Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Middag almal,
My broer het vir hom die teleskoop soos bo genoem gekoop en op sy 260rem gesit.
Wat vir my bitter snaaks is, is die feit dat as n mens die vergrooting grooter of kleiner maak skuif die hoofkruis van die mikpunt af. Ek weet die afmik merke sal skuif, maar die hoof kruis is mos veronderstel om op die mikpunt te bly soos wat die vergrooting grooter of kleiner gemaak word. Dit is nogal redelik baie wat die mikpunt verskuif.
Dit is n SFP teleskoop
Ek ken nie Zeiss so goed nie en weet nie of die teleskoop veronderstel is om so te maak nie??
Moet hy maar die geweer op n spesifieke vergrooting inskiet en maar op daardie vergrooting bly??
Hoop jul sal my kan help hiermee
Groete en dankie
Jackie

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Ek het 'n vermoede dat jul eers daai teleskoop se parallax moet regstel voor julle aangaan.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Watse ringe het hy op?
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Middag Gawie,
Dit is gedoen, bv stel parralaks op 100m en 15 vergroting ,en dan sodra die vergrooting gestel word skuif die kruis
groete

Middag Joe
Warne medium ringe en niteforce 20moa picatini
Groete
Warne medium ringe en niteforce 20moa picatini
Groete
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Jakkals, hoe het hy die parralaks en die fokus ingestel?
Deur net die parralaks verstel knop te draai tot die beeld helder is, stel jy nie die parralaks "in" nie.
Doen die volgende toets: Kyk na 'n teiken op 200 m. Stel nou die parralaks tot jy gelukkig is. Hou die kruis op die mikpunt. Beweeg nou jou kop op en af, of van links na regs. Indien die kruishaar op die mikpunt bly, is die parralks reg. Indien nie, moet dit van voor reggestel word.
Deur net die parralaks verstel knop te draai tot die beeld helder is, stel jy nie die parralaks "in" nie.
Doen die volgende toets: Kyk na 'n teiken op 200 m. Stel nou die parralaks tot jy gelukkig is. Hou die kruis op die mikpunt. Beweeg nou jou kop op en af, of van links na regs. Indien die kruishaar op die mikpunt bly, is die parralks reg. Indien nie, moet dit van voor reggestel word.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Om parralaks reg te stel, doen die volgende.
1. Draai die parralaks fokus tot in die middel van sy verstelling.
2. Hou nou die geweer so dat jy na die helderblou lig kyk deur die teleskoop. Draai die agterse diopter totdat die swart kruishaar helder en in fokus is.
3. Kyk nou na 'n teiken op 100 m en draai die parralaks verstelling totdat die teiken mooi helder in fokus is.
4. Kalibreer nou jou parralaks verstelknop dat hy ooreenstem met jou 100m merk, indien dit so gemerk is.

Doen nou weer die kopskuif toets. Indien daar geen beweging van die kruishaar in verhouding met die teiken is nie, is die parralaks korrek gestel.
Indien hy dit wel so gedoen het en die teleskoop se mik en trefpunt verskuif met verstelling, is die teleskoop foutief of die ringe plaas drukking op die buis.
Dit is die rede vir Joe se vraag oor jou ringe.
Ek sou 'n stap verder gaan en vra watter bassise jy gebruik en is die ringe "ge-lap" en korrek geinstalleer?
Indien hy dit wel so gedoen het en die teleskoop se mik en trefpunt verskuif met verstelling, is die teleskoop foutief of die ringe plaas drukking op die buis.
Dit is die rede vir Joe se vraag oor jou ringe.
Ek sou 'n stap verder gaan en vra watter bassise jy gebruik en is die ringe "ge-lap" en korrek geinstalleer?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Jakkels 223 wrote:Middag Joe
Warne medium ringe en niteforce 20moa picatini
Groete
Daar was al heelwat manne met probleme met die Warne Maxima ringe en veral Zeiss teleskope. Die ontwerp waar dieselfde skroewe die basis op rail vashou en die ringe om die buis toemaak is die probleem. Daar is n spesifieke manier on hulle vas te maak om nie onnodig spanning op die buis te plaas nie. Kyk HIER. Of vervang met ander ringe.Gawie(13mm) wrote:
Dit is die rede vir Joe se vraag oor jou ringe.
Ek sou 'n stap verder gaan en vra watter bassise jy gebruik en is die ringe "ge-lap" en korrek geinstalleer?
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Doen eers wat Gawie en Gian sê kyk of dit werk. My Zeiss moes terug Duitsland toe met n parralaks fout, nou werk hy reg.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Middag Almal,
Die parralaks ens werk reg, het die kopskuif toes gedoen, dan bly die kruis op teiken.
Ringe is nie gelap nie, was nie by toe die ringe opgesit is nie maar sal hoor wat hy gedoen het.
Sal moet uitvind of iemand hier in Thabazimbi n lapping kit het.
Anders is die alternatiewe opsie om ander ringe te probeer.
dankie vir al jul raad hier

- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Ry deur Brits toe dat ek daardie ringe kan lap en reg torque vir jou. Jy weet waar ek bly.
Beste is maar om beter ringe te kry wat nie soveel spanning op die scope sit nie.

Goed, beter, 6millimeter!
- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Middag Geno,
Ek het nou met ons plaaslike geweer winkel man gesels en hy stel Thor ringe voor (+- R600) wat sal pas op die picatini, hy gaan blykbaar more voorwereld toe en gaan daar hoor of hy vir my n lapping kit kan kry, sal maar moet wag om te hoor wat is die prys op dit.
Baie dankie vir die aanbod, waardeer dit onsettend baie!!! As ons nie gaan regkom nie sal ek jou kontak om jou aanbod
Groete en nogmaals dankie

- fanie.myburgh
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Naand manne. Julle maak my nou bang, my zeiss en creedmoor klim more RAM om af gelewer teword.. Ek beplan om lynx se multi max ring met 20moa insterts tegebruik!
Behoort dit tewerk? Of moet ek en ander plan maak.....
Groete
Sent from my E5823 using Tapatalk

- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Multimax is great ringe hulle ontwerp verhoed onnodige stress op enige buis
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
More Almal,
Net so bietjie terugvoering rondom die probleemtjie.
Ons het so paar toetsies gedoen om te kyk wat die probleem kan wees.
Paralaks werk 100% reg, geen fout, so ook met die fokus diopter
Ons het die ringe los gemaak om enige moontlike spanning op die buis te ellimineer, selfs die teleskoop net met een ring vas gemaak (liggies) net sodat die teleskoop nie saam draai as die vergroting gestel word nie.
Die hoof kruis bly van mik punt verander van kleinste tot grootste vergroting, is die skuif van die hoof kruis +- 200mm op 100m.
Het ook geen "knyp" merke op die buis gesien nie
Gaan maar die teleskoop Maandag na die handelaar vat sodat dit ingestuur kan word vir herstel.
Het ook n ander teleskoop op die geweer geplaas, en daar was geen verskuiwing van die kruis gewees as daar aan die vergrooting gestel word. Selfde ringe is gebruik en getorque soos wat warn aanbeveel
Groete en dankie vir almal se raad en daad hier

Jakkals sorg net dat Zeiss se verteenwoordiger die scope vinnig kom haal by die handelaar en dat dit nie daar lê nie. My scope het 3 maande geneem voordat ek dit terug gekry het.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Middag Joe,
Baie dankie, sal sal so maak.
Groete
Jackie
Baie dankie, sal sal so maak.
Groete
Jackie
-
gedroggie
- Jr. Member

- Posts: 51
- Joined: Sun Mar 08, 2015 9:20 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Ek het presies dieselfde scope en moes nou gaan kyk(kon nie fisies skiet nie, my bure het iets teen dit) . Myne doen presies dieselfde(mag ek vloek op die forum?)
Scope is nog nuut en het ek nog net op Max vergroting geskiet en nie die probleem voorheen opgemerk nie
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Scope is nog nuut en het ek nog net op Max vergroting geskiet en nie die probleem voorheen opgemerk nie
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Middag Almal,
My broer het vandag met die Zeiss rep gepraat en volgens die rep sal die teleskoop, met die spesifike RZ1000 kruis, so maak op afstande onder 500m, hy het voorgestel om die teleskoop op sy hoogste vergroting te in te skiet en by daardie vergrooting hou!!
Die teleskoop is, volgens hom, ontwerp vir die lang afstand 308 gewere.
Jammer die teleskoop is gekoop, sou net daarvan gehou het as die verkoops persoon n mens n bietjie meer kon ingelig het, maar in dieselfde asem kon n mens ook seker navorsing oor die teleskoop gedoen het.
Groete en lekker dag vir jul
Jackie
My broer het vandag met die Zeiss rep gepraat en volgens die rep sal die teleskoop, met die spesifike RZ1000 kruis, so maak op afstande onder 500m, hy het voorgestel om die teleskoop op sy hoogste vergroting te in te skiet en by daardie vergrooting hou!!
Die teleskoop is, volgens hom, ontwerp vir die lang afstand 308 gewere.
Jammer die teleskoop is gekoop, sou net daarvan gehou het as die verkoops persoon n mens n bietjie meer kon ingelig het, maar in dieselfde asem kon n mens ook seker navorsing oor die teleskoop gedoen het.
Groete en lekker dag vir jul
Jackie
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Geen teleskoop se middelpunt van sy kruis moet beweeg as jy aan die vergroting stel nie.
As dit die geval was moes hulle hom sommer 'n fixed 25x gemaak het. Gesels eerder met 'n ander rep of kontak vir Drenalinjunkie hier op die forum.
As dit die geval was moes hulle hom sommer 'n fixed 25x gemaak het. Gesels eerder met 'n ander rep of kontak vir Drenalinjunkie hier op die forum.
Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Geno wrote:Geen teleskoop se middelpunt van sy kruis moet beweeg as jy aan die vergroting stel nie.
As dit die geval was moes hulle hom sommer 'n fixed 25x gemaak het. Gesels eerder met 'n ander rep of kontak vir Drenalinjunkie hier op die forum.
Net so
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Nou net die op hul usermanual raakgelees. Dis hoe die scope werk.
7. RAPID-Z® 1000 Sight-In Instructions
The Rapid-Z® 1000 reticle is unique in that it is the only Rapid-Z® reticle that is engineered
around a specific caliber and bullet type. This reticle is designed to be used with the .308 Win
load in either 168 or 175 gr. Match loads. Other calibers like the .325 WSM and .338 Federal also
work but they are the exception to the rule.
This reticle is unique in another way in that is the center crosshair is “zero” for 500 yards. In order
to zero the reticle correctly please observe the following instructions.
1. Obtain the Optimum Power Setting form the Zeiss Ballistic Calculator. When you are completed
with the calculator also take note of the Zero at 100 Yards Data provided in inches. This
number will allow you to actually zero the reticle at 100 yards for 500 yards.
2. Place the firearm in a steady gun vice or sandbag on the rifle range using safe practices.
3. With the scope on your Optimum Power Setting; place the 500 yard center crosshair in the
middle of the bullseye. Note the 100 yard bar will be positioned about 12” above the center
of the target bullseye. Make certain your target paper is large enough to accommodate this
difference.
4. Fire a round with the center crosshair in the bullseye. You want the bullet to cut a hole in the
paper target exactly where the 100 yard bar intersection is. Adjust the riflescope windage and
elevation as required.
5. The distance between the bullet hole (100 yard bar) and the bullseye (500 yard crosshair)
should be the value calculated on the Zeiss Ballistic Calculator for Zero at 100 Yards. This value
is normally is between 11”- 13” depending upon your individual ballistic variables.
6. Remember 12” at 100 yards is equal to 60” at 500 yards. This is about how much a .308 Win
Match load drops at that distance. The key is to get this calculated spacing correct between
the 100 yard bar and the 500 yard bar so you can easily sight and shoot at longer range with
the holdover bars while on the Optimum Power Setting. You can fine tune your magnification
setting up or down to adjust from this zero point if required.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Dankie Jean,
Sal die vir hom gee.
Groete
Jackie
Sal die vir hom gee.
Groete
Jackie
- fanie.myburgh
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm
Re: Ziess Qonquest HD5 5x25-50 RZ1000 kruis
Myne het net vanmiddag saam my geweer gekom. Hoop regtig nie daar is n probleem met hom nie.
Sent from my E5823 using Tapatalk
Sent from my E5823 using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.