Jakkalsjaers

Post Reply
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Jakkalsjaers

Post by jaracal »

Andre het die volgende geskryf:
Jakkalsjaer:

Algemene beskrywing:

Alarmmodel:
ASCO het nou ?n Jakkals alarm op die mark wat met ?n sonpaneel werk. Jy sit hom in die veld neer tussen jou ooie wat lam. Dit maak alarm (dit is ?n spesefiek getoetste alarmserene / piezo) wat jakkalse wegjaag. Dit het ?n LED ?strobe light? wat Flikkerend skyn as dit aktifeer. Dit het ?n micro ? rekenaartjie in, wat ?random? 1 + uur deur dag en ?random? wisselend van 2- tot 15 min tussenposes, vir 40 sekondes lank skree deur die nag. Dit het 12 V battery met reguleerder in en skakel alarm  af as battery onder 10V gaan en weer self  aan bo 10,2 V. Die reguleerder sorg dat die battery gelaai word, al is die alarm ook afgeskakel en beperk die sonpaneel om nie die battery ho?r as 13.8V te laai nie. Dit is moeitevry , selfonderhoudend en volg geen vaste patroon nie, om altyd die Jakkals onseker , onrustig en WEG te hou . Dit dek so +\- 1 km, so in ?n groot kamp het jy ?n paar nodig ( 300ha kamp ten minste 3 ).

Radiomodel:
Die model met Fm radio, gee nog radio vir 2min, so tussen die alarm/serene deur. Daar moet egter FM radio ontvangs wees, waar jy hom sit in die veld , of jy kan die radio net afskakel en die serene gaan op sy eie aan. Die serene kan ook ontkoppel word (sodat net FM radio speel) en Dag/nag sensor toegeplak word met stukkie wondergom, as jy hom deur die dag  op die vinnige siklus ,in ?n boord wil gebruik om Bobbejane  of koedoes weg te hou.
Prakties in die veld:

Plaas die Jakkalsjaer op hoogliggende plek, om sigbaarheid van die strobe en klanke te verbeter ,dit sal effektiewieteit  vergroot.

Plaas Jakkalsjaer met die sonpaneel na NOORD, om maxsimum krag in die batterye te sit deur die son.

Plaas jakkalsjaers nie verder as 1 km uit mekaar, binne die kamp waar die ooie lam , of die jakkalse uitgehou moet word  bv. Plekke waar hulle broei. (Julie tot Oktober)

Plaas jakkalsjaers by strategiese plekke soos Windpompe en koppies binne Lammerkamp.

Plaas Jakkalsjaer op veilige plek. Dit moet met ?n lang klip vasgepak word, sodat dit nie omwaai deur die wind nie. Vermy die voedpaaie van beeste wat dit kan beskadig.

Plaas Jakkalsjaers geduurende Lamseisoen in die betrokke kampe en verweider dit wanneer nie nodig is nie. Skakel dan die Alarm af, maar hou dit op ?n plek waar die son nog skyn, om battery  vol gelaai te hou.
Die  effektieweteit sal verminder, indien dit nie verskuif en priodes afgeskakel word nie. (gewoontevormend)

Toets elke keer as jy deur die kamp ry of die Jakkalsjaer werk en FM radio nog op stasie is, deur die  skakelaar net af en dan weer aan te skakel. Hou ook die status liggie dop wat weer wys of alles nog reg funksioneer.

Die Jakkalsjaer beinvloed, sover as wat ons kon agterkom, net die Rooijakkals en Koedoes. Die ander wilde diere en skaap raak dit baie gou gewoond en pla dit hulle nie verder nie Dit moet in gedagte gehou word dat die spesifieke Serene en Piezo, tot op ?n baie hoe frekwensie van 30-50 khz skree, soos die frekwensie van hondefluitjies, en dus die K9 spesie sal affekteer en nie diere wat nie daardie ho? frekwensies hoor nie. Die FM Radio sal net diere wat ?n vrees vir mense het, in die nag laat wegbly van waar dit gehoor word.

Dit het ook al skaapdiewe in die nag laat omdraai as hulle die stemme en serenes hoor en die strobe sien flikker?

Die Jakkalsjaer  is ?n nuwe produk en sal die toets van tyd moet deurstaan. Daar sal geduurig gekyk word om dit te verbeter en bekostigbaar te hou.


Prys Alarmmodel (enkel)=R1550 BTW in, vervoer / posgeld uitgesluit?
Model met Radio  (dubbel serenes/piezo) is R1950 BTW in, vervoer / posgeld uitgesluit
Radiomodel met kleiner sonpaneel is  (dubbel serene/piezo) =R1750 BTW in, vervoer / posgeld uitgesluit (indien beskikbaar)
Pryse is onderhewig aan verandering en beskikbaarheid van komponente!
Daar kan ook  gebou word met motorradio?s en mp3?s na gelang van behoefte ? prys sal bepaal word volgens komponente wat verlang word?.

Ek bou op bestelling.

Dankie
ASCO
083 338 2025
02062 vra 1604 Merweville 
Andr? Theron  Kranskraal  Bus  9 Merweville 6940
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Skillie

Re: Jakkalsjaers

Post by Skillie »

Jakkalsjaers werk vir eerste ruk en dan is jakkals hom gewoond en vang somer langs hom. Dit het hier in die Oos-Kaap gebeur. Nog voor die lamseisoen verby was het die jakkals langs die jakkalsjaer gevang. Sy geluid kan verder as 1 km gehoor word. Skillie
Andre

Re: Jakkalsjaers

Post by Andre »

Die Jakkalsjaer wat deur ASCO gebou word, verskil BAIE van die alarm wat BKB bemark. Dit kan nie eintlik met mekaar vergelyk word nie. Dit het 'n sonpaneel en is selfonderhoudend, dit aktiveer in die nag, dit selekteer die tyd en wissel dit af, dit speel FM-Radio vir 2 minuute om mense in die veld te sumileer en het dubbele serenes en piezo's met flikkerende LED lig. Daarom is hierdie apperaad baie meer efektief as dit wat "Skillie" in die Ooskaap ken.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Jakkalsjaers

Post by Kruger »

Meer effektief of nie, dis net 'n week of twee dan vang hulle langs daardie een ook.
Winners never quit - Quitters never win.
tafjak

Re: Jakkalsjaers

Post by tafjak »

Andre

Ek ken die spesifieke model van jou nie, maar is geneig om met Kruger saam te stem. Hokaai voor almal kwaad word, ek dink dit kan werk as klokkies, halsbande en sirenes saam gebruik word op 'n rotasie basis.

Wat ek daarmee bedoel is dat, is as klokkies en halsbande in ander kampe gebruik word, dit alom die ander week( 7 tot 14 dae) omgeruil word.  Die klokkies gaan waar die sirenes was, sirenes gaan na die halsbande ens. Jakkalse kan dan aan die raai gehou word. Met ander woorde 3 verskillende kampe het een voorsorg vir lam periode. Ek doen dit nie maar wonder of iemand dit doen of sal probeer.

Groetnis

Tafjak
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Jakkalsjaers

Post by johan »

Tafjak

Ek dink jou plan sal werk,maw n mens moet verskeie metodes kombineer en afwissel.
Daar sal maar altyd die enkele jakkals wees wat nou weer vir ons een voor is.
So skade sal daar wees solank as wat die jakkals lewend is!
Maw die een metode wat regtig efektief is,is maar die dooie jakkals metode. ;D

johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Jakkalsjaers

Post by LMB »

Hierdie jakkalsjaer veroorsaak net onenigheid met die bure. Gee self jou jakkalse kos, of maak hul dood, moenie hul vir die buurman aanstuur nie. As jy dit die minste verwag kom hy terug, en dan is daai 1 jakkals dalk 10 en nie meer 1 nie.

