Bevoegtheid

User avatar
Petrus.nel
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:28 pm

Bevoegtheid

Post by Petrus.nel »

Vriende, help gou.

Wanneer verval jou bevoegtheid?

Dankie
Sp
Tikka T3 hunter .308
Glock 17 gen3. 9mm
Mauser mod2000 .243
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Bevoegtheid

Post by 243Songdaug »

Hang af. Het jy 'n kaartjie of 'n uitgedrukte sertifikaat vanaf die SAP.

Kaartjie: verval op die verval datum soos aangedui op die kaartjie.

Uitgedrukte SAP sertifikaat: verval saammet jou laaste vuurwapen se lisensie
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Bevoegtheid

Post by VdWalt »

Ek wou my kaartjie hernu maar hulle dfo het gesê hy bly geldig tot op die datum van laaste lisensie
Jaco Naude
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Jaco Naude »

Ek het dit ook so...my kaartjie het nie n vervaldatum op nie.
User avatar
Petrus.nel
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:28 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Petrus.nel »

Ek het net n afdruk en het dit ook so dat hy saam laaste lisensie verval.
Tikka T3 hunter .308
Glock 17 gen3. 9mm
Mauser mod2000 .243
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Bevoegtheid

Post by henning »

My bevoegtheid het meer as n jaar al verval. Gaan daar probleme wees om dit te hernu?

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Gawie(13mm) »

henning wrote:My bevoegtheid het meer as n jaar al verval. Gaan daar probleme wees om dit te hernu?

Groete
Henning
Wanneer het jy jou laaste wapen lisensie gekry?
As ek jy is, gaan ek na my DFO toe en vra hom vir 'n afskrif van jou bevoegdheid. Dit gaan jou sewentig rand kos.
Dit het met my ook gebeur en ek so gemaak om my laaste twee lisensies te kry. Hy wou nog Oo en A, maar toe wys ek hom op die feit dat my bevoegdheid so lank geldig is as wat my nuutste lisensie geldig is. Die bevoegdheid drukstuk is dus slegs 'n bewys daarvan.
Hy en die CFR het daarvoor geval en ek het my twee nuwe lisensies en die roere in die kluis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Bevoegtheid

Post by FHM »

Hier is ook n interressante artikkel (skedule) omtrent hernuwing van bevoegdheidsertifikate, vuurwapenlisensies en ammunisie
http://www.vkb.co.za/files/jag/Jag_Wild ... lowres.pdf
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Bevoegtheid

Post by henning »

Gawie(13mm) wrote:
henning wrote:My bevoegtheid het meer as n jaar al verval. Gaan daar probleme wees om dit te hernu?

Groete
Henning
Wanneer het jy jou laaste wapen lisensie gekry?
As ek jy is, gaan ek na my DFO toe en vra hom vir 'n afskrif van jou bevoegdheid. Dit gaan jou sewentig rand kos.
Dit het met my ook gebeur en ek so gemaak om my laaste twee lisensies te kry. Hy wou nog Oo en A, maar toe wys ek hom op die feit dat my bevoegdheid so lank geldig is as wat my nuutste lisensie geldig is. Die bevoegdheid drukstuk is dus slegs 'n bewys daarvan.
Hy en die CFR het daarvoor geval en ek het my twee nuwe lisensies en die roere in die kluis.
Gawie, my laaste lisensie was so twee jaar gelede maar, my bevoegdheid sertifikaat het n verval datum op, so wat nou?

Ek weet dat ek moet hierdie ding uitklaar met my DFO maar, ek is amper te bang om hom te vra, so ek vra maar vir julle.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Gawie(13mm) »

Gaan na jou DFO en vra hom vir 'n duplikaat.
Vat daai lisensie wat twee jaar oud is saam. Jy sê hom niks van die verval van jou bevoegtheid kaartjie nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Blackie Swart »

Manne lees die bevoegtheid skrywe reg. As jy n bevoegtheid het vir jou huidige lisensies dan verval dit saam met die eerste lisensie wat verval. Maw as ek nou n wapen koop dan verval die bevoegtheid nie saam met laas genoende nie. In my geval het ek n .22 2n 243 Die .22 se lisensie verval in 2019 en die 243 2020. Ek moet dus in 2019 aansoek doen vir n nuwe bevoegtheid. My nuwe lisensie wat die jaar uitgereik is is nie van toepassing op huidige lisensie se vervalling nie. Hoop dit maak sin.
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Suikermuis »

Goeiedag almal

My bevoegdheid kaartjie se datum sê hy het verlede jaar verval. Toe ek egter ons DFO gaan vra daarna en n afspraak maak vir die indiening van die hernuwing (dokumente reeds ingevul), toe seg de edele dat dit nie nodig is nie. Hyt selfs Kimberley gebel en bevestig dat, hoewel die kaartjie aandui dat die bevoegdheid verval, my bevoegdheid steeds geldig is tot die datum wat my nuutste lisensie verval. Ekt geantwoord dat dit dan nooit sal verval nie, want die kans dat ek as toegewyde jagter in tien jaar nie n nuwe wapen koop nie, is skraal. Daarop het hy geantwoord dat dit is soos hy en sy Kolonel op Kimberley die wet verstaan.

Kry die idee die SAPD is self nie seker hoe om ook hierdie situasie te hanteer nie.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Bevoegtheid

Post by henning »

Dankie manne , nou voel ek so n bietjie beter maar ek sal dit seker maar nog steeds moet uitsort met my DFO.

Soos ek verstaan het is n bevoegtheid sonder n verval datum geldig tot jou laaste lisensie maar een met n verval datum mag dalk n ander storie wees.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
WesMerw
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Aug 31, 2014 10:02 am

Re: Bevoegtheid

Post by WesMerw »

Wat gebeur as ek my bevoegdheid doen vir bv. jaggeweer en nooit 'n geweer koop nie. Bly daardie bevoegdheid dan geldig tot ek eendag 'n geweer koop?
Wessel vd Merwe
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Gawie(13mm) »

WesMerw wrote:Wat gebeur as ek my bevoegdheid doen vir bv. jaggeweer en nooit 'n geweer koop nie. Bly daardie bevoegdheid dan geldig tot ek eendag 'n geweer koop?
Nee maat. Dan mors jy jou eie tyd en geld. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
WesMerw
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Aug 31, 2014 10:02 am

Re: Bevoegtheid

Post by WesMerw »

OK Anders gestel, hoelank is daardie bevoegdheid geldig voordat jy 'n wapen moet koop?
Wessel vd Merwe
User avatar
Petrus.nel
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:28 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Petrus.nel »

Dit is n goeie vraag WesMerw.
Tikka T3 hunter .308
Glock 17 gen3. 9mm
Mauser mod2000 .243
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 930
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Philip J »

WesMerw wrote:OK Anders gestel, hoelank is daardie bevoegdheid geldig voordat jy 'n wapen moet koop?
Soos ek die hoofstuk 5 van die wet verstaan, 5 jaar, maar ek mag verkeerd wees.


10 Competency certificate
(1) A competency certificate must specify- (a) (b) whether it relates to competency to- (i) (ii) (iii) (iv) possess a firearm; trade in firearms; manufacture firearms; or conduct business as a gunsmith; and all the relevant tests successfully completed by the holder.
(2) A competency certificate lapses after five years from its date of issue
Groetnis
Philip
johannvdg
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am

Re: Bevoegtheid

Post by johannvdg »

Jy is nie verkeerd nie Philip.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Rasmus »

En so bewys die draad dat die hele ding eintlik n gemors is. Elke DFO is Haan op sy eie mishoop. My bevoegdheids kaartjie het laasjaar Nov verval. Ek moes hom hernu.

Ons DFO is van mening dat kaartjies met verval datum, wel verval. Die papier een wat geprint word het egter geen verval datum nie.

Dit is eintlik net n admin nagmerrie! Want slegs n hof kan jou onbevoeg verklaar, die blote feit dat die stuk papier verval beteken eintlik niks. In my oë is dit dieselfde as bestuurderslisensie, voertuiglisensie.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Bevoegtheid

Post by sako 30-06 »

Rasmus wrote:En so bewys die draad dat die hele ding eintlik n gemors is. Elke DFO is Haan op sy eie mishoop. My bevoegdheids kaartjie het laasjaar Nov verval. Ek moes hom hernu.

Ons DFO is van mening dat kaartjies met verval datum, wel verval. Die papier een wat geprint word het egter geen verval datum nie.

Dit is eintlik net n admin nagmerrie! Want slegs n hof kan jou onbevoeg verklaar, die blote feit dat die stuk papier verval beteken eintlik niks. In my oë is dit dieselfde as bestuurderslisensie, voertuiglisensie.
Ek het presies dieselfde ondervind.

Maar gelukkig is dit gedoen, so ek hoef nie te wonder of ek nog bevoegtheid het nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Capt. Yoda »

Rasmus wrote:
Ons DFO is van mening dat kaartjies met verval datum, wel verval. Die papier een wat geprint word het egter geen verval datum nie.

Dit is soos ek dit ook verstaan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Dries101 »

En my Dfo reken die kaartjies met datums op verval saam met jou lisensie...


Sent from my iPad using Tapatalk
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Johan Nel »

Kêrels ek verskil oor die kaartjies wat 'n vervaldatum het. Dit bly geldig tot jou laaste lisensie verval net soos die gedrukte papier. En dit bly geldig tot die laaste lisensie verval, nie die eerste nie. SA Jagters het so 'n skrywe gerig 'n tydjie terug oor die saak. Ek kry dit nie nou dadelik nie, maar sal nog soek en die link hier plaas.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Bevoegtheid

Post by Dries101 »

Johan dis hoe ek hom ook het. Sou jy n bevoegtheid besit met geen wapen op jou naam bly hy geldig vir 5 jaar- datum of nie. Oomblik as jy 1 lisensie het verval bevoegdheid en lisensie opndieselfde tyd. As jy meer as een lisensie het in n viurwapen klas dan rol hy saam met die laaste een se datum.


Sent from my iPhone using Tapatalk
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Post Reply