Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Tal wrote:Na 7weke voor my aansoek by provinsiaal was, het ek maandag sms gekry hys by provincial, vandag sms gekry hys by CFR! Daai is vinnig gewees, hopelik oor n week of 2 is die ding klaar!!!
Hier is nou n lekker storie, en ek wil weereens vir Kobus Jagtersreg vrek baie dankie se vir sy aandeel op verskeie vlakke met die twee aansoeke.
Verlede jaar 12 April koop ek n 12br CZ Redhead vir my vir my 40ste verjaardag. Onttrend n week later gee ek aansoek by Garsfontein SAPS in, en begin maar geduldig wag. Die aansoek le drie maande by Garsfontein waar hulle net se hulle is besig hulle sal nog die agterstand inhaal. Lang storie kort, keur SAPS my lisensie af 15 Desember 2015. Ek neem dit maar op die ken en doen weer aansoek vir dieselfde geweer 15 Januarie 2016. Middel Feb bel hulle my en vra vir my bewys van betaling. Ek ry sommer dadelik daar om en bied aan om weer te betaal, net om die ding aan die loop te kry, maar die persoon se moet nie bekommer ek sal dit uitsorteer. Ne verskeie navraag en gesprekke en emails met die stasie bevelvoerder, gaan betaal ek toe tog maar weer op 10 April. Nou her is die mooi gedeelte. Die stelsel wys dat die aansoek steeds in Garsfontein le, alhoewel hulle my verseker dat dit nie die geval is nie. Dit is nou soos vanmore 16/05/2016.
Intussen koop ek einde Feb vir my n Tikka T3x .308 Super Varmint, met n beklemming dat my lisensie weer die roete moet loop. Langs storie kort gee ek die .308 se aansoek sowel as twee tydelike aansoeke vir die 12br en .308 in op een dag, en Vrydag drie weke later kry ek n sms wat se dat die tydelike aansoek goedgekeur is.
Vandag gaan ek die 12br haal, en Ram moet maar help met die Tikka. Hopelik is hy ook voor die einde van die week in my kluis.
My creedmoor se lesnsie is vrydag goed gekeur. 3de feb in gegee. Nou wag ek vir die kaartjie dan kan hy huis toe kom.. Weet iemand hoelank neem dit vir die kaartjie om in die kaap uit tekom??
fanie.myburgh wrote:My creedmoor se lesnsie is vrydag goed gekeur. 3de feb in gegee. Nou wag ek vir die kaartjie dan kan hy huis toe kom.. Weet iemand hoelank neem dit vir die kaartjie om in die kaap uit tekom??
Sent from my E5823 using Tapatalk
Geluk Fanie.
Die kaartjies word in Belville gedruk. Jy kan die nommer skakel en hoor of hy al gedruk is: 0219501406.
Indien wel, kontak jou DFO en vra wanneer jy jou kaartjie kan optel.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Dankie Gawie. Ekt my DFO gebel. Die kaartjie druk masjien is glo stukkend hier in die Kaap. Maar ek sal die nommer skakel en uitvind.
Nou moet ek by jou uitkom om tehelp die Howa se sneller bietjie tetune..
Fanie bel hulle eerder en vra dat hulle seker maak dat dit in die queue is vir die printers wat wel werk. Daar is 3 printers as ek reg onthou na vorige gesprekke met hulle.
ruaanb wrote:Fanie bel hulle eerder en vra dat hulle seker maak dat dit in die queue is vir die printers wat wel werk. Daar is 3 printers as ek reg onthou na vorige gesprekke met hulle.
Volgens die vrou daar is hulle masjiene stukkend van maandag af en hulle sal kyk of iemand vandag na die masjiene kan kom kyk.. Sal maar maandag weer n lui gee.
Goeie naand. JAGTERSREG (Kobus) het my seksie 16 aansoek begin Jan16 gedoen. Ek het aansoek ingegee die 19 Jan 16. Lisensie is goed gekeur 21 April 16. Ek het my lisensie gister gaan afhaal. Hoop julle manne het al reg gekom.
Die kaartjie masjiene in die kaap is nog stukkend. Van laas week af. Hulle het nog ni iemand gekry om dit reg temaak nie. Dis nou n gatslag.... Lyk my dit gaan langer vat vir my om die kaartjie tekry as om die lesensie goed gekeur tekry.
Sterkt Fanie! Hier bo in Pretoria het myne nie eers printers toe gegaan nie. Hy is goed gekeer 22 Maart en ek het al 'n reprint aangevra. Wag nog steed.
Fanie vra jou DFO vir n brief/permit wat wys dit is goedgekeur asook n brief van die kaartjie print span dat printers stukkend is. dalk kan jy so geholpe raak.