Verligte oomblik....

Post Reply
Ben Remington1
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Mar 03, 2015 8:07 pm

Verligte oomblik....

Post by Ben Remington1 »

Goeie dag...

Ek en Myburgh en 'n maat was veld toe Saterdag, ek moes 'n groot eland koei uitskiet.

Die koei het op 125m gestaan en omdat hulle onrustig was moes ek redelik vining skiet en ek het nie rekening gehou met die hoek waarteen sy gestaan het nie. Na die skoot het die hele trop rigting dik bos toe begin kies en na omtrent 150m het sy nog sterk gehardloop...omtrent heel voor in die trop. Ek het sommer dadelik geweet die skoot was nie goed genoeg nie...ek het so 15minute gewag en met die Wired Teriër gestap na waar hulle weggespring het met geen bloed sigbaar nie...ek het die leiband losgemaak en so op die trop se hardloopspore begin stap waar hulle nog in gelid agtermekaar gehardloop het in die dik bos. My hond het heen en weer begin hardloop oor die spore en omdat ek hom goed ken kon ek sien daar is niks wat hom intreseer op die spore nie. Met die soekery het ek agtergekom hy is weg en na so 3 minute het hy na my aangehardloop gekom en weer omgedraai op 'n stapspoed met my wat hom volg...hy het sy neus in die grond gedruk so 200m verder en toe ek daar kyk was dit 'n elandspoor wat weggebreek het van die trop met geen bloed op die spoor nie. Na omtrent 700m se stap op die spoor het ek 'n bloeddruppel gesien wat toegerol was in die sand en my moed was in my skoene , maar die hond se stert en ore was regop en ek het begin moed kry...na omtrent nog so 300m het Ruger in 'n straat tussen die vaalbosse voor my gestaan en vir my gewag en om 'n groot vaalbos begin hardloop....ek het gedog dis 'n vark wat dalk daar lê en toe ek by hom kom was dit die eland wat onder die bosse ingekruip het...die waarde van 'n hond in die jagveld is van groot waarde. Ek het geskiet met 165gr Game King.

Met die afslag van die bok het ek gesien die punt is agter die longe verby , maar dit was 'n goeie lewer skoot met baie bloed inwendig.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160603_144510_resized_zpsplcocgps.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160604_172017_resized_zps7jslclgg.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160604_171228_resized_zpsegqqezwq.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160605_080730_resized_zpspuvgqmvw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160605_080629_resized_zpse4dvdxil.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160605_115222_resized_zpsn3j5xlhd.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160605_115133_resized_zpsyyvitbzr.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160603_171137_resized_zpschizm0lu.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160603_172900_resized_zps64jhsvz0.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160603_173010_resized_zps08x1bnmb.jpg
Last edited by Ben Remington1 on Sun Jun 05, 2016 2:19 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Verligte oomblik....

Post by tripodmvr »

Het al 'n hele dag agter so elandkoei gestap wat 'n lewerskoot gekry het - 150gr PMP bruin boks. Haar gelukkig net voor donker gekry waar sy gaan le het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am

Re: Verligte oomblik....

Post by Arnold van Wyk »

Mooi Ben, my pel die naweek 485kg soos hy daar hang.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Verligte oomblik....

Post by Chevvy SS »

Wat sal karkasgewig aan die haak wees skat julle?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verligte oomblik....

Post by PWV »

Wat kos die hond?
Ben Remington1
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Mar 03, 2015 8:07 pm

Re: Verligte oomblik....

Post by Ben Remington1 »

PWV,

Die brak van my is vir my van groot waarde....hy help my gereeld uit die verleentheid uit. ;D ;D

Groetnis
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Verligte oomblik....

Post by theedge »

Netjies maat
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Verligte oomblik....

Post by alecjohnson »

baie gelikkig! mooi bokke!
Post Reply