Piet Skiet
Goeie vraag
PAPIER SKIET
Uit my ondervinding het ek agtergekom dat waneer 'n scope se krag meer as 10X is paralaks stelling wel nodig is en ek verwys na sekuur en fyn skiet op papier. As jou paralaks stelling uit is by die toepassing van op papier skiet is jou skoot nie in die kol as die paralaks stelling nie ooreenstem met die afstand nie.
JAG
Jou vraag is van toepassing op die jag van jagspesies en jak jag in die algemeen. Ek sou se dat 'n jak jag skut nie 'n groter vergroting as 10X in die nag moet gebruik nie, en verkieslik 'n scope moet gebruik wat glad nie paralaks stelling het nie. Al die vername scope vervaardigers maak scopes in varmint vergrotings en meeste is in die krag 8X50 8X56 ens. met geen paralaks stelling nie.
2 Van my vriende het Leopold scopes is variable tot en max krag van 14X in VX3 sonder paralaks stellings. Ek sou se dat die scopes liefs moes paralaks stelling gehad het. Toe ek hulle getoets het - het ek agtergekom dat die scopes se paralaks op 100 meter gefokus is. Ek het 'n paralaks fout ervaar met die scopes op 300 meter. Dit was nie 'n groot fout nie maar was wel teenwoordig en mens moet werklikwaar krities wees en mooi kyk en toets om die fout te ervaar.
Ek gebruik 'n Burris 6,5 - 20 X 50 vir jag op my .300 Win Mag. Die scope bly op 15X krag en die paralaks stelling bly op fokus afstand 250 meter. Ek het baie sukses met die stelling kombinasie vir dag jag kondisies op verskeie afstande. Tog sal ek liefs my 243 gebruik vir nagskiet werk met die 8X56 scope.
My keuse/opinie sou wees om 'n paralaks vrye scope te gebruik vir jag werk en paralaks stelling scopes te gebruik vir papier skiet.
Danie
Is paralaks versteling regtig nodig?
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Is paralaks versteling regtig nodig?
DanieDanie .243 wrote: Ek gebruik 'n Burris 6,5 - 20 X 50 vir jag op my .300 Win Mag. Die scope bly op 15X krag en die paralaks stelling bly op fokus afstand 250 meter. Ek het baie sukses met die stelling kombinasie vir dag jag kondisies op verskeie afstande. Tog sal ek liefs my 243 gebruik vir nagskiet werk met die 8X56 scope.
Ek is van plan om daardie selfde Burris van my op my nuwe 22-250 te sit vir jakkalsjag, gaan dit 'n probleem vir my wees, na aanleiding van Oom se opinie?
Se nou maar ek gebruik die scope en hou hom op 10-12 vergrtoting en die paralaks so by 200yards, sal ek nie dalk dan regkom nie? Moet se dat ek verlede jaar 'n koedoebul gemis het omdat my scope nog op 20x vergroting was waar ek laaste iets probeer identifiseer het op 'n lang afstand en toe is die koedoe 50m van my af toe hy uitspring!
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Danie Lombard .243
Re: Is paralaks versteling regtig nodig?
Nee wat ou Ponkie, die Burris sal jou goed behandel, toets maar in die nag op 'n teiken watter vergroting en paralaks stelling gee jou die beste ruseltaat.
YIP Dit kan neuk as die paralaks op 250 meter stelling is en die teiken is op 50 meter.
YIP Dit kan neuk as die paralaks op 250 meter stelling is en die teiken is op 50 meter.