Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by TOKELOS »

Amper elke jag trippie het sy eie humoristiese hoogtepunt.

Jaaaare gelede toe ek nog jonk, mooi en jukkerig was (nou is ek nog net net arm)
Het ons groepie in Jansenville die koedoes gaan aanvat.

Ek was verantwoordelik vir al die reelings en die manne vra dat ek asb tog moet reel dat ons darem eers n paar skote op papier bokke moet skiet. Wil darem net seker maak die scopes het nie dalk n stamp weg met die soontoe ryery nie of dat die kolwe nie dalk getrek het agv die verandering in klimaat nie.

Die boer was nie in sy skik met hierdie gedagte want ons gaan sy wild mos net wild maak. (jip reg gelees maar so loop die feite) maar hy was deel van die plaaslike Kommando en beloof om te reel dat ons op hulle baan kan gaan skiet.

Die reeling is dan as volg:
Ons ry tot op Jansenville, stop by n sekere winkel om Oos Kaap jaglisensies te koop en vra dan daar vir n spesifieke persoon wie dan vir ons baan toe sal vat omdat ons die pad nie ken. Die persoon sal dan die boer bel terwyl ons skiet en die boer sal ons dan op die baan kom kry en plaas toe vat.

So gese, so gedaan. Met ons aankoms op die baan loop daar toe n pragtige boerbokram met n twee ooie op die skietpunt rond. Ons word toe ingelig dat dit die slagpale (wat net langs die skietbaan is) se judasbok is en dat ons moet oppas want die bok steel enige drank wat in n bottel is . Sien, die "troepe" het al van die arme ram n alkolis gemaak.

Wel om tot die punt te kom. My geweer was in n spesiale selfgemaakte geweertas. Daar is geen manier dat die scope n stampie kon kry. Verder is my geweer se loop so ge-free float dat jy nie net n noot maar sommer n hele huisgeNOOT tussen die kolf en loop kon deur trek! Dus, skeef getrekte kolf ook nie op my van toepassing nie en hoef ek dus nie te skiet nie.

Siende dat ek nie hoef te skiet nie moet ek toe die "spotting" werk doen. Daar is nie n spotting scope nie so ek moet my geweer se scope hiervoor gebruik. Daar is net een tafel en dit word deur die skut gebruik. Daar was egter n klippilaar maar hy was effens te laag, dus moes ek maar so met n krom rug staan om darem die geweer stil genoeg te kon hou hou. Nou dis nou hier waar die str@nt begin.

Skut konsentreer, ek met my geboee rug konsentreer, die ander manne is besig om hul roere uit hul sakke te haal en.......... die volgende oomblik voel ek net hoe een van die manne my met sy hande in beide my ribbes pomp en almal bars uit van die lag! Met die regopkom slag sal ek toe agterkom dis die bokkerse ram wat my beetgekry en probeer dek het!!!

En was ek toe daaroor gespot!!! Vir jaaaaare daarna nog!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by alecjohnson »

HAHAHA Ek het nie daai een verwag nie!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by ruaanb »

wahaha
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by Chris (vdB) »

;D
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by JDKey »

Lmga!
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by toelie »

Haha ai ja jai
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by LoveHenties »

Enige iets vir 'n ou doppie! :)
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by win270 »

Iemand was 'n bok vir sports . . .
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by spekieries »

Jou voorouers nie dalk van Australië af nie ? ::) :): :laugh:
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by Gawie(13mm) »

spekieries wrote:Jou voorouers nie dalk van Australië af nie ? ::) :): :laugh:
Nee, want dan sou die bok voor gestaan het. :-X
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by TOKELOS »

Mens sou seker nou kon se dat ek geskroef is?
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by FHM »

Nou het ek lekker gelag - mooi man Tokkie...of is dit "RAM-KAT" ++>:
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Vloot
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Sun Feb 10, 2013 1:20 am

Re: Na aanleiding van die "jag geleentheid te Jansenville"

Post by Vloot »

Goeie storie. Ek dink daar is baie stories wat nooit sal uit kom nie.

Sent from my GT-N7100 using Tapatalk
Doen wat jy kan met wat jy het, waar jy is.
Die Wat WEN: Doen die regte goed, reg.
Post Reply