Firestone Destination all terrain
-
Burger
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Firestone Destination all terrain
More almal,
Is daar enige van julle wat bogenoemde bande op hulle bakkies of 4x4 gebruik en kan julle hom aanbeveel? Ek sien die Firestones Destinations is goed geprys in vergelyking met ander all terrain bande.
Mooi dag

Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Birre
Met daai waarborg maak hy net sin.
Kyk bq hu mooi is Errol's tyres in Ooslonden se pryse
Met daai waarborg maak hy net sin.
Kyk bq hu mooi is Errol's tyres in Ooslonden se pryse
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Burger
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Ek sien Errols se pryse is baie goed Henry. Is die waarborg op hul all terrain bande ook van toepassing?
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Ek glo so
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Ek het so 75000km op n stel 265 17s gekry, redelik baie grondpad.
Doen goed op sand, hanteer goed op nat.
Lekker band en vir die prys n beter band as Wrangler At/sa wat net in die middel afloop al roteer en pomp jy hulle hoe hard of sag
Doen goed op sand, hanteer goed op nat.
Lekker band en vir die prys n beter band as Wrangler At/sa wat net in die middel afloop al roteer en pomp jy hulle hoe hard of sag
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Firestone Destination all terrain
Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Burger
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Apie die Goodyear Wranglers doen presies dit wat jy nou noem. Ek kry hulle ook nie gebalanseer nie, volgens die bande handelaar is die wranglers wat ek op my 4x4 het ook nie 100% rond nie. Terwyl hulle die wiele probeer balanseer het kon hulle sien dat die bande effens op en af beweeg deur die loopvlak dop te hou.
My trokkie se skokbrekers is nog splinternuut so dit kan nie die oorsaak wees nie. Goodyear Wranglers sal ek nie weer opsit nie.
My trokkie se skokbrekers is nog splinternuut so dit kan nie die oorsaak wees nie. Goodyear Wranglers sal ek nie weer opsit nie.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Ek het nou die tweede stel Firestones Destinations op my bakkie. As julle daai pad tussen Ceres en Calvinia ken, hy vreet tyers. Ek het geruil op 81000 km en baie tevrede met hulle.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
Arnold van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Re: Firestone Destination all terrain
Jip, ek ook op my tweede stel Destinations, 87000 km op my eerste stel, grond en teer geen problem nie. ek sal by hulle bly vir nog baie lank. Wranglers is n pot snol.
-
Arnold van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Re: Firestone Destination all terrain
Waarna kyk jy All terian of Mud terian, ek het op my Cruiser Maxxi Big Hornes gesit, ek sweer by hulle baie beter as BFG.Pappabeer wrote:Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Ek het nou 30 000 km op my Toyota die firestones en hulle loop soos stroop. Ek ry baie grond pad en nog nie n pap wiel gekry nie. Die band raas ook nie op teer nie.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Firestone Destination all terrain
Kan ook kyk na die Kumho All Terrain band - ek het nou al so 25000km gedoen met die stel en is regtig tevrede. Die Duelers voor dit het ek net 50 000km uit gekry. Ek is 'n rustige ryer so het hulle nie verniel nie. Duelers en Wrangler se kwaliteit is nie na wense deesdae nie.
'n Interessante tip wat die plek waar ek die Kumho's laat op sit het vir my gegee het is as volg: Vir die eerste 2 weke ry die bande teen 2.5 bar en maak seker hulle bly daar. Dit help dat band reg inloop en vermy die "out of round" issues. Op grondpad gaan die 2.5 bar nou net nie lekker werk nie......
'n Interessante tip wat die plek waar ek die Kumho's laat op sit het vir my gegee het is as volg: Vir die eerste 2 weke ry die bande teen 2.5 bar en maak seker hulle bly daar. Dit help dat band reg inloop en vermy die "out of round" issues. Op grondpad gaan die 2.5 bar nou net nie lekker werk nie......
-
Burger
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Lyk my die Firestone Destinations is soos Howas ( Japanese Sako ). Uitstekende waarde vir geld.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
-
Burger
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Arnold ek het huidiglik die Maxxis AT980 all terrain op my Triton en die bande doen baie goed. Hulle is bietjie raserig op teer maar hulle het heelwat greep op nat teer en grondpad. Hulle doen baie beter as die BF Goodridge KO wat ek so 3 jaar terug opgehad het op die Triton.Arnold van Wyk wrote:Waarna kyk jy All terian of Mud terian, ek het op my Cruiser Maxxi Big Hornes gesit, ek sweer by hulle baie beter as BFG.Pappabeer wrote:Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
Ek hel wel verneem dat die nuwe generasie BF Goodridge wat nou onlangs uitgekom het beter is as die ou generasie BF Goodridge.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Birre
Geniet die visvang in Ooslonden
Geniet die visvang in Ooslonden
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Burger
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Ha ha, nee mater ek sal hulle sommer hier in Bloem laat opsit.Supacow wrote:Birre
Geniet die visvang in Ooslonden
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Firestone Destination all terrain
AT Arnold.Arnold van Wyk wrote:Waarna kyk jy All terian of Mud terian, ek het op my Cruiser Maxxi Big Hornes gesit, ek sweer by hulle baie beter as BFG.Pappabeer wrote:Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Duelers AT, ou en nuwe loopvlak gee nie eintlik neer goeie kilos nie. Ek weet nie hoekom nie, maar is puik op nat teerpad.Pappabeer wrote:Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
Die BF is verseker n beter grondpadband as die Deuler.
Die Firestone Dest At kan ek jou se dat hy vir my beter is as die Deuler op grond en teer.
Beter as die BF op grond weet ek nie.
Op teer is die FS beter as die Bf
- OU VOORSLAG
- Full Member

- Posts: 177
- Joined: Fri Mar 22, 2013 9:52 am
Re: Firestone Destination all terrain
Ekt ook van hulle op my een bakkie en sodra my jag bakkie moet tyres kry dan gaan dit ook van hulle wees
Die Beste Plek om te wees is die Kalahari
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
- Kubus
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am
Re: Firestone Destination all terrain
Manne, maak net seker van die Firestone Destination 4X4 se waarborg. Het hulle op my bakkie gehad. Een band het n sny in sy wand opgetel, en kon nie heelgemaak word nie.
Gaan gee hom toe in, en dog hier kry ek n nuwe band en ek betaal net die loop wat al afgery is in.
Groot was my skok toe hulle my meedeel dat daardie waarborg nie op bakkiebande van toepassing is nie. Slegs gewone motors of SUV's.
Moes n nuwe een koop.
Sorry nie weer n Firestone op my bakkie nie.

30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Firestone Destination all terrain
Geen ander bakkie band het daai waarborg nie?Kubus wrote:Manne, maak net seker van die Firestone Destination 4X4 se waarborg. Het hulle op my bakkie gehad. Een band het n sny in sy wand opgetel, en kon nie heelgemaak word nie.
Gaan gee hom toe in, en dog hier kry ek n nuwe band en ek betaal net die loop wat al afgery is in.
Groot was my skok toe hulle my meedeel dat daardie waarborg nie op bakkiebande van toepassing is nie. Slegs gewone motors of SUV's.
Moes n nuwe een koop.
Sorry nie weer n Firestone op my bakkie nie.
Volgens al die advertensies is die All Road Hazard waarborg op Firestone Firehawk bande.
Dis n Destination nie n Firehawk nie...
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Firestone Destination all terrain
Yokohama Geolander, ek het nou so 3 stelle al opgery, draai so 60k uit, goeie waarde vir geld in my opinie, was selfs al met myne oor Van Zyls pas Namibie sonder probleme. Oorweeg hulle gerus. JJ