ek het 'n jag geweer van my pa gekry, (7x57 Ruger) en stel baie belang om die geweer meer te gebruik en ook self te herlaai.

Ek het die Forum gejoin oor ek meer wil leer.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Eckardt wrote:Goeie dag julle,

Dankie vir die aanvaarding.

My Naam is Eckardt, ek het 'n jag geweer van my pa gekry, (7x57 Ruger) en stel baie belang om die geweer meer te gebruik en ook self te herlaai.

Ek het die Forum gejoin oor ek meer wil leer.
So, jy is 'n "joiner"!
Welkom, laat weet net waar jy vandaan kom.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Welkom, welkom.
Enige man met 'n 7mm, is meer as welkom. ;D

Oom P.W. die man meng miskien sy taal, maar so 'n naam en kaliber roer is eie aan ons Germaanse voorvaders. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Dirkonius »

Goeie môre en byvoorbaat dankie vir 'n goeie forum.

Ek woon tans in Alberton, maar het ook 'n paar jaar in Kanada gewoon en werk (nee, geen bere gejag nie) en voor dit 'n lang ruk in Centurion. My stokperdjie was altyd motorfiets ry en toer, maar met die kinders wat meer en groter geword het, het ek en vroulief besluit om 'n nuwe stokperdjie te vind. Het soos baie van julle begin met Daisy toe ek klein was en later windbuks. Was egter die ou wat gewoonlik my vriend se geweer geleen het wanneer ons gaan jag.

Eerste geweer was die swartkruit voorlaaier, en daarna het die res gevolg. Geniet veerwild jag, kry net te min tyd daarvoor. Herlaai nou al so drie jaar lank en verstaan so bietjie en leer steeds baie.

Ek het onlangs my harts-geweer bekom in 9,3x62 kaliber en met die dat ek oplees oor herlaai inligting vir die kaliber het ek julle forum ontdek. Dankie vir die versamelde kennis wat reeds hier op Jaracal beskikbaar is!

Groetnis
Dirk
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Baie welkom op Jaracal Dirk.
Ek vertrou dat ons sommer nog lekker gaan gesels oor alles wat rook en lawaai maak. ;D

Groetnis.
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Dirkonius »

Eerste rondtes vir my 9,3.

230gr GSC HV en 286 gr Swift A-Frame.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom, Dirkonius. Wat gaan jy met daai kanon skiet?
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Dirkonius »

Dankie PWV, sommige sê hy is reg vir alles groter as 'n dassie en kleiner as 'n dinosourus. Ek beplan om hom te gebruik vir 'n gemsbok of eland koei - het al klaar 'n deel van die jaar se kwota met die .308 ge-oes.
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Dirkonius »

Bedink reeds planne vir die volgende seisoen!
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
User avatar
BigDave
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Sat Jul 02, 2016 6:21 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by BigDave »

Aangename kennis almal,

Ek bly naby Vaalwater, ongelukkig nog te besig om 'n salaris te verdien om my belangstellings te kan geniet......motorfietse, jag en visvang. 30-06 Winchester en .22 Mauser by my Pa ge-erf.

Groete
Dave
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom Grootseun! :)
Hoop jy gaan dit hier baie geniet!
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Bierseun »

Goeie dag julle my naam is PJ ek geniet forums baie en leer nog meer dankie vir die aanvaar!!


Sent from my iPad using Tapatalk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Wow, Bierseun, ek hoop nie jy gebruik jou naam te veel en gereeld nie! ;)
Jy moet eers vertel waar jy woon, en waarmee jy wat skiet.
User avatar
Bierseun
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Mon Jun 20, 2016 6:22 pm

Nuwe aansluitings

Post by Bierseun »

PWV ek gebruik die naam vir al meer as 16 jaar ek het n drankwinkel gehad en dit was my epos adres en van daar het ek dit gebruik as my naam vir aanlyn rekenaar speletjies en nou ja dis nou maar n ding wat bly. Ek skiet met n 30-06 en het nou onlangs n 7 mm rem mag aan geskaf, kan nie wag vir die lisensie nie.Ek is van Durban area en geniet julle gesêlsies baie!
User avatar
Rem700
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Mon Jul 04, 2016 1:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Rem700 »

Goeie middag almal

Ek is Paul-Johann le Roux, oorspronklik van Kroonstad, maar bevind myself de afgelope paar jaar in Alberton.
Op die plaas grootgeword, waar my ouers nogsteeds boer en ek gereeld gaan kuier.
Besoek al vir 'n ruk die forum sonder registrasie, maar het besluit dit is tyd om aan te sluit om nog meer te leer en hopelik eendag my bydrae ook te kan gee.

