Watter mounts vir my Plankgeweer?

User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Monrique (SJ) »

Manne en dames

Ek wil graag by julle hoor waar ek bassise en ringe in die hande kan kry of laat maak vir my enkelskoot roer wat eersdaags goedgekeur sal wees?  Of wat stel julle voor moet ek dalk gaan vir die 'picatini" rail,(spelling)

Gee asb. vir my die voordele en nadele van altwee, en wat julle dink die beste gaan werk!

Groetnis
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Cobus(Cobb) »

Chomma, oplet in die klas hoor,, ;D

Spel hom so..."Picatinny rail"

Ander manne moet jou maar vertel of dit sal werk...ek weetnie

Cobus
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Gerrit Visser »

SJ
Ek het 'n Picatinny rail op my 270 en op my plankgeweer dit werk baie goed. Neem my 2min om teleskoop te ruil. Ek weet nou al as ek van 308 na 270 ruil stel ek 8 clicks op en 4 clicks regs. Gewoonlik is die gat nie meer as 2 clicks weg van waar hy moet wees nie.
Net belangrik dat die selfde gleuf gebruik moet word en wanneer jy jou teleskoop vasdraai jy hom na voor skuif. Probeer ook om skroewe elke keer ewe vas te draai. Ek gebruik Leupold 30mm ringe en die rail is plaaslik gemaak en ek het die rail gepak.

Groete Gert
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Janjak »

SJ
meeste ouens glo in die pacatinny en mens kan hom laat verander om bietjie hoogte te wen op die bisley afstande.
Daar is baie nice ringe beskikbaar wat op die picatinny pas. Ek het n stel gesien wat met n 10 "spanner" vasmaak. Geen gesukkel met allen keys daar nie.

Ek gebruik self Lynx basis en ringe op my RSA en hulle werk goed.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Monrique (SJ) »

Kan julle manne dalk n foto of 2 gooi asb. Laat ek mooi kan sien!! ;D

Groetnis
jmb

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by jmb »

SJ daar is 'n ou in SA wat spesifiek mounts bou vir die RSA aksie. Ek het hulle op my een. bel vir Ben Strydom by Strydom Armature Winders op Worcester. Hy het hulle vir my gekry en opgesit. Hy is die plaaslike geweersmid.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Geno »

SJ,
Oom Koos Barnard het in die nuwe Magnum 'n artikel gedoen oor sy .243 wat 'n RSA aksie het.
Die manne daar het vir hom 'n picatinny rail gemaak.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by baboonstalker »

Picatinny rail!
Daardie QRW ringe van gert werk baie goed op die rails en jy kan dan jou scope ruil tussen gewere.
QRW = quick release wat jy sonder gereedskap kan afhaal.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Arnold »

Gert, koop vir jou nog 'n scope  :angel:
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Gerrit Visser »

Arnold al my gewere het scope's op. Ek kan nou kies watter scope ek waar en op wat wil gebruik.
Wil nog vir my 'n scope koop ,maar al my geld wat ek op jou gesit het laas Saterdag verloor.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Christo »

jmb wrote: SJ daar is 'n ou in SA wat spesifiek mounts bou vir die RSA aksie. Ek het hulle op my een. bel vir Ben Strydom by Strydom Armature Winders op Worcester. Hy het hulle vir my gekry en opgesit. Hy is die plaaslike geweersmid.
SJ

MOET NIE VIR OOM BEN GEBRUIK NIE
















In elk geval nie voor hy my gewere klaar gemaak het nie, ek's bang hy laaik jou meer as vir my en dan druk jy in.  ;)  ;D


Nee wat hy is seker een van die gunsmiths wat ek met gemak my geweer by ingee.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Christo »

Amper vergeet ek, Maak 2 mooi SA Pine hout brackets en gebruik hulle vir mounts om daai pragstuk teen die muur te vertoon.

Daai mounts kan jy self maak.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Christo »

SJ, sorry man, dit is die gewag vir Vrydag se trip na die see wat my so laat nonsense skryf.  ;D  ;D

Jy's genooi gewees.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Monrique (SJ) »

Het iemand my dalk oom Ben se nr. asb?  Ai daai roer se liksens moet nou net kom.

Manne so julle stel voor dat ek vir die picatinny rail gaan, is hulle die beste??

