Nuweling op forum
- Wolfman
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Sat Apr 16, 2016 7:23 am
Nuweling op forum
Goeiedag,
Wynand van Thabazimbi.
My motto is dat mens nooit te oud is om te leer nie, en ek is gretig om meer te leer van alle aspekte van die skiet sport by die "gurus" op hierdie forum!
Wynand van Thabazimbi.
My motto is dat mens nooit te oud is om te leer nie, en ek is gretig om meer te leer van alle aspekte van die skiet sport by die "gurus" op hierdie forum!
375H&H Winchester
308 Brno
308 Remington SPS Tactical
.22 Brno
.45 Webbley revolver
40S&W SIG P226
308 Brno
308 Remington SPS Tactical
.22 Brno
.45 Webbley revolver
40S&W SIG P226
- goodstuff
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Sun Oct 05, 2014 4:34 pm
Re: Nuweling op forum
Welkom, hier leer mens baie!
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Burris Eliminator
Silent Hunter Silencer
Boyds Pepper Laminated Stock
Burris Eliminator
Silent Hunter Silencer
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Nuweling op forum
Dagse Wynand,
baie welkom by ons kampvuur.
Vertel bietjie van jou skietgoed en waar en wat jy gewoonlik jag?
Sien uit na jou deelname
baie welkom by ons kampvuur.
Vertel bietjie van jou skietgoed en waar en wat jy gewoonlik jag?
Sien uit na jou deelname
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Nuweling op forum
Welkom geniet dit in die klas
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Nuweling op forum
Dagse Wynand en welkom op die forum.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Nuweling op forum
Welkom Wynand.
Ja heeltemal genoeg info hier om self die ou honde ietsie te leer
Hoop jy geniet dit.
Vertel bietjie meer oor wat in jou kluis aangaan..
Ja heeltemal genoeg info hier om self die ou honde ietsie te leer
Hoop jy geniet dit.
Vertel bietjie meer oor wat in jou kluis aangaan..
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Nuweling op forum
Welkom Wynand.
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Nuweling op forum
Baie welkom.
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Nuweling op forum
Wynand
Geniet dit
Geniet dit
- Wolfman
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Sat Apr 16, 2016 7:23 am
Re: Nuweling op forum
Baie dankie vir die welkom boodskappe! Ek voel sommer reeds tuis langs hierdie vuurtjie!
Alhoewel ek lief is vir die skiet/jagsport, spandeer ek heeltemal te min tyd en geld daaraan..
My hartsgeweer is my eerste geweer wat ek 24jr gelede gekoop het, nl. 'n Brno 308. Wanneer ek my hand in die kluis insteek, spring hierdie geweer gewoonlik dadelik in my hand in, en hy verset homself wanneer ek hom wil eenkant sit! My tweede geweer wat ek aangeskaf het is ook my swaarste kaliber, 375 H&H Winchester Safari Grade aksie met 'n Truvelo loop. Hierdie is my Groot Vyf en gevaarlike wild jag/opvolg geweer. Volgende het ek 'n 308 Remington SPS Tactical aangeskaf asook 'n Brno .22.
Dan is daar 2 handwapens in die kluis, naamlik 'n ou .45 Webbley (erfstuk) en 'n SIG P226 in 40S&W.
Ek is 'n biltong jagter en deesdae kry ek eers 'n jagbeurt nadat my dogter en seun hul bokke geskiet het.. Ons jag hoofsaaklik in die Thabazimbi area, maar ook verder noord in Limpopo provinsie sowel as Noordwes provinsie. Ons jag gewoonlik koedoes, rooibokke, blou wildebeeste en enige ander wild wat lyk of hul pot toe wil gaan!
Ek herlaai wanneer ek tyd kry, en begin nou eers werklik met meer ernstige lading ontwikkeling. Het met die SPS begin en die reseppie wat ek nou het, maak lekker kossies (beste groepering op 100m was 7mm)
Spandeer tans nie genoeg tyd op die skietbaan om kompeterend in skiet kompetisies deel te neem nie, en speel baan-offisier en skiet net waarskuwingskote by kompetisies

- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Nuweling op forum
Welkom Wynand. Nou het ek ook iets by jou geleer.
Jy skiet nie mis nie. Dit is waarskuwings skote.
Jy skiet nie mis nie. Dit is waarskuwings skote.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17