My wapens:
9mmP CZ 75
.22 BRNO
12 Br. Winchester 1200
en sodra lisensie goedgekeur is - Remington 700 SPS AAC-SD in .308

Soos ek gesê het, hoop ek om nog baie te leer en eendag my raad te kan deel.

Groete
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Welkom aan al die nuwe manne.
Ek is seker ons gaan nog lekker saam kuier.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Dirkonius »

Hi Paul-Johann, welkom vanaf 'n mede Albertonner
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
CZ-Ebony
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Sun Dec 07, 2014 5:53 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by CZ-Ebony »

Goeie dag almal

My naam is Marnu en ek het nou al n rukkie gelede aangesluit maar wil myself graag voorstel. Ek is n Joburger en bly aan die Wesrand. Ek jag van 2011 af en het laasjaar ook begin herlaai. Ek jag met n CZ-Ebony 30-06 en n Howa .243. Ek geniet die forum verskriklik baie en sal graag wil begin leer en bydra.

Groete
Marnu


CZ Ebony 30-06
HOWA 1500 .243
Mossberg 12ga
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by OosKaapJagter »

Dagsê almal. My naam is Hans. Ek bly in Mamparalanga en gaan jag altyd in die Oos-Kaap. Dan geniet ek dit ook om forel, swartbaars of kurpers te jag, in daardie volgorde.
My ketties is tans 'n spul windbukse, 'n .45 Norinco, 12 Br o/u Avsan, .308 Tikka LSA 55 met knaldemper en gunsteling .308 RSA skyfskietgeweer op 'n vektor kolf. Laasgenoemde is vrek swaar in die berge, maar die dra is die moeite werd as die bokke effens vêr staan!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom.
My neef, Andries Vorster, bly ook in Mpumalanga. Jy ken hom seker!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Welkom Hans.
Het nog nie van daai tipe windbuks gehoor nie en Google het my vreeslik laat bloos toe ek daai naam intik. Is jy seker van die spelling?
Ek draf drie keer 'n week 5km, om my swaar roer te kan skiet, maar het geleer om die teleskoop se knoppe te stel, so nou hoef ek nie so ver te stap en bekruip nie. ;)
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
wlmpi
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Tue Jul 12, 2016 1:37 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by wlmpi »

Goeie dag almal.

My naam is Willem. Ek is oorspronklik van Namakwaland Nababeep se wêreld,maar bevind my die laaste 14 jaar in die Kalahari (Kuruman) omgewing. Ek het al 'n paar tips van die forum af gekry en toe besluit om 'n slag aan te sluit by die familie.

Ek is 'n Sosiale jagter en besit die volgende slingervelle:
Musgrave 243
Sako 30-0-kwes
.22 Anshutz
Luger 9mm

As julle ooit enige jakkals jag kursusse aanbied in die nabye omgewing laat weet asb.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom, Willem.
Wat is 'n sosiale jagter?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

PWV wrote:Welkom, Willem.
Wat is 'n Sosiale jagter?
Oom moet oplet in die klas! Die "s" is met 'n hoofletter gespel. Dit werk seker soos 'n "skilpad braai"; meer dop as tjop? >:+
Welkom Willem.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
wlmpi
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Tue Jul 12, 2016 1:37 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by wlmpi »

PWV wrote:Welkom, Willem.
Wat is 'n sosiale jagter?
Dit is iemand wat nie 'n beroepsjagter is nie. Die persoon jag net naweke,saans, in sy slaap, wanneer sy beursie dit toelaat, sy ammunisie en sy vrou dit toelaat. Die goedkeuring val ook in daai volgorde. :laugh:
Post Reply