Ek kom n ding agter as ons gewere bore sight.
Ons gebruik n Niko Stirling bore sighter, mens wil mos net op die papier kom.
Maar nerens maak die bore sighter toelating vir die hoogte wat die teleskoop bo die loop is in vergelyking met die hoogte van die bore sighter bo die loop.
Is daar dalk n geleerde vriend wat die berekening gedoen het of kan verduidelik asb.
Dis nie doid sake nie maar wel n verskriklike irritasie.
Ek waardeer enige hulp
Sent from my GT-I9295 using Tapatalk
Bore sighting
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Bore sighting
Sit you bore sighter bo op die loop?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Bore sighting
Ek het ook so boresighter. Ek doen baie moeite en iemand help gewoonlik dat alles mooi regop bly. Geweer is ook waterpas en stewig vas. Vertikaal stel ek dat dit in lyn is en horisontaal stel ek na so 1 blokkie bokant. Daarna is dit 25m skiet en verstel tot tevrede, dan 100m skiet en verstel tot tevrede.
-
DMLubbe
- Newbie

- Posts: 49
- Joined: Wed Apr 27, 2016 6:03 pm
Re: Bore sighting
Die een het n mandrel wat in die loop in gaan.
Sent from my GT-I9295 using Tapatalk
Sent from my GT-I9295 using Tapatalk
Howa 30-06
BRNO .22
BRNO .22
-
Reloader270
- Hero Member

- Posts: 1051
- Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Re: Bore sighting
Ek het 'n Bushnell in 1985 gekoop vir R45.00. Die boor sighter word ook 'n "shot saver" genoem. Dit is omrede jy dit na jy jou geweer op sê 100 meter ingeskiet het, gebruik om te kyk waar die kruishaar van jou teleskoop op die horisontale en vertikale as lê. As jy dan daarna die teleskoop vir een of ander rede moet verwyder, kan jy dit weer instel wanneer jy die telekoop terugsit. Dit sal met net 1 of 2 skote vinnig weer ingestel wees. Dieselfde geld byvoorbeeld as jy die geweer ingestel het op 100 vir sê 100gr koeëls en dan ook byv 150gr koeëls gebruik. Jy kan dan wanneer jy na die ander gewig oorskakel dit min of meer voor die tyd instel met die bore sighter.
'n Ander voordeel van die boor sighter is dat jy dit kan gebruik om jou teleskoop se montering te sentreer. Voor jy die teleskoop opsit, maak seker die kruishaar is in die middel (vertikaal en horisontaal). Hierna plaas jy die teleskoop in die ringe en dan verstel jy slegs op die ringe se verstelmoere. Nou weet jy jou teleskoop se basis is presies in die middel. Dan gaan skiet jy die geweer in op 100m. Na jy dit ingeskiet het, neem jy weer die meting met die bore sighter. As dit 1 of 2 blokkies na regs of links is, is dit nie probleem nie. Sommige koeëls neig meer links of regs as ander.
'n Ander voordeel van die boor sighter is dat jy dit kan gebruik om jou teleskoop se montering te sentreer. Voor jy die teleskoop opsit, maak seker die kruishaar is in die middel (vertikaal en horisontaal). Hierna plaas jy die teleskoop in die ringe en dan verstel jy slegs op die ringe se verstelmoere. Nou weet jy jou teleskoop se basis is presies in die middel. Dan gaan skiet jy die geweer in op 100m. Na jy dit ingeskiet het, neem jy weer die meting met die bore sighter. As dit 1 of 2 blokkies na regs of links is, is dit nie probleem nie. Sommige koeëls neig meer links of regs as ander.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Bore sighting
Myne werk presies soDMLubbe wrote:Die een het n mandrel wat in die loop in gaan.
Sent from my GT-I9295 using Tapatalk

