Goeie more menere,
Ek wil graag julle opinie hoor rakende die keuse tussen die gamepro HID (MS4541 - Megascops 100W
240mm Halogen Spotlight) en LED (GAMEPRO OTUS 12V SPOTLIGHT 3500 LUM 36W LED W/BAG & RED FILTER).
Die idee is nie om te gaan jakkals jag nie maar die lig gaan eerder gebruik word vir springbok skiet in die karoo ens.
Ek het al n keer of wat met die HID lig geskiet en was baie beindruk met hom. Net voor ek koop toe sien ek die LED en jy gooi my denke deumekaar. Hulle pryse is R100 uit mekaar, so nie n vreeslike verskil nie.
Ek sal julle opinies baie waardeer.
Groetnis,
Frikkie
Spotlight keuse HID of LED?
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Re: Spotlight keuse HID of LED?
Niemand wat n opinie het nie?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13665
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Spotlight keuse HID of LED?
Ek verkies steeds 'n halogeen lig omrede hy die kleure beter onderskei. Lightforce 240 werk baie goed.
Ek het met myne verlede naweek n jakkals se lyf in die nag op 644y kon uitken deur my teleskoop.
Hier is 'n video wat verduidelik hoekom dit beter is as LED of HID.
Ek het met myne verlede naweek n jakkals se lyf in die nag op 644y kon uitken deur my teleskoop.
Hier is 'n video wat verduidelik hoekom dit beter is as LED of HID.
Goed, beter, 6millimeter!
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Re: Spotlight keuse HID of LED?
Baie dankie Geno!