Is iemand besig om ons te.....
-
karoo.vellies
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Sat Jul 11, 2015 5:43 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
300gr Sierra .375 koeels kos $40.70 by Sierra self, dis om en by R630, nou ek weet die invoerder kry dit teen beter prys maar as ou die belasting, vervoer, herverkoop ex bytel is R850 regtig uitbuit? Eks net so keelvol vir die pryse maar dink die rand speel wel 'n baie groot rol, onth die vervoer sal seker ook in $ wees.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
Daarshy Vellies. As julle vir iemand wil kwaad wees baklei maar met Zuma.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
LDV
- Full Member

- Posts: 169
- Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm
Is iemand besig om ons te.....
Ek het pryse gekry vir Sako A7 300 wsm vir my pa.
Een plek R29000 ander R24500.
My pa stry n ander plek af na R 23000 maar hul moet geweer bestel. My pa vra dat hul foto van geweer moet email.
Die winkel stuur toe email an met foto en die gesprek tussen hom en African Outdour sports en daar staan die invoice bedrag van R 16995.
So die manne is nie skaam 40% te vat nie en party nog meer.
Ek wonder maar net hoeveel kos daai geweer by die fabriek.

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
LDV, gaan jy in besigheid bly die knock vat van wisselkoers salarise betaal belasting betaal en nog sukkel met ons uiters wakker SAP en net 10% vat vir jou moeite? Ek was lank genoeg in die invoer bedryf om te weet dat almal maklik skree oor pryse maar dit stop niemand om self te probeer invoer en handelaar te word nie. Daar is baie wat agter die skerms gebeur en baie wat verkeerd kan loop. Dit is nie net 'n boek oor Amazon koop en 7 dae later is dit by jou voordeur nie.
Ek se ook nie dat almal opreg is nie maar dit vat so paar randjies om lieflike groot geweer winkels te he wat gestock is.
Ek se ook nie dat almal opreg is nie maar dit vat so paar randjies om lieflike groot geweer winkels te he wat gestock is.
-
LDV
- Full Member

- Posts: 169
- Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
Daar is seker Risiko betrokke maar 40% vir net geweer bestel en papiere oorhandig is bietjie baie dis ook nou nie n R5 se produk nie. Maar dit is so as hul so baie score hoekom doen ek dit nie self nie.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
Is daai R16995 met of sonder VAT?
Want as jy 14% VAT by daai R16995 sit verander jou 40% baie vinnig.
Al my verskaffers stuur vir my pryse VAT uitgelsuit.
Want as jy 14% VAT by daai R16995 sit verander jou 40% baie vinnig.
Al my verskaffers stuur vir my pryse VAT uitgelsuit.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
Ek het self al met iemand by African Outdoor gepraat oor 'n geweer waarvan hulle nog een gehad het, maar wat ek deur 'n handelaar moes bestel. Die ou het my gesê dat hulle groothandel prys R18995 is, sodat ek weet wat die handelaar betaal. Die 1ste plek wat ek gevra het, het my R 34000 gekwoteer en die 2de plek het R 31000 gevra.... Op die ou end het ek daardie geweer by die 3de plek gekoop vir R20500.LDV wrote:Ek het pryse gekry vir Sako A7 300 wsm vir my pa.
Een plek R29000 ander R24500.
My pa stry n ander plek af na R 23000 maar hul moet geweer bestel. My pa vra dat hul foto van geweer moet email.
Die winkel stuur toe email an met foto en die gesprek tussen hom en African Outdour sports en daar staan die invoice bedrag van R 16995.
So die manne is nie skaam 40% te vat nie en party nog meer.
Ek wonder maar net hoeveel kos daai geweer by die fabriek.
Aim small, miss small
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
Vergelyk ook Tikka en Beretta se dollar pryse met hul Randpryse. Verrhoubing is heel skeef
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
LDV
- Full Member

- Posts: 169
- Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm
Is iemand besig om ons te.....
Dit is die totaal van die invoice btw ingesluitFCLoretz wrote:Is daai R16995 met of sonder VAT?
Want as jy 14% VAT by daai R16995 sit verander jou 40% baie vinnig.
Al my verskaffers stuur vir my pryse VAT uitgelsuit.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13652
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
Eugene wrote:Ek het self al met iemand by African Outdoor gepraat oor 'n geweer waarvan hulle nog een gehad het, maar wat ek deur 'n handelaar moes bestel. Die ou het my gesê dat hulle groothandel prys R18995 is, sodat ek weet wat die handelaar betaal. Die 1ste plek wat ek gevra het, het my R 34000 gekwoteer en die 2de plek het R 31000 gevra.... Op die ou end het ek daardie geweer by die 3de plek gekoop vir R20500.LDV wrote:Ek het pryse gekry vir Sako A7 300 wsm vir my pa.
Een plek R29000 ander R24500.
My pa stry n ander plek af na R 23000 maar hul moet geweer bestel. My pa vra dat hul foto van geweer moet email.
Die winkel stuur toe email an met foto en die gesprek tussen hom en African Outdour sports en daar staan die invoice bedrag van R 16995.
So die manne is nie skaam 40% te vat nie en party nog meer.
Ek wonder maar net hoeveel kos daai geweer by die fabriek.
en die 3de winkel het nog R1000 gepocket na al die papierwerk en was seker ook bly toe jy die 300 doppe en 1000 koels by hom koop omdat hy jou mos nou gehelp het met die geweer?
Ek gee nie om laat iemand geld maak nie dit is besigheid nie n charity nie maar as ek Dec R20 000 se koels by jou koop en ek kom April maand weer daar en daai selfde 2 pakkies wat ek gelos het staan nog op die rak op dieslelfde plek en die prys is met 40% op weens die "R/$" en die man se vir my jammer jy moes hul maar Dec gekoop het to hul "goedkoop" was dit is Number 1 se skuld laat die prys op is kan daai winkel in sy moer vlieg.
Kyk maar hoe ons gewurg word met scopes, hoe kan Ian op die forum n Sightorn vir 10K minder verkoop as n ander winkel. Ja ek weet hy het nie die overheads wat daai winkel het nie maar hy maak ook nog n paar rand en hy verkoop verseker minder as die groter winkels
Soos daai ander man gese het n grap is n grap maar jy maak nie n sambreel in n man se gat oop nie. Minder as 10 jaar terug het wapenwinkels kripeer van die honger in die land nou het hulle baie vinnig vergeet hoe dit gevoel het en druk elke cent uit ons uit want hulle weet ons wil en gaan skiet en die hartseer is ons wil en gaan skiet so ons gaan maar betaal.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1619
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Is iemand besig om ons te.....
As ek Berger 168 Hybrid as voorbeeld kan gebruik:
Midway $52.99
Reloading international $48.04
Prys: 48.04/100
ITAR uitvoer lisensie koste: 10% van koste dws:
$48.04x8= $384,32 (0ngeveer 800 punte in 8.63kg) + 10% ITAR = $422,752
Verskeping $80/8.63kg (19 pond).
Totaal met verskeping: $502,752 x 15.81 R/$
=R7 948,51 PLUS BTW
=R9 061,30/800 punte
=R11,32 per punt geland hier.
Ons is in groot, groot moeilikheid. Dit is seker goedkoper om per skeepshouer te bestel.

Francois Vogel
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13652
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
Francoisv wrote:As ek Berger 168 Hybrid as voorbeeld kan gebruik:
Midway $52.99
Reloading international $48.04
Prys: 48.04/100
ITAR uitvoer lisensie koste: 10% van koste dws:
$48.04x8= $384,32 (0ngeveer 800 punte in 8.63kg) + 10% ITAR = $422,752
Verskeping $80/8.63kg (19 pond).
Totaal met verskeping: $502,752 x 15.81 R/$
=R7 948,51 PLUS BTW
=R9 061,30/800 punte
=R11,32 per punt geland hier.
Ons is in groot, groot moeilikheid. Dit is seker goedkoper om per skeepshouer te bestel.
Dit is ook so en ons kan nie net die handelaars blameer vir alles nie maar ek weet ook Berger verkoop daai koels vir minder as $30 n pakkie aan hul groot handelaars en as n container met die bood kom gaan jy nog paar rand spaar. Jy kan direk by Berger koop (in die US) en as jy 10k koels vat gee hul jou selfde prys maar wat dit help ook nie om te kla nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
M98mauser
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
Onthou net As daai prys R16995 was btw ingesluit dan eis die winkel die btw terug so sy kosprys is R14907.90. So hoe kom jy van daar by R34000 uit Jy maal die R14907.90*2 dit gee jou R29815.78 Plus 14% btw en jy kry R33990.00 So die man wat jou R34000 gekwote het maak 100% wins op daai geweer.
Die ander ding is as hulle daai tipe wins op n geweer maak hoefeel maak hulle op die kleiner goedjies soos byvoorbeeld daai ronde Lappies wat hulle vir R140.00 verkoop hulle betaal nie meer as R30 vir so sakkie nie.
Ek verstaan daar is uitgawes en huur en slarisse om te betaal en ek gun n man n wins maar daar is n punt wat jy begin uitbyt,

Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
-
karoo.vellies
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Sat Jul 11, 2015 5:43 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
Well dis die wonderlike natuur van kapitalisme, hy sal altyd self correct, as hulle ons uitbuit gaan dit 'n punt bereik waar hulle verkope gaan begin drasties val, dan sal ons weer beter pryse sien.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
Ek sien maar donker dae wat voorle.. Dink PmP en ander SA vervaardigers smile nou...
Groetnis
Groetnis
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1704
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
En tog is PMP goedkoper in die VSA as hier by ons...Armand Steenkamp wrote:Ek sien maar donker dae wat voorle.. Dink PmP en ander SA vervaardigers smile nou...
Groetnis
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
Om te stry teen markkragte is dieselfde as om kwaad te wees as die weer nie binne jou planne inval nie.
As jy kaas verkoop gaan jy die maksimum vra wat jy kan vir maksimum wins omdat jy nie n liefdadigheidsorganisasie is nie. As mense bereid is om jou kaas te koop teen n sekerre bedrag gaan jy onnosel wees om die prys af te bring.
n Kapitalistiese stelsel het voor en nadele. Net een ding sal pryse afbring (al is daar price-fixing) en dit is ons wat ophou koop en dit gebeur nie.

"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
Ek koop waar die pryse die beste is. Ongelukkig kry ek ook net 'n sekere prys vir my "kaas" en ek kan nie meer spandeer as wat ek maandeliks inkry nie. So ek verstaan dat die winkel uitgawes en salarisse moet betaal, maar ek het ongelukkig ook uitgawes, nie net hulle nie... Gelukkig het die sosiale media en die internet dit moontlik gemaak om vinnig en maklik 'n prysvergelyking te doen en ek koop deesdae by die plek wat die beste prys het. Bly maar net vreemd hoe party plekke se pryse op dieselfde produk, met tot 40% kan verskil. Nou weet ek daar gaan weer gepraat word oor mooi winkels en baie verkoopspersoneel. Maar as ek wil bly skiet, sal ek maar meer op my sak moet konsentreer en minder oor die mooi winkel se uitgawes.... Ek is darem self ook nie 'n liefdadigheidsorganisasie nie!Jake1 wrote:Om te stry teen markkragte is dieselfde as om kwaad te wees as die weer nie binne jou planne inval nie.
As jy kaas verkoop gaan jy die maksimum vra wat jy kan vir maksimum wins omdat jy nie n liefdadigheidsorganisasie is nie. As mense bereid is om jou kaas te koop teen n sekerre bedrag gaan jy onnosel wees om die prys af te bring.
n Kapitalistiese stelsel het voor en nadele. Net een ding sal pryse afbring (al is daar price-fixing) en dit is ons wat ophou koop en dit gebeur nie.
Aim small, miss small
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
Jare terug toe ek meer ernstig was oor my motorfietse en offroads het ons altyd spottenderwys na die "dealers en dealerships" as "STEALERS en STEALERships" verwys...... lyk my met die skietgoedmark raak dit nou ook so. Maak 'n besigheid oop met die idee om binne 5 jaar op 'n tropiese eiland te kan gaan aftree
Ek verstaan 'n besigheid is nie 'n liefdadigheidsorganisasie nie en moet wins maak om te bly voortbestaan en om te groei/uit te brei en die koste verbonde daaraan en vergoeding vir risiko geneem en die drakoste van voorraad en alle bokostes maar daar is verseker perke aan wanneer dit gesonde wins is en wanneer dit wins raak wat jou eie keel gaan afsny agv gierigheid

Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
my 2c .... ek ry fiets ook as 'n ander stokperdjie (meer om my bed@nnerdgeid weg te vat want as ek moeg is, is ek maklik) Daar gebeur dit ook die fiets pryse en komponente is belaglik hoog. Dit voel soms net vir my of die winkels 'n prys opsit en as jy dit nie wil koop nie moet jy daar sonder en vir hoe lank kan jy daar sonder voordat jy maar die knie buig .
Ek sien nou Omnico en Coolheat Cycles is elk vir R 4 000 000.00 beboet vir prys manipulering. So dalk kan dit 'n goeie ding wees as hierdie dinge openbaar gemaak word!!
Ek sien nou Omnico en Coolheat Cycles is elk vir R 4 000 000.00 beboet vir prys manipulering. So dalk kan dit 'n goeie ding wees as hierdie dinge openbaar gemaak word!!
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
Ek skiet nou nie Rage nie, en ook nie 'n nuwe boog nie, maar 'n Pakkie SlickTrick Broadheads het laasjaar nog R350 gekos, nou verkoop hy vir R750, so meer as dubbel die prys. Het 2 weke gelede saam met 'n man 'n 3D geskiet met 'n nuwe Bowtech setup wat hom R30k gekos het, moet seker darem noem hy het 'n R10k sight op.JPS wrote:Hoe lyk die pryse met die manne wat boog skiet? Hoe het bv. rage broadheads, pyle, boë ens se pryse gestyg oor die laaste jaar? Ek het baie lank laas, meer as twee jaar laas enigsiens enige boog toeristing gekoop. Dit kan dalk insigewend wees om te vergelyk hoe die pryse se styging persentasie gewys met koëls ens. se pryse vergelyk.
'n Easton FMJ DG 250 pyl wat laasjaar R160 vir 'n skag gekos het is nou R250 vir 'n skag.
So die boog manne is in dieselfde bootjie, Magnum, Potshot en Archers Edge is die enigste invoerders sover ek weet.
Hoyt Maxxis 31 DG 90# @ 28,5"
Bear Assault 70#
Musgrave .375 H&H
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
-
JDKey
- Sr. Member

- Posts: 318
- Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
Ek het sommer gou vir interessantheid gaan kyk hoeveel ek n jaar terug betaal het vir German-Kinetic broedheads wat ek laat invoer het van Duitsland.
In Maart 2015 was hulle 60,46 euro vir 3. Tans is hulle 62,98 euro.
Met die rand wat so verswak het is dit n hengse verhoging.
In Maart 2015 was hulle 60,46 euro vir 3. Tans is hulle 62,98 euro.
Met die rand wat so verswak het is dit n hengse verhoging.
- Boogjagter
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
[quote="karoo.vellies"][quote="Boogjagter"][quote="Capt. Oblivious"]Ekt gedink die gevaarlike pryse is hier in GP by die groot winkel maar ek sien die naweek n pak TTSXe vir 375 in n winkel weet nie eers watse gewig nie, R1190 vir 50!!!!! In my lewe sal ek dit nie eers vir Bergers betaal wat Bryan Litz een vir een vir my geweeg het nie[/quote]
Capt, jy moes hulle vat. Ek gebruik 300gr Sierra Game Kings altyd vir op die baan skiet met my 375 en val amper op my rug toe ek twee weke terug moes hoor hulle kos nou R1870 vir 50! Ek reken toe vir die outjie agter die toonbank dis n fout, want 8 maande terug het ek by die einste winkel net R580 vir vyftig betaal en het die boksie met die prys op om te bewys. Na die baas kom kyk en op die rekenaar rondkrap reken hy dis die nuwe prys, "take it or leave it." Toe los ek dit maar en kry na bietjie rondsoek nog twee pakke vir R860 'n pakkie...[/quote]
S&O lys daai 300gr GMK nog vir R860, daai ouens wou jou deur die ore werk.[/quote]
Sien toe vandag daai selle Game Kings in Windhoek vir N$604 per pakkie

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Is iemand besig om ons te.....
So as ons na die boonste kyk het die boogwinkels se pryse met meer as 100% gestyg en blyk dit nie net die geweer winkels te wees wat pryse verdubbel nie.Philip_R wrote:Ek skiet nou nie Rage nie, en ook nie 'n nuwe boog nie, maar 'n Pakkie SlickTrick Broadheads het laasjaar nog R350 gekos, nou verkoop hy vir R750, so meer as dubbel die prys. Het 2 weke gelede saam met 'n man 'n 3D geskiet met 'n nuwe Bowtech setup wat hom R30k gekos het, moet seker darem noem hy het 'n R10k sight op.JPS wrote:Hoe lyk die pryse met die manne wat boog skiet? Hoe het bv. rage broadheads, pyle, boë ens se pryse gestyg oor die laaste jaar? Ek het baie lank laas, meer as twee jaar laas enigsiens enige boog toeristing gekoop. Dit kan dalk insigewend wees om te vergelyk hoe die pryse se styging persentasie gewys met koëls ens. se pryse vergelyk.
'n Easton FMJ DG 250 pyl wat laasjaar R160 vir 'n skag gekos het is nou R250 vir 'n skag.
So die boog manne is in dieselfde bootjie, Magnum, Potshot en Archers Edge is die enigste invoerders sover ek weet.
Hoyt Maxxis 31 DG 90# @ 28,5"
Bear Assault 70#
Musgrave .375 H&H
Nog 'n vergelyking kan sekerlik wildpryse wat te jag aangebied word hierdie jaar op jagplase as hulle nog jag. Baie van die pryse het ek gesien het met naby 100% opgegaan, nie orals nie maar heelparty.
So dit lyk of the 100% op maar orals die norm is
Net so terloops Berger werk op dieselfde prys struktuur al vir jare lank. Afhangend van die hoeveelheid wat jy aankoopby hulle kry jy of 10, 20 of 30% afslag. Dit werk op op die sekere bedrae hoe hoër die bedrag hoe hoër die afslag. Daar is geen aleenreg vir enigeen nie en almal kry selfde afslag afhangend van die bestellings bedrag.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Is iemand besig om ons te.....
Goed bly duur en dit maak nie saak in watter tyd jy lewe nie.
Ek het jare gelede vanaf Johannesburg na die Kaap en terug gery met R95 se petrol en dit was baie geld.
Probleem is dat dinge bly net net bekostigbaar of nie en pryse sal ook veraltyd n probleem bly.
Enigste oplossing is kyk maar of jy werk kry wat meer betaal want pryse gaan nie minder raak nie.
Al wat ek weet is dat ons gaan nie ophou skiet nie, kom wat wil.
Groete
Henning

300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim