Jakkalse skiet uit helikopter.

Post Reply
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 629
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Jakkalse skiet uit helikopter.

Post by Jackalsniper »

Wil hoor by ander manne hoe werk die tariewe om jakkalse uit n helikopter te skiet vir n boer. Wat is n billike prys om per jakkals te vra?, die helikopter se vlieg koste is natuurlik n tarief per uur. Ek neem aan n video bevestig seker die getal wat geskiet is.

Dan ook watse haelgeweer ammo beveel julle aan en op watse afstand moet jy n jak kan doodskiet.
visser
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Thu Feb 26, 2015 7:12 pm

Re: Jakkalse skiet uit helikopter.

Post by visser »

Naand manne
By ons in Namakwaland het die ouens altyd net nvaste tarief per uur of per hektaar gevra.Alle "kills" was dan ingesluit by prys.Ek weet nie regtig veel van hulle toerusting wat hulle gebruik het nie.
Groete
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Jakkalse skiet uit helikopter.

Post by 222 Sako »

Helikopter se tarief sluit skut in of boer skiet self.
Ek self skiet met 222 met scope op kleinste gestel, eerder as met haelgeweer wat jou afstand beperk.
Semi 223 werk gaaf, het ook al met 22semi geskiet.
Mens skiet gou n klomp dood oor groot gebied, maar onthou hulle leer die metode ook ken.
Post Reply