Groetnis
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Francois Marais »

SJ

Omdat die rail een stuk is, is hy stewiger as die twee los basisse, seker baie tegnies maar in teorie beslis.

Soos die manne reeds uitgewys het, kan jy die scope afhaal en terugsit en hy gaan steeds naby aan zero wees. Jy kry ook baie mooi en stewige weaver tipe ringe om op die rail te sit. As dit nie so n hassle was om hulle in die hande te kry nie, sou ek al my gunne van hulle opgesit het.

Hier is een wat ek op my 260 Rem het....

[img width=560 height=420]http://i729.photobucket.com/albums/ww29 ... ere004.jpg[/img]

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by WillemS »

SJ

023 347 2373, vra ma net vir Oom Ben!

Maar gee so 'n bietjie kans, my terminator moet eers opkom.....! Gee hom 'n lui, maar die ou is maar besig. Pasop net, die ou klink op die telefoon nie altyd te vriendelik nie, maar as jy aan die gesels raak met hom hoop ek jy het baie "Free minutes", baie aangename Oom

Willem
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Monrique (SJ) »

@FM

Daai is n baie mooi kolf op daai .260Rem van jou, waar kom hy vandaan?

@WillemS

Baie dankie vir die nr. maat!

Groetnis
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Francois Marais »

SJ

Dis die BR Hunter van ARMTECH, jy kan mos hulle kolwe in enige kleur bestel........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Gerrit Visser »

FM mooi 260 Rem
Die man wat my rail's gemaak het is Ludy Starke [sprlling] 02een 972een 987. Hy hou gewoonlik van hulle in stock. Ek sal net aanbeveel dat as jy 'n rail opsit koop  "low" QRW ringe
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Monrique (SJ) »

Gerrit ek het al met Ludie oor die tel. gepraat.  Hy like om met die RSA's te werk as ek nou die afleiding reg maak en het baie kennis van hulle.  Wat is die prys op die QRW ringe en waar kan mens hulle koop? Ek gaan nie die scope  afhaal en op n ander geweer gebruik nie, so is dit nogsteeds nodig of is hulle maar net die beste om te gebruik. Watter maak QRW beveel julle aan?

Dankie vir al die reply's dit maak net my keuse maklikker as ek weet wat werk en wat nie!

Groetnis
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Gerrit Visser »

SJ Ludy verkoop Leupold QRW ringe ook. ? R1500 vir ringe en rail 'n jaar gelede. SJ gaan vir QRW ringe m?re koop jy nog 'n roer dan het jy al klaar "n scope. Moet s? Ludy maak uit van RSA aksies. Hy en vriende sal selfs jou RSA sneller mooi maak, beter as die beste wat in die handel is.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Cobus(Cobb) »

Naand chomma,

Kyk bl 60 in Magnum, April 2011 edisie,

Cobus
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Monrique (SJ) »

Gerrit

Dis die plan om die RSA wanneer hy aanland om by Ludie n draai te gaan maak om hom bietjie op te tooi!

cobb

Ek het hom gesien ja, netjies se ek jou.

Groetnis
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by Francois Marais »

Gerrit

My broer is n passer en draaier, hy het die rail vir my gemaak........Dit was al n paar jaar terug, toe was daar nog gladnie sulke goete hier by ons beskikbaar nie. Ons het die ringe gehad, en toe die rail beplan op n hoogte dat n scope met n 56mm lens net mooi moet pas, toe ek uiteindelik geld het om n scope te koop, kom ek toe op die VXL afvir n goeie prys, en dit is die storie hoekom die scope so hoog sit, ek het nou al bietjie geshop, maar kry nie hier ringe (low) wat so lekker stewig vasmaak soos die wat op is nie, so vir eers bly hulle so............

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?

Post by erx »

SJ

Ek het die gewone Lynx Basis blokkies en Lynx Ringe gebruik, werk perfek en lyk netjies. Thor engineering maak 'n Shulz en Larzen base set vir die RSA aksie wat presies soos die Lynx lyk. Die voordeel van die blokkies en ringe is dat jy jou links en regs verstelling klaar perfek kan zero sonder om aan jou scope te stel.
Daai picantinny wat hulle vir Koos gemaak het kos R1400, ek het hulle laas week gebel.

Hier is 'n foto van my ex plank geweer.
[img width=560 height=420]http://i1183.photobucket.com/albums/x48 ... G_0693.jpg[/img]

Groete
erx
Post Reply