375 herlaai data

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
AndreD
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Apr 25, 2016 10:14 pm

375 herlaai data

Post by AndreD »

Ek is in die diepwater gegooi. ek laai al jare my 308 maar het n versoek gekry van n vamilie lid om te help met die laai van sy 375 h&h magnum.
ek het die volgende gekry by hom:
Sierra pro Hunter 200gr punte'
Winchester magnum primers
n verskeidenheid van PMP en winchester doppe
my vraag is die volgende, het enige iemand die punte met sukses gelaai en wat se kruit is gebruik, ek het gedink om met S335 te laai. Die grootste probleem is, is dat ek en die geweer baie ver uit mekaar is en dat dit moeilik is om n lading toets te gaan doen alhoewel ek weet dit die beste ding gaan wees. as enige iemand my n lading kan gee om te laai wat vir hulle gewerk het sal ek dit hoog op prys stel
groete en byvoorbaat dank
Andre Dreyer
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 375 herlaai data

Post by tripodmvr »

Hier is my aanbeveling :-
1. Die koeël is gepas vir die gebruik in die Winchester 375 waar spoed laag is - selfs met die beginladings wat ek gaan voorstel gaan spoed al by 2800+ vps wees
2. Koeël is baie kort en TPL van 86mm is 'n praktiese begin.
3. Gebruik liefs die PMP doppe synde hulle beter nekspanning gee as die dunner Winchester doppe - dit was my ondervinding gewees jare gelede.
4. Beginlading van 68gr S335

As hierdie slegs vir papierskiet is dit deug. Die platneus koeëls sal 'n baie swak BC he en baie val oor 300+.

Die 200gr Impala sal baie beter wees as jag die aanwending is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply