Nuwe GRS kolf

Post Reply
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Nuwe GRS kolf

Post by Johan04 »

More Manne

Het enige een van jul al die nuwe sintetiese GRS kolf onder hande gehad of dalk al een gekoop. Ek stel ook belang,maar wil net n paar dinge weet voor ek koop.

Ek luister graag.

Groete

Johan
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Nuwe GRS kolf

Post by Hano243 »

Ek het na hulle gekyk by Huntex en oorweeg dit baie sterk om self een te koop. Ek sal ook graag wil hoor wat dink die manne van hom.
Hano
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Re: Nuwe GRS kolf

Post by Johan04 »

Hano,wat was hul prys daar en hoe voel die kolf in jou hand? Is dit harde plastiek of is dit ook buigbaar soos van die Howa plastiek kolwe?
Ek verstaan dat by die pistool greep en aan die voorkant is dir rubber.

Groete

Johan
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Nuwe GRS kolf

Post by Hano243 »

Johan04 wrote:Hano,wat was hul prys daar en hoe voel die kolf in jou hand? Is dit harde plastiek of is dit ook buigbaar soos van die Howa plastiek kolwe?
Ek verstaan dat by die pistool greep en aan die voorkant is dir rubber.

Groete

Johan
Hi Johan

Hulle prys was R7500.00 as ek dit nie mis het nie. Ek het na hom gekyk en vasgehou op n geweer waarop hy gemount was en hy het perfek in my hand en skouer gepas. Die plastiek is hard en glad nie buigbar soos die Howa se kolwe nie, hulle het ook genoem dat hy n stewige persentasie fibreglass ook in wat hom baie hard maak.

Jy kan gerus hier meer gaan lees oor die nuwe GRS: http://www.grsriflestocks.com/our-model ... rs-berserk

Ek was rerig beindruk met die kolf en gaan beslis vir my so een aanskaf in die nabye toekoms, hoop net Safari se prys sal nie nou die hoogte in skiet nie. ;)
Hano
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nuwe GRS kolf

Post by Eugene »

Hano243 wrote: Ek was rerig beindruk met die kolf en gaan beslis vir my so een aanskaf in die nabye toekoms, hoop net Safari se prys sal nie nou die hoogte in skiet nie. ;)
Die Rand versterk darem teen die $, glo ons gaan binnekort besparings sien! ;) >:D >:D >:D
Aim small, miss small
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Nuwe GRS kolf

Post by Hano243 »

Janee Eugene dis darem een lig punt in die tonnel, ons hou maar duimvas hy doen so voort :)
Hano
User avatar
Henry
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm

Re: Nuwe GRS kolf

Post by Henry »

Eugene wrote:
Hano243 wrote: Ek was rerig beindruk met die kolf en gaan beslis vir my so een aanskaf in die nabye toekoms, hoop net Safari se prys sal nie nou die hoogte in skiet nie. ;)
Die Rand versterk darem teen die $, glo ons gaan binnekort besparings sien! ;) >:D >:D >:D
Dis nou as die winkels die prys verandering terugvoer na die gebruiker toe, en nie soos die motor vervaardigers met allerhande verskonings kom nie. In die 2001 Rand krisis het hulle in stede van die prys afwaarts aanpas, eerder diensplanne ingesluit by die prys.

Ek sal die wag en kyk game speel hier. Die slim mense verwag dat die Rand nog meer gaan versterk teen die USD. Ek het ook 'n GRS kolf in my planne, maar gaan heelwaarskynlik die gelamineerde een wees.
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Re: Nuwe GRS kolf

Post by hierswolf »

Dit is rerig 'n stewige kolf. Ek het een op huntex gekry vir 'n pel. Die enigste sagte (eerder sticky) dele is die grip op die handvatsel en voor op die kolf. As ek een kon kry wat my gewere sou pas sou ek verseker gekoop het.

Die huntex prys was R7990.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nuwe GRS kolf

Post by ruaanb »

Ek het na een gekyk vir my Winchester en email GRS toe. Die CEO antwoord my toe self binne n dag met die slegte nuus dat ek nie gehelp kan word nie.
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Re: Nuwe GRS kolf

Post by Johan04 »

Ek kan by my plaaslike Wildman een kry vir R8200. Dit klink heel goed teen oor die Huntex prys.Natuurlik vir n Howa.
Groete
Johan
Post Reply