DIES

Post Reply
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

DIES

Post by Shindzela (Pierre) »

Weet iemand dalk of enige ander maak dies op n Lee press sal werk? Wil begin herlaai vir 30-06, met die 303 se Lee dies wobble die punte. Ek is nie seker of die fout by die dies, shell holder of press le nie?
Life's a journey, enjoy the ride!
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: DIES

Post by Witpietskiet »

Man so v?r ek weet pas die meeste dies op die meeste presse. Ek het n RCBS press en ek gebruik, LEE, RCBS, Redding, en Hornady dies op hom sonder enige moeilikheid.

So kry vir jou RCBS of Redding dies, hulle sal pas.

Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: DIES

Post by Shindzela (Pierre) »

Dankie, dis wat ek gehoop het om te hoor,  hele nuwe laai stel kos darem maar net te veel sente. Sal moet vrek baie laai om die kostes op te maak invegelyking met fabrieks patrone.
Life's a journey, enjoy the ride!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: DIES

Post by spekieries »

Ek het 'n Lee Cast Iron press. Gebruik Lee, Lyman en Foster matryse op hom. Ek dink die skroefdraad is so dat alles op alles pas.
grumpy

Re: DIES

Post by grumpy »

Ek het n Lee reloading kit en gebruik RCBS dies. Jy kry nekstra goed wat jou die in pas en dan twist lock jy hom net vinnig in die press.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: DIES

Post by Raven »

Shindzela (Pierre) wrote: met die 303 se Lee dies wobble die punte. Ek is nie seker of die fout by die dies, shell holder of press le nie?
Probeer om 'n nuwe matrys te kry en toets weer, miskien "seat" die koeele/punte skeef in die doppie.

Alle matryse en Press is "universal" dit sal pas bymekaar.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: DIES

Post by Pvdw »

Ek het 'n LEE stel gekoop en LEE dies vir die .303. Die doppe het ook effe soos piesangs uitgekom. Ek het die LEE dies gesmous en by VLT 'n stel HORNADY dies gekoop. Teen R390.00 was dit die moeite werd. Doppe is beslis beter en die "seating die" het die gids in wat koe?l en dop eers oplyn/sentreer voor die koe?l in die dop ingedruk word nes die FOSTER dies.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: DIES

Post by tripodmvr »

Peet

Ek het begin herlaai met 'n Lee Challenger Kit en het goeie resultate vanaf dag een gekry. Die ander manne begin jou later vertel dat jy 'n fout gemaak het en beveel die duurder tipes aan. Ek het daardie pad geloop en is nou weer terug by my Lee dies. Alle make het maar glipse, maar vir hul prys is Lee baie goed. Ek verkies hul seating dies en praktiese toetse het getoon dat die' dies die minste "run-out" gegee het van die gemiddelde matryse. Slegs die baie duurder matryse het daarop verbeter.

Ek herlaai vir 223, 243, 270, 7x64, 303, 30-06 en 375. Lee gee herlaaide ammunisie wat vir die gewone jagter die gewenste resultate gee. Die Volkswagen of Toyota van die herlaai apparaat.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: DIES

Post by erx »

Hi Pierre

Almal se size en draad is dieselfde, mens kry net een variasie op byvoorbeeld 'n 505 Gibbs wat 'n 1" die gebruik en dan moet jy 'n spesiale adaptor opskroef, maar verder is almal dieselfde.

Groete
erx
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: DIES

Post by Pvdw »

Tripod ek stem saam, res van my dies is LEE en ek het 1 RCBS. Ek was net nie tevrede met my LEE .303 se size die nie, die seating die was perfek.

Die res van my toetusting is nog steeds LEE en dit is waarde vir Rande.

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply