CZ haegeweer

Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

CZ haegeweer

Post by JJV »

Hallo
Ek kan moontlik 'n ouerige CZ haelgeweer te koop kry, hy is in werkende toestand maar nie juis opgepas nie. Dit lyk soos 'n CZ 583-04 Mod 2, dis 'n enkel sneller 12Ga O/U geweer. Enige iemand idee van die ouderdom en moontlik die waarde? Of moet ek liewers nuwe goedkoop Turkse geweer koop?? Ek skiet bietjie duiwe en nou en dan kleiduif, so duur geweer maak nie sin nie.
Dankie!
JJV

Sent from my iPhone using Tapatalk
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: CZ haegeweer

Post by obasch »

JJV wrote:Hallo
Ek kan moontlik 'n ouerige CZ haelgeweer te koop kry, hy is in werkende toestand maar nie juis opgepas nie. Dit lyk soos 'n CZ 583-04 Mod 2, dis 'n enkel sneller 12Ga O/U geweer. Enige iemand idee van die ouderdom en moontlik die waarde? Of moet ek liewers nuwe goedkoop Turkse geweer koop?? Ek skiet bietjie duiwe en nou en dan kleiduif, so duur geweer maak nie sin nie.
Dankie!
JJV

Sent from my iPhone using Tapatalk
.....werkende toestand maar nie juis opgepas nie. Daar is jou antwoord alreeds. Sal jy 'n teleskoop koop en op jou geweer sit wat ..........in werkende toestand is maar nie juis opgepas nie?
Wanneer die haelgeweer gogga jou eers gebyt het sal 'n goeie gehalte (lees duur) haelgeweer vir jou meer as sin maak. As jy intussen nie die begroting het nie, kyk dan gerus na die nuwe CZ O/U haelgewere, hulle blyk goeie waarde vir geld te wees. Terloops die nuwe CZ gewere word in Turkye gemaak deur Huglu.
Post Reply