Mariental/ Maltahohe help asb

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Mariental/ Maltahohe help asb

Post by Friedland »

So ek het die hele lot by my weggejaag.

So bietjie van n mini revolt gehad. skape in die veld gelos, ouers gedreig, gesteel. Nie n mooi storie nie.

Eks in die Kaap en my pa op die plaas. Het enige iemand n betroubare plaaswerker wat n boetie of n neef het. Gewoonlik is my manne n broer van n suster van n vriend. Maar ek het die lot by die polisie gelos so ek het nie n kontak. Ek wil regtig nie by die lokasie gaan manne haal nie want my ouers is soms alleen op die plaas.

As dit nie uitwerk nie beloof ek om dit nie teen jou te hou nie. As dit uitwerk n boks kaapse rooi.

By voorbaat dank.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Mariental/ Maltahohe help asb

Post by PWV »

Kalmeer bietjie en vertel dan jou storie stap vir stap. :-\
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Mariental/ Maltahohe help asb

Post by Friedland »

Daars nie veel van n storie nie. Behalwe miskien n tragedie. Het per ongeluk sonder om dit te besef met 2 broers en 2 neefs opgeeindig. Toe begin al 4 se maar vee oppas is nie vir hulle nie (hulle het roteer). So al 4 wil op die werf werk en niemand wil.vee oppas. Toe volgende dag kom hulle met meel met kalanders aan en se ek gee hulle vrot kos. Nou ons gaan 1 keer per maand dorp toe en as die meel kalanders het is dit nie van my af nie. Anyhoot, toe het 3 van die 4 maagwerkings van die meel en nommer 4 het tandpyn. En toe weier hulle om te werk en wil waai. Toe laai ek hulle maar dorp toe. As manne loop vat ek hulle gewoonlik polisie toe sodat daar n getuie kan teken dat hulle willekeurig waai (want hulle dreig altyd met departement arbeid). So nou sit ek so bietjie in die knyp. Geen werkers. En ek wil nie graag wild vreemde mense vat by die lokasie nie. Dis altyd beter as n broer van n neef kom want dan is daar darem so effe van n verwysing. (Behalwe natuurlik as hulle almal familie is :-()
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Mariental/ Maltahohe help asb

Post by Friedland »

En eks amper 30 skaap kort wat nie ingebring is kraal toe nie.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Mariental/ Maltahohe help asb

Post by Hein M. »

Dit is die storie van ons tyd daardie. Die ouer garde is dalk 'n beter roep. Daar is heelwat van hulle wat 'n heenkome soek. Dalk is jy gelukkig. Skat plaaslike mense is beter as uitlanders ::)

Sterkte pel!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Mariental/ Maltahohe help asb

Post by Geno »

PM vir Skolla en Boeta. Dis hulle wêreld daardie.
Goed, beter, 6millimeter!
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Mariental/ Maltahohe help asb

Post by Friedland »

Dankie manne. Sal sien wat ek kry. As een van julle wat in daai omgewing boer n werker het wat weet van iemand, laat weer maar.
Post Reply