Hierdie metodes soos julle bespreek werk almal in die sin dat dit tyd koop, maar as jy nie ook plan maak om die sondaar vrek te kry nie, stel jy net jou probleem uit, en die probleem mag dan groter en slimmer wees. Klokkies en halsbande werk net tot die probleem besluit om van agter te begin vang, jy kan maar jou skaap skuif soos jy wil. Saam met gifhalsbande kan dit werk maar dan moet jy hoop jy kry iets reg voordat daar van agter gevang word.

Groete
Lukas
tafjak

Re: Jakkalsjaers

Post by tafjak »

Lucas

Ek stem 200% saam dat dit net jouself tyd gee om van sondaars ontslae te raak. Ek dink net aan meer tyd om die job gedoen te kry, want die jagters is die meeste van die tyd maar besig om of te jag of bakkies reg te maak. Jagtery is maar swaar op die lyf en voertuie, veral Landrovers!

Groetnis

Taffie
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Jakkalsjaers

Post by johan »

Almal

Maak maar reg daai Landys,dus hulle wat die jakkalse bedood!!
Laat ek my mening duidelik uitspel,gebruik enige metode maar, na als gevaal het,START DAAI LANDY!!
Daar is net een goeie jakkals,dis die een aan die Landy se tralies.

johan


NS as die landy nie wil start nie,probeer jou Hilux
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Jakkalsjaers

Post by Kruger »

Taffie, goed om van jou te hoor. Gelukkig was daar maar baie wind die laaste paar maande so julle Land-Rover manne het nou seker klaar getimmer. Die maan raak ook nou weer groter, so binnekort sal jy darm weer 'n timmer-kansie kry. Spot net met jou, niks ry so lekker in die veld soos jou Land-Rover nie.
Alles goed en wel om elke twee weke klokkies en halsbande en wie weet wat nog alles om te ruil, maar in my geval kry ek die meeste verliese terwyl my ooie lam. Teen die tyd dat jy die vee kan bymekaarmaak en al die slim mense se goeterkies aansit is die helfte van die lammers reeds weg - klein-klein. Kom kuier as jy weer hier deur kom en bring sommer 'n vraggie reen saam. Groete Kruger
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Jakkalsjaers

Post by JACQUES BOTHA »

Johan as die landie sukkel en die toyta se battery is pap gaan draai maar die ISUZU  se sleutel hy sal altyd start.....lol lol lol lol lol
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Jakkalsjaers

Post by tafjak »

Kruger

Ek sal die reen stuur as my landy wil start. Jong, ou Kruger, die wereld is gladnie lekker nie, maar hy is binnekort hier. Ja en jy boer ook nou nie op die maklikse plek as dit by jakkalse kom nie. Addo is niemand se speelmaat nie.

Sal kom hallo se as ek daar deurkom en groetnis.

Taffie
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Jakkalsjaers

Post by Wayne »

Hi there all
I see that there has been very little comment on the above topic, well here is my view up to now.
Have used my Jakkalsjaers for 3 lambings now and have found that they help. I only put them out if I get a clever dog that will not come to the caller, this makes him go hungry and some how he seems to make a mistake. I also switch them off during the day so that the jakkie does not get used to the noise. the callers are also rotated at least twice during the week, in the problem camp. But one thing is for sure, the only fool proof method is - a dead jakkie.
Wayne
9mm Tanfoglio, .Parker Hale 308, Bruno 270, Savage 22-250, Ruger .204, .22 Bruno
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Jakkalsjaers

Post by Arno Pienaar »

Ek het al verskeie kere saam n forum lid (speek) jakkalse en katte onder sulke ligte geskiet ek weet nie is dit dieselfdes nie hy flikker en maak so snaakse fyn "beeb" ook.

Mooiaand

Arno Pienaar
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Cornelis53
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Mon Dec 28, 2015 9:14 pm

Re: Jakkalsjaers

Post by Cornelis53 »

Hi,wil net hoor of iemand al die nite sheppard liggies probeer het,dankie
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jakkalsjaers

Post by Cobus(Cobb) »

Ek en Hennie ook Vry aand naby so alarm gesit, Petrus Steyn omgewing...
Nog lekker jakke ook geskiet daar, daai alarm maak hulle niks
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Post Reply