12 boor Iver Johnson`s

Post Reply
User avatar
Victor
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jul 19, 2012 9:33 am

12 boor Iver Johnson`s

Post by Victor »

Ek het `n Iver Johnson` Arms & Cycle Works Fitchburg Mass USA Champion enkelskoot 12 boor . reeks nr F95xx

Die geweer moet uit die vroee 1900`s dateer , want my oorlede ma wat in 1913 gebore is ,het as kind onthou dat haar pa dit reeds gehad het.
Kan iemand bevestig ?
Het gewwer enige R waarde ?

Iets interessant oor die geweer,
Van julle sal onthou dat voor Swaziland se onafhanklikheid in die 1960`s , het die Hoeveldse skaapboere Swaziland as wintersveld gebruik. My oorlede pa het in die tyd op versoek van koning Sobuzha 11 ( 1899- 1982) met die haelgeweer loeries geskiet , dat hy van die rooi vere in sy hare en/of hooftooisel kon sit
User avatar
Dawid S
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm

Re: 12 boor Iver Johnson`s

Post by Dawid S »

Victor, ek het 'n sort gelyke haelgeweer gehad.
Langloop Full choke, enkelskoot met hammer wat terug getrek word. Die grip onder knip uit dan haak die loop van die aksie. Myne se kolf was gebreek. Die geweer was van oupa via pa na my.
Tydens my versamelaar aansoek het ek nie meer intigting gekry as wat jy reeds het nie.
Dit blyk dat daar nie regtig enige versamelaars waarde aan geheg word nie.
IMHO
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: 12 boor Iver Johnson`s

Post by Johan van Wyk »

Daar is letterlik honderde duisende van hierdie haelgewere gemaak. Hulle het geen versamelaarswaarde nie. Sentiment is egter `n ander saak maar dis nie iets wat kwantifiseerbaar is nie.
Post Reply