Ek blaai deur net een bekende jagtydskrif se jongste uitgawe en nie minder as NEGE verskillende tipes teleskope word op volblad en halfblad advertensies aangebied.
Dit sonder om elke tweede wapenhandelaar se advertensie, wat ook teleskope te koop aanbied, nie eers in berekening te neem nie.
Almal is gemik op die jagter, let wel, nie die skyf- en kompetisieskiet manne waar dit wel van baie groot belang is nie.
Ek is geensins anti-teleskoop nie, nee, ek het ook een op elkeen van my jaggewere. Redelike doodgewone goed wat my nie 'n arm en 'n been gekos het nie (duurste een was R 4 500 en ook van redelik onbekende fabrikaat), maar my nogtans toelaat om klokslag een-skoot doodskote te skiet, wat andersins dalk nie moontlik sou gewees het nie.
Punt is net, ek voel oortuig daarvan dat jagters hier redelik heftig om die bos gelei word om hulle swaar verdiende geldjies in duur optiese wonderwerke te bel?.
Natuurlik is daar ook die waarde van aansien wat ter sprake kom met die spogstuk wat op manne se jaggewere pryk. Nou nie dat dit enigsins bydra tot die sukses van die jag nie, maar nouja, dit maar daar gelaat!
D?t terwyl daar dalk baie meer aandag aan skootplasing, kennis van spesifieke koe?l trajek en selfs veld- en dierekennis gegee moet word deur jagters om w?l meer sukses te behaal in hulle jagte.
Hierdie my eenvoudige siening en hardop wonder oor die aspek van die jagter se w?reld.
Enigiemand wat met my saamstem of verskil is welkom om hulle mening hieroor uit te spreek.
Groete,
Koos.
Oortuigende bemarking / Convincing marketing -
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Oortuigende bemarking / Convincing marketing -
Oom Koos
Vir Jan alleman wat jaarliks masimum 20 skote met sy geweer skiet en dit alles op die wild wat hy jag, sal 'n scope fabrikaat of vergroting of selfs voorkoms nie so baie saakmaak nie. In my opinie maak scope fabrikaat en kwaliteit sig vir manne saak wat met hulle gewere werk of dit as 'n stokperdjie be-oefen. Daar kan ons nou die manne bietjie opdeel in katogoriee.
Jy kry die boer wat op sy eie plaas meestal met EEN geweer alles skiet wat geskiet moet word. Hy sal dalk voel hy wil 'n medium klas scope koop. Die ding is nou nie sy brood en botter nie, maar hy skiet ook darem meer as 50 skote 'n jaar.
Dan kry jy die manne wat dit as 'n stokperdjie be-oefen. Hy lees sy magnum en skiet/jagforums en sit elke dag en droom van 'n beter geweer of scope. Hy sal nooit daardie self-aktualisering punt bereik nie, want hy skuif onbewustelik elke keer sy behoeftes op na 'n hoer vlak. Hy soek 'n scope wat hom 'n voltal gaan kan laat skiet op die baan met sy 243 en dan soek hy 'n scope om op sy 300 win mag te sit, (dalk selfs 'n klein vergroting) maar hy skiet met daardie spesifieke fabrikaat op al sy gewere, so dan koop ons vir die geweer wat dalk net 20 skote 'n jaar skiet ook maar een.
Dan kry jy die manne wat se geweer amper belangriker as sy vrou is. Hy is dalk 'n boer wat deeltyds springbokke oes vir camdeboo of jakkalsjag vir die manne in die distrik, of selfs voltyds jag. Hy is ook bereid om meer te betaal vir kwaliteit, want kwaliteit maak dat hy daardie inkomste kry.
Dink dis nou net 'n kort opsomming van wat ek wil se, as julle nie lekker verstaan wat vmy punt is nie, sal ek weer gesels.
Groetnis

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield