Wie hier ry een? Vertel my bietjie meer asb?
Watse realistiese petrol verbruik kry julle? Ek ry met n maatskappy petrol kaart rond, so is darem nie te veel bekommerd oor die petrol nie.
Enige probleme wat hulle gee?





Ben wrote: In wit of desert beigh......



Hoekom?Stefan764 wrote:Ek gaan nog so ding koop...



Kry een. 'n Land Cruiser is mos 'n verkenningsvoertuig- hy kry net sy neus ooor die duin, dan moet hy terugstoot.Stefan764 wrote:Want ek wil van die een duin na die volgende duin spring in die Namib woestyn






Ek mis dit van die forum, antwoorde soos die...Jaco V wrote:Ek het die oorspronklike Desert Cruiser, dit was so Special Vehicle Program wat in 2011 gerun het, al wat dit beteken is dat ek 2 spots voor op die bumper het, leer sitplekke, paar "desert" decals en Beige van kleur.
Ek besit myne van 17000km af, hy het nou 161000km op. Hy het my nog nooit teleur gestel in werk verrigting of uithou vermoe nie.
My petrol verbruik is ook so tussen 12.5-13l/100km.
Dienste is billik geprys, ek gee net my eie olie, het oorgeslaan vol sinteties toe want ek wil hom nog laaaaank ry. Ek moet bieg ek dink die diens intervalle kon maar 20000km gewees het, my olie het nog skaars caramel kleur teen die tyd dat ek moet ruil.
Ek bly in Roodepoort en werk in Brits, 74km een rigting elke dag, glo my as ek se hy ry gemaklik en het genoeg krag. Die daily commute sluit so 5km grondpad in, dan haak ek 3de op die auto ratkas en sluit 4x4 HR. Gee ongelooflik baie beheer en gevoel van vasvoetigheid.
Grootste issue was die klein petrol tenk op die ouer modelle maar ek het ekstra 100l tenk laat inbou, nou is my range so 1200-1300km op een tenk.
Sal ek hom weer koop, defnitief!!!
Dit is wel NIE 'n voertuig wat jy wil ry as jy baba stoeltjies moet laai of 2-3 jong tieners het nie.
Maak ook seker jou bybetaling op windskerms is bekostigbaar, ek is nou op my 4de een. Die laaste een was so week terug geinstalleer, R17822. Die regop windskerm tel maklik krakies en sterretjies op.
Ook nie almal kan hom suksesvol fit nie, en dan is BAIE wind geraas jou voorland, so wees maar bedag op wie hom installeer. PG in Brits is sover my verkose installeerder, geen issues.