Gong Materiaal

Post Reply
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Gong Materiaal

Post by Striker. »

Goeie dag manne

Ek is in die proses om 'n hele klomp gongs vir vriende en mense te maak. Ek het 'n vraag vir die manne wat gereeld hiermee speel en redelike warm ladings skiet. Watse staal werk die beste om te gebruik? Op die oomblik kyk ek na 12mm VRN 500 staal plaat. Ek het nou uitgevind ek kan Armox 500T 14.5mm staal kry teen 'n billike prys. Hulle gebruik dit op panser karre wat hulle vir Denel vervaardig. Daar word net van my verwag om 'n klomp as minimum te bestel, so daar gaan 'n paar dalk oorbly afhangende van hoeveel die mense vat.

Het enige iemand ondervinding met die tipe staal? Is dit "over kill"?

Het julle enige voorstelle vir ander materiaal wat ook goed sal werk?

Ek luister graag op die draadloos vir julle manne!

Groete
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Gong Materiaal

Post by Jean Marais »

Ek maak my klokke van VRN500. Nie eers 'n Barrett maak hond haaraf op hulle nie. Armox is klaarblyklik ook baie goed, maar ek het geen ondervinding met die staal nie.

My keuse = VRN500. Jy sal nie fout maak nie
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13652
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gong Materiaal

Post by Capt. Yoda »

VRN werk maar as jy n gong wil toets laat Geno hom met sy dasher skiet of kry n 222 wat n ligte koeltjie hier by 4000fps skiet, daai goed brand los deur jou avg gong
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Gong Materiaal

Post by Striker. »

Dankie oom Jean waardeer die terugvoer

Capt daai is juis die probleem wat ons het. Die een ou is 'n geweersmit en hy het 'n rowwe speelding daar beet wat hy gebou het wat 'n .224 koeël skiet. Die ding skiet lag lag deur sy gongs. Hy is nie seker watse materiaal daai gongs is nie (Hy vermoed dit is VRN400). Die groot kalibers maak niks met die gongs nie, maar daai klein een loop reg deur.
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13652
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gong Materiaal

Post by Capt. Yoda »

Stompe hier op die forum gebruik VRN 500 vir sy gongs en n koel maak daai gong niks nie, Geno het hulke ook al taamlik gestamp met daai vinnige dash off lead en hulle hou mooi. Ek skiet daai jakals kop laat hy in die ronte draai om sy dwarsbalk dan het hy net so swart kol op
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Gong Materiaal

Post by junglejulian »

Die swaarder/dikker plaat kry baie meer skade as die ligter 10-12 mm plaat.Die ghong moet kan wegbeweeg voor die koeel sodat hy nie die vol impak van die skoot hoef te dra nie.VRN 500 10 mm is n goeie plaat om te gebruik.Armox is ook baie goed maar ek sou nie die 14,5mm gebruik het nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Gong Materiaal

Post by Arnold »

Ons gebruik 10mm VRN500 op ons naby gonge en ek sal nie iets anders aanbeveel nie.
marco

Re: Gong Materiaal

Post by marco »

Striker. wrote:Dankie oom Jean waardeer die terugvoer

Capt daai is juis die probleem wat ons het. Die een ou is 'n geweersmit en hy het 'n rowwe speelding daar beet wat hy gebou het wat 'n .224 koeël skiet. Die ding skiet lag lag deur sy gongs. Hy is nie seker watse materiaal daai gongs is nie (Hy vermoed dit is VRN400). Die groot kalibers maak niks met die gongs nie, maar daai klein een loop reg deur.
Ek en twee vriende het n lang afstand gong baan... baie van die naby plate sowel as ver plate (200m tot 1 km) is van vrn 400 12 mm gemaak en dis die eerste keer dat ek hoor iets knou hulle dalk af... ons sinne is heel fine... niks kry byt kans nie... 300 wm en wsm kry hulle nie geboor nie... ++>: Foto van die mooi man gongs is op 900m van vrn 400... heeltemal ver genoeg om mildsteel of benox te kon gebruik het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Gong Materiaal

Post by PWV »

Wil net beaam wat Julian vertel. Ek het drie van sy ghonge en kan hulle nie stukkend geskiet kry nie!
En julle weet natuurlik dat ek met gevaarlike goed skiet ;) !
User avatar
Zeelie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sat Nov 23, 2013 8:14 am

Re: Gong Materiaal

Post by Zeelie »

Ons gebruik die VRN500 materiaal op al ons gonge. Ons tak se gonge word ook gebruik by die zeiss gong challenge en hulle word hard raak geskiet en daai 500 hou al die pad. Daai gonge het nou al 2 zeiss kompetisies en een sajwv gong kompetisie en al ons tak se sosiale gongskiete oorleef
Remington 700 .308
RSA 300WSM - Die swart mamba
Savage 243
Howa 22-250
Sig M400
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Gong Materiaal

Post by Eugene »

Ek het ook 'n stel VRN500 10mm gonge en ek het hulle al goed gepepper op afstande van 500m tot 1000m met 'n 338LM en buiten 'n bout of 2 wat afgeskiet is en 'n ketting of 2, was daar geen merkbare skade op die gonge nie.
Aim small, miss small
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1704
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Gong Materiaal

Post by Vlakvark Soldaat »

Striker, moenie gaan maak nie. Koop net n klomp by Stompe, ons skiet daai goed warm, en Capt skiet hom kliphard met sy vuurwarm 30-Suk6 dan ia daar net n ligte duikie in. Skree as ek Stompe se nommer vir jou moet stuur...
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Post Reply