Dit is my eerste "post" so verskoon as dit nie met al die standaarde voldoen.
Ek dink daaraan om vir my 30-06 'n sussie te kry met die naam Howa 6.5x55. Ek was aanvanklik opsoek na 'n 243 maar met ure se oplees en navorsing het dit vir my begin lyk dat die 6.5x55 'n beter opsie is want volgens wat ek kan lees is die vleis skade minder op die 6.5x55 as wat dit is op die 243 (Alhoewel iemand gister weer vir my gesê het dit hang af watter tipe punt jy gebruik wat my weer laat begin twyfel het
My vraag:
Daar is verskeie opsies in die Howa, watter een is die beter een vir my. Bull Barrel / Stainless Steele. Ek jag maksimum 5 - 7 diere per jaar, skiet glad nie kompetisie nie dus sal ek slegs 3 maande voor die jag seisoen die skietbaan betree en myself regkry vir die jag. Ek is dus glad nie jou "oes jagter", net 'n gewone outjie wat hou van skiet en biltong.
Dan moet ek ook bysê, ek hou nie van sukkel nie, so as ek moet sal ek liewer iets kry wat 'n "overkill" is as wat ek met die goedkoopste gaan net omdat dit bietjie goedkoper is. Ek ry nie baie info oor die verskillende opsies nie.
Julle hulp sal waardeer word.

